7 vas toe hulle poskantoor beroof

Foto: Verskaf

Sewe verdagtes is in hegtenis geneem toe hulle glo op heterdaad betrap is terwyl hulle ʼn poskantoor op Butterworth in die Oos-Kaap beroof het.

Die verdagtes is Vrydag in die vroeë oggendure in Nqamakwe in hegtenis geneem nadat beamptes van die misdaadintelligensie-eenheid inligting oor ʼn moontlike rooftog ontvang het, het brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die beamptes het die inligting opgevolg en die verdagtes op heterdaad betrap waar hulle reeds besig was om by die poskantoor in te breek. Die verdagtes het die beamptes gewaar en sonder sukses probeer ontsnap.”

Die polisie het op ʼn 9 mm-pistool, ammunisie, twee nywerheidslypmasjiene, twee ysterpype en twee voertuie beslag gelê.

Die verdagtes, tussen 30 en 45 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die Nqamakwe-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, sakeroof en die besit van toerusting wat vir huisbrake gebruik word.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het die beamptes vir hul optrede geloof en ook lede van die publiek bedank vir hul hulp in die stryd teen misdaad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Muffin ·

Wel gedaan. Inligting ontvang en werk gemaak daarvan. Nie gelos vir more nie.
Dankie.

Jerry ·

Dit is positief dat daar steeds SAPD lede is wat hulle roeping volg en misdaad bekamp!

boet ·

Bestaan poskantore nog, het lank lank gelede van die diens gebruik gemaak.

Elsa ·

Boer, ek kry wonderlike diens van ons Poskantoor in Pretoria Noord
Hierdie Poskantoor is verklaar as n histories gebou en het dus geen veiligheidsmaatreels vir die personeel. Was al n slag of 2 beroof

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.