2 polisiebeamptes doodgeskiet ná hulle glo roof

(Foto: SAPD)

Twee polisiebeamptes, ʼn man en ʼn vrou, is Donderdag in die vroeë oggendure tydens ʼn skietgeveg met hul kollegas noodlottig gewond.

ʼn Span beamptes, bestaande uit lede van misdaadintelligensie, die Valke, die nasionale ingrypingseenheid en ander eenhede, het deur die loop van gisteraand operasies in die omgewing van Dalton, Greytown en Wartburg in KwaZulu-Natal uitgevoer, het brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, gesê.

“Die span was omstreeks 02:30 vanoggend op ʼn pad tussen Greytown en Dalton toe ʼn polisiepatrollievoertuig hulle in die omgewing van Seven Oaks genader het. Die span het gepoog om vir die bestuurder van die voertuig te wys om af te trek.”

Volgens Naidoo het die insittendes egter op die span begin losbrand en is hulle genoodsaak om terug te vuur.

“Albei polisiebeamptes in die patrollievoertuig is doodgeskiet. Daar is ʼn hoekslyper, boorhamer en ander toerusting, asook kontant wat met ink gevlek is in die patrollievoertuig gevind,” het Naidoo gesê. “Daar word vermoed die kontant is vroeër die aand by die Dalton-poskantoor gesteel.”

Die man was ʼn sersant en die vrou ʼn konstabel.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het sy teleurstelling uitgespreek oor polisiebeamptes se beweerde betrokkenheid by misdaad. “Die betrokkenheid van polisiebeamptes by misdadige aktiwiteit sal nooit geduld word nie.”

Sitole het die provinsiale kommissaris opdrag gegee om te verseker dat die saak deeglik ondersoek word en dat alle betrokkenes, onder wie ook polisiebeamptes, voor stok gebring moet word.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om Stop Misdaad by 08600 10111 te nader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

a ·

Dan wonder die mense nog hoekom is daar geen vertroue in die polisie nie

Chris Ws ·

Net gister op ‘n buurtwag video gien waar ‘n polisie lykswa ‘n vier rigting stop volspoed oorsteek en in ‘n onskuldige motoris vasjaag.Ek hoop daai polisieman word toegesluit!Maar ek weet uit ondervinding hy gaan net ‘n tik op die vingers kry met die woorde : “moet dit nou nie weer doen nie gehoor of sorg dat jy dit doen waar nie kameras opgerig is nie”

toy ·

Hoe moet mens die polisie bel wanneer jy in nood is as van hulle self kriminele is. Dit is baie moeilik in vandag se lewe om hulle te vertrou.

Dolf ·

Ek vermoed dit was nie ‘n polisie lid wat daardie voertuig bestuur het nie omdat die staatslykshuise en hulle voertuie al lankal nie meer deel van die SAPD is nie, maar ressorteer onder die Dept van Gesondheid.

Paaries ·

As dit kom by misdaad teen jou is jy op jou eie. Vigilante optrede gaan toeneem in die toekoms. Jy hoor nooit meer n Polsieman uit die ou bedeling wat sê dat hy/sy hulle werk geniet nie. Al wat jy hoor is:”Nog net X aantal jare dan tree ek af.” Geen mens kan hulle verkwalik oor hulle sentiment nie. dit is uiters demoraliserend om net op grond van jou uniform gebrandmerk te word as ‘n korrupte amptenaar. As die laaste regte Polisiebeamptes weg is staan ons uitgelewer.

Niklaas ·

Nou hoekom is ek nie geskok nie ? Dis nie die eerste keer wat ons van so iets hoor nie. Dis nie baie goed vir die beeld van die dienare nie

Bekkommerd ·

Dit is ‘n skreiende skande dat polisiebeamptes by soveel misdaad betrokke is. Ek verstaan die frustrasie wat mense ervaar oor hierdie saak. Ons moet egter net onthou dat daar talle polisiebeamptes is wat elke dag hulle lewens waag en vir wie hulle werk baie belangrik is. Ek het self familie wat SAPS lede is en ek weet waar deur hulle op ‘n daaglikse basis gaan, maar hulle teken steeds aan vir elke skof met een doel voor oe naamlik om die gemeenskap te beveilig. My oom is ‘n hondehanteerder en werk lang ure (selfs na sy skof geeindig het). Hy het al ‘n paar maal amper sy lewe aandiens verloor en as dit nie vir sy honde-kollegas (sy honde) was nie, was hy dalk nie meer hier nie. MAAR na byna 30 jaar, hy gaan steeds voort met sy werk en doen hy steeds sy bes om die gemeenskap te beskerm. Hy bly ‘n held in my oe en ek is seker daar is baie polisiemanne en -vroue wat net so toegewyd is. Die vrot appels moet verwyder word sodat mense se geloof in SAPS herstel kan word. Ek salueer die hardwerkende en toegewyde SAPS lede wat hulle bes doen om ons veilig te hou. Ons moenie dat slegs ‘n groep binne SAPS ons negatief instel teenoor alle beamptes nie.

Kobus ·

Iets is nie vir my lekker nie. In die situasie waarin die Polisie hulle tans bevind ( word vermoor) sou jy nie ook ter self erdediging eerste begin skiet as ‘n ongemerkte persoon en voertuig jou wil dwing om te stop nie. Is mense wat geskied nie dalk onskuldig en bewyse geplant om klag van moord vry te spring nie. Die families van die oorledenes gaan die lydende party wees.

ap ·

Oh no hoeveel kriminele werk in die polisie , snaakse eed wat hulle afle

Jakes ·

Die twee afgestorwenes is ook deel van die 62000 polisielede wat kriminele is. N sekere politieke party het vergeet om drie nulle by te sit. Die skokkende feite van afskuwelike dade deur die polisie ken geen perke nie.

Derick ·

Die mag is vervuil met kriminele.
Wonder hoeveel van hulle is ook betrokke by plaasmoorde?

Gertryda ·

En dit in my eie dorpie…. ja nê
Ons op platteland sukkel met opregte SAP ouens. Een polisie man hier bedryf n shebeen in die village oop van 5nm tot 5vm.
N tuisgemaakte bom gaan af een nag 500 meter van SAP ….. hul het dit nie gehoor nie, maar ek wat 3km ver bly hoor dit duidelik.

JohanR ·

Dankie tog ek was nooit in ‘n werk waar ek my kollegas , soe vrot as wat die lot hierboe was, moes doodskiet nie!. Wat gaan aan met die polisie? Meer en meer is betrokke in kriminele aktiwiteit. Wie kan mens vertrou? Ek vertrou nie eers vir Bheki Cele nie!

Werner ·

Wel hulle leer maar net by die top struktuur ou CR en sy trawante hoekom is ons verbaas

Steven ·

Iets proe nie reg hier nie… Ongemerkte voertuig probeer SAPS aftrek voertuig aftrek?? Ek sou ook geskiet het as ek in die van was… Hoekom sal hul in elk geval n SAPS voertuig wil aftrek? This story stinks bad!!!

Ou Speurder ·

Ek stem saam, iets klink nie reg nie. Ink gevlekte geld van die Poskantoor? Hierdie beamptes is deur hulle eie makkers dood geskiet en alles is toegesmeer met geplante bewyse in die patrollievoertuig.

Annie ·

My gedagte ook. Dit klink so of die bewystukke dalk ook geplant kon wees. Net te verdag. En daardie tyd van die dag? Meskien kolegas wat dalk te veel weet en uit die weg geruim moes word. Enige iets is mos vandag moornlik

Hanna Hoekom ·

Ten minste was die SAPS eerste op die misdaadtoeneel!

Christa ·

Dis Nou ons polisiediens Manne vir Wie ons Moet Kan vertrou. Hoe groter skelm jy is, hoe beter Kans staan jy Om hoer possisie by polisiediens te kry

Lou ·

Dit is maar net weer ‘n bewys van die standaarde wat in staatsdiens organisasies gehandhaaf word. Onder die ANC se 25 jaar van wanbestuur het alles ten gronde gegaan.
But they have a good story to tell alla gewese hoofnar Zuma

Piet ·

Ek vra weer , wie is die kriminlele in die land ?Die is nie die eerste keer nie en ook nie die laaste keer nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.