38 beseer toe trok omslaan

(Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Altesame 38 mense is Dinsdagoggend beseer nadat die vragmotor en sleepwa wat hulle vervoer het, omgeslaan het. Een van die insittendes het aan sy beserings beswyk.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die voorval het op die N12 buite Wolmaransstad in Noordwes plaasgevind.

“ER24 en talle ander nooddienste het om 07:30 op die toneel aangekom en die vragmotor en sleepwa in die middel van die pad aangetref. Albei het omgetuimel,” sê hy.

“Talle mense wat agter op die vragmotor en sleepwa was, het langs die pad gelê.”

Paramedici het die pasiënte ondersoek en gevind dat een persoon noodlottige beserings opgedoen het. Hy is op die toneel dood verklaar.

ʼn Verdere 38 mense het beserings wat wissel van gering tot kritiek opgedoen. Die pasiënte is op die toneel behandel en van hulle is van gevorderde lewensondersteuning voorsien voordat hulle na nabygeleë hospitale vir verdere behandeling geneem is.

Die presiese besonderhede van die voorval is nog nie bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel en ondersoek die saak verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Watsenaam ·

ASKUUS, hoe gebeur so iets. dis mos onwettig vir mense om op so n vrag te sit?

Koos 100 ·

Nee, dis nie onwettig nie, baie stupid. Dis juis nie wet gemaak nie, aangesien duisende mense sonder enige vervoer sou wees. Dink maar aan plaaswerkers wat nie in die dorp sou kon kom, as die (rassistiese volgens sommige) boer hulle nie vat nie.

Nico ·

Ry met ‘n gekoopte lisensie, weet nie hoe om te bestuur nie, kan ook nie die pad reëls nie dan is daar nog alkohol en spoed bertrokke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.