4-jarige sterf in huisbrand

Argieffoto

’n Vierjarige seuntjie is Vrydagaand gedurende ʼn huisbrand in Mitchells Plain in die Wes-Kaap dood.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brandweer-en-reddingsdiens in Kaapstad, het Saterdagoggend gesê dié span is die vorige aand omstreeks 19:40 na ʼn brandende huis in Portlands ontbied.

Volgens Carelse is beamptes van die brandweer-en-reddingsdiens met hul aankoms op die toneel in Sicilystraat ingelig dat een persoon vermis word. Die huis was in dié stadium in vlamme gehul.

ʼn Soektog is van stapel gestuur waarna die kind se liggaam in die sitkamer van die huis aangetref is.

Twee ander mense is gedurende die brand beseer, het Carelse gesê.

Die brand is ná 20:30 geblus waarna die saak aan die polisie oorgelaat is om op te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lorette ·

Sterkte aan hulle wat ‘n seuntjie verloor het. Mag Jesus julle vertroos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.