250 000 Zimbabwiërs in SA se permitte nie verleng

(Argieffoto)

Suid-Afrika gaan nie die tydelike permitte van nagenoeg ʼn kwartmiljoen Zimbabwiërs in Suid-Afrika, wie se visums volgende maand verstryk, verleng nie.

Sowat 250 000 Zimbabwiërs wat van die politieke en ekonomiese krisis in hul geboorteland gevlug het, het in 2009 werkvisums van vier jaar lank ontvang.

Die visums is sedertdien herhaaldelik verleng, maar die regering het nou besluit daar gaan geen verdere verlenging wees nie – wat beteken duisende werkers sal moontlik die land moet verlaat.

“Die kabinet het besluit om nie verdere verlenging vir die Zimbabwiese spesiale dispensasie toe te staan nie,” het Mondli Gungubele, minister in die presidensie, Donderdag gesê.

Die werkers het nou ʼn jaar grasie om aansoek te doen vir alternatiewe visums wat moontlik op hul individuele situasies van toepassing kan wees.

“Wanneer die 12 maande-tydperk verstryk, sal diegene wat onsuksesvol aansoek gedoen het Suid-Afrika moet verlaat, of gedeporteer word,” sê hy.

Daar is duisende Zimbabwiese werkers oor Suid-Afrika wat veral in die gasvryheidsbedryf, kleinhandel- of dienstesektor werk.

Suid-Afrika is die vasteland se mees geïndustrialiseerde ekonomie en is ʼn groot trekpleister vir migrante op soek na beter werkvooruitsigte in die streek. Ramaphosa se regering is egter onder druk om werk te skep vir sy eie burgers, terwyl die werkloosheidsyfer op naastenby 34% staan.

Die land het die afgelope paar jaar ook begin om sy visumregulasies te verskerp.

Volgens die laaste sensusopname is Suid-Afrika gasheer vir meer as 2,2 miljoen buitelanders, onder wie politieke vlugtelinge, ekonomiese migrante en vaardige buitelanders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Jack ·

Ha ha…en dink die regering regtig die mense gaan mooi soet weer teruggaan Zim toe as hulle permitte nie verleng word nie ? Verassing..sluit maar julle deure toe en sit alarms aan.Die klomp gaan nou deelneem aan die baie gewilde SA misdaad spelletjie en jy gaan hulle nie stop nie.

AW ·

As of HULLE, nou die land sal Verlaat!!!

As die SA mense maarvnet weer watse KLUG die SA Howe is wanneer dit kom by ongedokumenteerde persone !!

Corrie ·

Die ironie is dat die buiterlanders wil werk, terwyl Suid Afrikaanse mense te lui is en net wil staak.

Harley Davidson ·

Dit is baie positief, nou nog net die grense bewaak vir die onwettige klomp.

RB ·

Die Zimmies sal net so min einde 2022 terug Zim toe gaan as wat die ANC & EFF hulle hoofkantoor op Mars gaan bou.
En SA het nie ‘n polisiemag met genoeg tande om iets daaraan te doen nie.

Flip ·

Wat word van hulle kindertjies wat intussen hier gebore is, is hulle dan nou SA burgers? As hulle aanwas een persent per jaar was, dan sit ons aan die einde van 2022 wanneer hulle die land moet verlaat met ten minste 30,000 kleintjies wat agter bly en deur ons gevoer moet word….

Johnny ·

Soos die sg “Dreamers” in die VSA, waar onwettige swanger immigrante die land binnekom, geboorte skenk sodat die kinders dan VSA burgers is, en dan op grond van hulle kinders se burgerskap aandring op burgerskap in die VSA.

Patch ·

Wil die regering nie dan ook dieselfde doen met al die Nigeriërs wat in hul hordes in SA is nie?

Casper ·

Buitelandse burgers veral trokdrywers is hier om te werk om hulle families in Zimbabwe te onderhou maar ongelukkig is daar die kriminele ook onder hulle.Mosambiekse burgers is hardwerkend veral in die bosboubedryf en is meganies goeie werkers.Eswatini trokdrywers werk baie lang ure en slaap sommer terwyl die Bell die trok laai en slaap miskien by ‘n truckstop na so 16 tot 20 ure op die pad tydens langafstand vragte.My vrou werk vir ‘n vervoermaatskappy en van hulle drywers ry van Durban af Botswana en Namibië toe en stop net vir brandstof.

piet ·

2,2 miljen waarvan ons weet. Verdriedubbel maar daai totaal. Meeste van die klomp is net ‘n las op ons gesondheidsdienste, ens. Ek het al met een van die Kongolese karwagte gepraat, ‘n ouerige man. Hy is gereeld by die hospitaal in en uit.

Di ·

Genade, dit vat hierdie korrupte ANC regering darem baie lank om agter te kom dat daar te veel immigrante hier kom plak. Jammer dis nou te laat! daar is nie ‘n manier dat SA ontslae gaan raak van hierdie spul nie. Hulle is hier om te BLY, mos land van melk en heuning. Die geld is nou op, nou wil hulle die immigrante terug stuur, te lank grants betaal vir hierdie klomp.

Mallie ·

Dis jammer, want hulle is die mense wat werk. Die “locals” wil geld he, maar wil nie werk nie.

Tiptol ·

Nog ‘n geleentheid vir korrupsie. Betaal net ietsie oor die toonbank en jy kry die visum. Corrie, ek stem saam met jou. Ten minste werk hulle en neem nie deel aan stakings nie.

Hardekwas ·

Jy kan nie n visum koop nie. Geen amptenaar van binnelandse sake werk direk met die publiek vir die uitreiking van visums nie. Die aansoeke word alles beheer deur vbs, juis om te verhoed dat daar korrupsie is.

Kobus ·

Julle moenie kla nie. Wie neem die Zimbabwiers in diens? Nie die ANC nie, blankes buit hulle uit want hulle aanvaar swak vergoeding, bly onder die radar en as hulle oortree gaan hulle net doodeenvoudig terug na Zim. Gaan kyk hoe werk dit by Beitbrug. Busse vol van hulle word daar afgelaai en “gedeporteer”. Hulle hardloop dan net weer terug deur die Limpopo rivier waar taxi’s by die vulstasie vir hulle wag. Die busse het nog nie eens vertrek nie dan is hulle al weer oppad terug.

Hennie J ·

Ag shame. Hulle is hier om te bly en julle sal hulle nie uitjaag nie. Julle het nog die wil nog die guts om dit te doen. Tog verblydend dat daar van oral oor stemme opgaan teen hierdie indringers.

Hardekwas ·

90% + werk as karwagte en kelners. Goedkoop arbeid vir restaurante.

Shakespeare ·

Ons het jare en jare al, nie meer ‘n grens nie. Enige Jan rap en sy maat kan vrylik deurkom.

Etienne ·

So wie gaan nou seker maak dat hulle die land verlaat? Wat ‘n grap!

Gerrit ·

As my Zimbabwe se werkers moet teruggaan maak ek my besigheid toe. Die mense het n trots in hulle werk en WIL werk.

JohanR ·

Daar was ‘n tyd in SA waar daar groot respek was vir Zimbabwiers. My broer met sy eie besigheid met ‘n tyd in Johannesburg, het net Zimbabweiers in diens geneem. As jy vandag nie Suid Afrikaners, Zimbabwiers of Mozambiekers in diens kan neem nie wie kan jy waar jou nek nie in jou huis gaan afgekap word nie? 250000 Zimbabwiers sonder papiere in SA? Kan ek voorstel Hoed vat persoonlik die 250000 Beit Brug toe en waai hulle totsiens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.