6 swaar gestraf vir plaasmoord

Billy van Rooyen en sy vrou, Karlien. Foto: Facebook

Ses mans wat in 2016 ʼn familie op ʼn plaas in die Gluckstadt-omgewing naby Vryheid aangerand en twee familielede gedurende die aanval doodgeskiet het, is elkeen twee lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het Maandag in ʼn verklaring gesê die mans is Vrydag in die Vryheid-hooggeregshof gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan twee aanklagte van moord, poging tot moord, roof, aanranding met die doel om ernstig te beseer, twee aanklagte van ontvoering asook die besit van onwettige vuurwapens.

Maroela Media het vroeër berig altesaam agt verdagtes is destyds in hegtenis geneem nadat ʼn groep mans in April 2016 op die plaas in die Swart Umfolozi-distrik naby Gluckstadt toegeslaan het.

Billy van Rooyen (37) en sy skoonpa, Ronnie Lombard (62), is gedurende die aanval doodgeskiet en twee familielede is in die aanval beseer. Die verdagtes het met ʼn onbevestigde bedrag kontant gevlug. Die saak is by die Gluckstadt-polisie ingedien waarna die ondersoek deur die provinsiale taakspan oorgeneem is.

Een van die verdagtes, Thulani Hloniphani Sibiya (38), is reeds in 2017 twee lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê met ʼn bykomende tronkstraf van 40 jaar nadat hy skuld beken het op twee aanklagte van moord, twee van poging tot moord, een van gewapende roof en een van ontvoering.

Nóg ’n verdagte, Bongani Miya (36), is ure ná sy inhegtenisneming in aanhouding dood. Die polisie het vroeër gesê hy het homself glo in ʼn toilethokkie met ʼn bedlaken opgehang.

Die ander ses was sedertdien in aanhouding, het Zwane gesê.

Msizeni Joseph Shezi (35) is twee lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê met ʼn bykomende 41 jaar. Lindokuhle Zulu (35) is twee lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê met ʼn bykomende 46 jaar. Gcinimali Dladla (40), Themba Mhlanga (28), Mondli Nkosi en Mngcineni Gazu (29) is elkeen twee lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê met ʼn bykomende 33 jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

chrisjan ·

Free board and lodging with free medical aid for life!Nice!No worries further.

Gatvol ·

Nou wat wil jy nou eintlik hê? Die polisie het hulle werk gedoen, reg het geskied! Die tronk is nie ‘n lekker plek nie, gaan maak ‘n draai daar dan praat ons weer. Well done aan die hof, aanklaer en polisie wat hulle take in die saak goed van hulle taak gekwyt het.

Ai. ·

Mooi Bongani jy het die regte ding gedoen..en wens net jou medebeskuldiges wil ok die regte ding doen! Jul verdien niks minder nie!

SjN ·

Vir die res van hul lewe sal hul versorg word op die belasting betalers se sak, onregverdig.

Ruaan ·

Twee lewenslange vonnisse is betekenisloos. Hulle gaan in elk geval na 20 jaar op parool vrygelaat word. Dieselfde geld vir die 33 jaar. Enige bepaalde vonnis word in elk geval samelopend met die lewenslange vonnis uitgedien. Klug, ons regstelsel!!!! Lewenslank moet wees wat dit veronderstel is om te wees – vir die res van jou natuurlike lewe. Doodstraf nog steeds die beste.

Foxi ·

En die haan gaan nooit weer daarna kraai nie. Oor drie maande kom hulle stilletjie uit!

thinus erasmus ·

Verskoon die lang kommentaar.
Dit blyk dat net in KZN die SAPD hul werk doen en werklik nog misdaad beveg. Gereeld word misdadigers dood geskiet wanneer hulle op Polisie skiet. Volgens die uitkoms van hierdie saak is goeie ondersoek en speurwerk gedoen want al die verdagtes is aangekeer en almal skuldig bevind!
En dan wil ek groot lof huldig aan die Vryheid hooggeregshof wat so dapper was om aan die beskuldigdes aan die twee moorde skuldig bevind het soos dit hoort, en almal lewenslank te vonnis. Vir (beplande) moord behoort niks minder as ware lewenslank gevonnis word nie. Mag die ander Provinsies kennis neem, en ook onse SP.
Ja niks vergoed die verlies en hartseer nie, maar ten minste het geregtigheid geskied – dit kon dalk net bietjie vinniger gebeur het.
Kom ons gee erkenning en dank in hierdie geval.

Bernie ·

Is daar nog hoegenaamd PLEK in ENIGE tronk in SA? ek vra maar net.

Thelma ·

Billy was een van die sagste mense wat ek geken het, as student toe ek hom leer ken het, het hy nie ‘n slegte woord vir niemand gehad. Pa van twee klein seuns, skielik voel lewenslank net nie genoeg nie. Wel baie dankbaar dat hulle aangekeer is want hoeveel keer lees ons “nog niemand is aangekeer..”? So bitter hartseer.

John Ferreira ·

The only one who got the sentence deserving is Bongani. And the murders continue because going to jail is no punishment but a good life. We have heard far to many stories about prison life……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.