2 vas ná skietery wat lewe van 5 eis

(Foto: SA Polisie)

Twee jong mense is in hegtenis geneem in verband met verlede week se aanval op ʼn huis in Philippi-Oos waarin vyf mense dood is.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het gesê die twee verdagtes is Maandagmiddag in Delft in hegtenis geneem.

“Speurders van Philippi-Oos en lede van die openbare-orde-polisiëringseenheid het inligting opgevolg waarna hulle op ʼn huis in Delft toegeslaan en die verdagtes, onderskeidelik 18 en 19 jaar oud, in hegtenis geneem het.”

Polisiebeamptes is verlede week Dinsdagaand na Blok 4 in die nedersetting ontbied waar vier mans in ʼn huis dood aangetref is. Sewe gewapende mans het glo omstreeks 18:30 die huis binnegestorm en na willekeur op die inwoners van die huis begin losbrand. ʼn Vyfde slagoffer is later in die hospitaal dood nadat hy saam met nóg ʼn beseerde na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is.

Die verdagtes sal na verwagting Woensdag in die Athlone-landdroshof verskyn op aanklagte van moord.

Volgens Potelwa verwag hulle nog inhegtenisnemings namate die ondersoek vorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anel ·

Nogal jammer dat daar nie so opgetree word wanneer plaasmoorde plaas vind nie. Hoeveel van die moordenaars is nou al die afgelope tyd aangekeer?

Jinxy ·

Groot optog beplan vir die 18e Julie vanaf voortrekker monument na unigebou in PTA…. Landswye protes aksie sal daardie dag plaasvind dis tyd lat mense begin opstaan vir die boere, geen boere geen kos!!! Maar sekere parliments lede reken mos ons kos kom van Checkers en Pick en Pay af…
Bou nou ñ nasie met sulke mense.

Sarel ·

Protesoptogte is mors van tyd en geld. Daar moet ander
Maniere van Protes wees

Sarel ·

Twee vrae wat ek graag sou wou weet
1. Is hulle of van hulle onlangs vry gelaat
2. Waar kry hulle die wapens. Moet onwettigcwees maar niks ooit genoem van die Handelaar nie… laat mens wonder

Leon ·

Ingehandigde wapens. Kop in een mus met korrupte polisie lede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.