32 mans van mensehandel gered

Argieffoto (Foto: SAPoliceService/Facebook)

ʼn 35-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van ontvoering. Hy sal na verwagting Maandag in die Alexandra-landdroshof in Gauteng verskyn.

Die polisie het inligting opgevolg oor verdagte mensehandel-aktiwiteit by ʼn huis in Rabie Ridge naby Midrand, sê kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke). “Owerhede het die perseel gemonitor en toegeslaan toe die verdagte buite die huis gaan ontspan het.”

ʼn Soektog is uitgevoer deur die Valke se span in Johannesburg wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek en die departement van binnelandse sake en beamptes het op 32 mans afgekom wat in ʼn enkele kamer toegesluit was. “Die verdagte is dadelik in hegtenis geneem op aanklag van ontvoering.”

Die slagoffers is na ʼn plek van veiligheid geneem vir mediese waarneming en behandeling. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tanniepetoors ·

Hoe ontvoer 1 man 32 ander mans? Dis weer swak werk SAPD.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.