15 vas oor padwaardigheidsertifikate

(Argieffoto: Pixabay.com)

Die Valke het altesaam 15 verdagtes in hegtenis geneem in verband met die onwettige uitreiking van padwaardigheidsertifikate.

Kapt. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke, sê die verdagtes sluit onder meer in ʼn polisiebeampte, administrasieklerke en voertuigondersoekers van private toetsstasies in die Vrystaat, Oos-Kaap, Limpopo en Gauteng.

“Daar word beweer dat padwaardigheidsertifikate en polisieklarings bedrieglik uitgereik is sonder dat die voertuie ondersoek is soos vereis word,” sê Steyn.

Die sindikaat is oënskynlik deur motoreienaars genader wat nie die regte prosedure wou volg om die voertuie weer op die e-Natis-stelsel te registreer nie.

“Dit het aan die lig gekom dat die motoriste glo tussen R3 000 en R8 000 betaal het vir hierdie onwettige transaksies.”

Die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en korrupsie.

Die Valke is op soek na nog drie verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Maggies ·

Op elke gebied. Mens kan regtig nie meer jouself indink waar die skelm streke gaan uit pop nie.

domheks ·

Dit verklaar hoekom die taxi’s soos ‘scrap metal’ lyk op ons paaie.
Daar word so baie wette gemaak, hoekom nie alle voertuie ouer as 5 jaar gereeld nagaan of dit nog padwaardig is nie?
Hennie J – ek glo nie die oranje pakkies is volop nie! Veral as jy die regte kleur het!

Casper ·

Ag hulle geld meer werd as ‘n padwaardige voertuig.Hoeveel ongelukke word veroorsaak deur onpadwaardige voertuie en hoeveel onskuldige mense sterf in die ongelukke.Ek het al op sulke ongelukke afgekom waar kinders dood is.Dit is hart verskeurend verby om daai lewelose lykie te sien.Wat gaan die minister van vervoer doen aan die bedrog pandemie.

Suzette ·

Gaan die motoreienaars wat die omkoopgeld betaal het ook vervolg word – die deler is net so goed soos die steler….

Persheks Adri ·

Al WEER uniforms betrokke en dan wil hulle Cele en sy mensr meer mag gee! Seker waar die meeste taxi’s heen gaan ook, want genade 99% van hulle is nie padwaardig nie pffft en veroorsaak soveel ongelukke en dood…

Erika ·

Nou kom die Bestuurderslisensies aan beurt………Dit was net die oortjies van seekoei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.