5 oorval man by plaashek

Argieffoto: Reint Dykema

Die polisie is op die spoor van vyf verdagtes nadat ’n Vrystaatse man (61) Dinsdagaand by sy plaashek oorval, na sy plaashuis gesleep, vasgebind, agterop sy bakkie geboender en kilometers verder agtergelaat is.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het in die omgewing van Vierfontein plaasgevind.

Volgens Makhele het die man tussen 20:30 en 23:00 by die plaashek stilgehou om die hek oop te maak toe hy deur vyf verdagtes oorval is. Die man is met die kolf van ’n vuurwapen geslaan en na sy plaashuis gesleep. Hier het die verdagtes die huis geplunder en ’n vuurwapen gesteel. Die slagoffer se hande is toe vasgebind en hy is agterop sy bakkie geboender waarna die verdagtes met hom in die rigting van Bothaville gery het. Die man is later naby die Nampo-skool in die omgewing afgelaai.

Volgens Makhele het ’n wegkommotor hier vir die verdagtes gewag en hulle is in dié voertuig vort waarna die man hulp ontbied het.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Dit volg kort nadat Mimie Jacobs, ’n bekende boer van Bloemfontein, Saterdagaand op haar plaas buite die stad met ’n mes aangeval is. Minstens vyf plaasaanvalle en een hoewemoord is reeds die afgelope week in Gauteng, die Vrystaat en Noordwes aangemeld.

Enigiemand met inligting rakende die jongste voorval word versoek om ao. Modise by 082 466 8157 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Magda ·

RAMAPHOSA – IS JY OOK JAMMER VIR AL DIE PLAAS AANVALLE – JULLE ONBEVOEGDE / KORRUPTE REGERING. HET GENOEG GEHAD VAN PRAAT – DINK AKSIE IS NOU NODIG.

Magda ·

Kan al die PLAASBOERE ASB WEER REEL VIR N OPTOG EN BLOKKASIE VAN ALLE VERKEER MET TREKKERS / BAKKIES / TROKKE – KILOMETERS VER EN SOMMER N HELE PAAR DAE – BRING SUID AFRIKA HEELTEMAL TOT STIL STAND EN WYS HOE DIT WERKLIK GEDOEN MOET WORD. SONDER GEWELD EN NOG N VUILER SUID AFRIKA. SKOON / OPGEVOEDE OPTOGTE – MAAR BRING SUID AFRIKA HEELTEMAL TOT STIL STAND. ONS HET OOK NOU GENOEG GEHAD EN OOK GENOEG BETAAL VIR JULLE KLOMP GEMORS WAT DIE AARDE BEWANDEL.

Boertjie ·

Nou wonder ek hoekom iemand ‘n duimpie-af gekies het. Hopelik net mis gekliek. Ek stem saam met Magda, dis tyd dat die boere weer ‘n optog reël soos destyds in Pretoria. Ja, dit het my die dag weggehou van die werk af omdat ek nie deur die verkeer kon kom nie, maar ek het simpatie met die boere gehad (en lekker saam gekuier!)

FM ·

AFNAME in plaasmoorde ?????? PREORITEIT t.o.v. kinders, vroue en oumense ???????? Help my seblief. Ek ervaar dit geheel en al nie!!!!!!!! Of ek is dom of iemand lieg dat die neute kraak.

Werner ·

Bly ook op n plaas as ek my hek nader is my vuurwapen in my hand as jy nie nou wakker is nie kry vir jou ons bly in n oorlog situasie as jy nie daarvan hou nie trek of berei voor

Moedeloos ·

Klink so asof die aanvallers die mense dophou en dan toeslaan wanneer niemand dit verwag nie. Hoe het hulle geweet waar bly hierdie boer en hoekom is daar n wegkom motor wat wag?

Nie Verbaas ·

Kyk mooi, 5 oorval 1, die normale lafhartige optrede. Wat doen jy hieraan Ramapoza?

Genis ·

SA is die enigste plek waar jy jou eie hek en huis moet bekruip… Ons sal moet opstaan en aandag trek, weer als blokkeer…genoeg is wragtig genoeg

Rooikoos ·

Plaas aanvalle? Watter plaas aanvale? Vra maar vir enigiemand in die buiteland dat dit nie bestaan nie. Ramaparra het self so gese.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.