AfriForum hof toe ná regter nie onttrek

Appèlregter Raylene Keightley (Foto: Supreme Court of Appeal)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Woensdag ’n amptelike hofaansoek by die Hoogste Hof van Appèl ingedien, waarin die organisasie versoek dat waarnemende appèlregter Raylene Keightley haar aan die “Kill the Boer”-saak onttrek.

Dit volg nadat die registrateur van die appèlhof AfriForum se regspan ingelig het dat sy Keightley versoek het om nie nou te reageer nie, maar eerder te wag dat AfriForum ’n amptelike hofaansoek bring.

Op grond hiervan het AfriForum nou voortgegaan om ’n amptelike hofaansoek te bring, wat vra dat Keightley onttrek en die paneel wat oor AfriForum se appèlaansoek teen Julius Malema en die EFF se “Kill the Boer”-dreunsang moet beslis, hersaamgestel word. Uitspraak in laasgenoemde saak is voorbehou.

Dit het vroeër die maand aan die lig gekom dat Keightley in 2018 in ’n hof teen AfriForum uitgevaar het deur aan te voer dat dié organisasie onwillig is om van “anachronistiese standpunte” afstand te doen. Sy het die opmerkings gemaak tydens ʼn aansoek om verlof tot appèl teen ʼn uitspraak wat Keightley gemaak het oor die gebruik van Afrikaans by Unisa. Dié uitspraak is later omgekeer.

“Dalk is daar beter maniere vir jou kliënt om hul hulpbronne te gebruik [as om dit aan regskoste te bestee],” lui die transkripsie van die hofsaak, wat Maroela Media onder oë gehad het. “Jy hoef my nie te oortuig nie,” sê sy dan vir AfriForum se regsverteenwoordiger. “Miskien verstaan ek dit net nie, maar ek dink mens moet verby anachronistiese standpunte beweeg. Iets wat jou kliënt duidelik onwillig is om te doen.” Sy gaan dan voort om te sê, “Ek wens as Suid-Afrikaners kan ons leer om eerder vorentoe as agteruit te beweeg”.

AfriForum meen die uitlatings wys dat sy nie onpartydig staan tot die saak nie.

Keightley het destyds ook gesê dat AfriForum dit moontlik kan oorweeg om te vra dat sy haar onttrek, sou sy weer voorsit in ’n saak waarby AfriForum betrokke is – ʼn situasie wat nou met die “Kill the Boer”-saak in die Hoogste Hof van Appèl ontstaan het.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is AfriForum se hofaansoek daarop gerig om die geloofwaardigheid van die regbank in beskerming te neem. “Regters met duidelike en selfs uitgesproke vooroordele, soos in Keightley se geval, skep ’n wesenlike risiko om vertroue in hierdie deurslaggewende regsinstellings te erodeer. ’n Regter wat werklik die integriteit van ons regstelsel respekteer, moet omsigtig optree en hulself onttrek aan sake waar hulle weet ’n potensiële botsing van belange of duidelike vooroordeel bestaan,” voeg Kriel by.

Kriel sê in ʼn beëdigde verklaring dat AfriForum en sy regsverteenwoordigers eers van Keightley se uitsprake bewus geword het nadat die “Kill the Boer”-saak aangehoor is, daarom dat die aansoek eers na afloop daarvan gebring is.

In ʼn brief van Keightley se regsverteenwoordigers aan AfriForum, beweer Keightley egter dat AfriForum vroeër reeds van die uitlatings bewus was en dat sy “selektief” aangehaal word. Haar regsverteenwoordigers dui ook in hierdie brief aan dat sy die aansoek om haar aan die saak te onttrek, sal teenstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Johann ·

Darm lekker as jy staats geld en tyd kan gebruik om jou eie bevooroordeeldheid te regverdig.

Raadsman ·

Sy klink soos ‘n Amerikaanse demokraat. Liberaal met geen integriteit vir die reg of etiese waardes nie.

Cherokee ·

Nòg een van vele voorbeelde met betrekking tot die spesifioeke saak, wat toon hoe die Suid Afrikaanse regbank lyk.

annie ·

So uit ‘n Britse cookie-jar. Kruip hard by die ANC om iemand te word. Verwaanderig en opgesmuk.

Manie ·

Malema is mos lid van die Regterlike Dienskommissie, dit laat ‘n mens dink.

Andries ·

Sy het in destydse apartheidsjare in Transkei skool gegaan en in Umtata gematrikuleer. Haar grootword jare was saam met …………!

Josua ·

Kom ons gaan terug na die ou SA stem, ek sal graag wil hoor wat sy te sê het oor die ou stem wat as haatspraak geklasifiseer was, waar in die lied verwys dit enigsins dat ons enige een moet dood maak of wil dood maak???? Nou Maleme se lied is duidelik en direk gerig op n spesifieke ras wat uitgewis moet word maar word gesien as n geskiedenis lied maar is die ou SA stem nie ook dan n Geskiedenis lied nie.
Ek is bly AfriForum wil hê dat sy moet ontrek van die saak want as regsgeleerde behoort sy van beter te weet maw alle moorde wat gepleeg word veral op boere kan nie volgens haar na die lied verwys word nie want dit is nie haarspraak nie want dit is duidelik wat sy wou sê, so ons mag dan die ou Volkslied uit volle bors sing want dis deel van ons geskieldenis so ons is dan net so geregting om ons geskiedenis liedere te sing.

MARTIE ·

Sy weet duidelik nie wie of wat Afriforum is nie en waarvoor hulle staan en hulle beywer nie. Afriforum help almal. Met sulke kommentaar hoort sy nie in so ‘n hoë posisie op die regbank nie. Sy is die verstokte uit pas met die tyd een. Sy hoop seker met sulke uitsprake sal sy in haar pos bly tot die wederkoms. Nie ‘n aanwins vir haar beroep nie.

De Bok ·

Wat is fout met anachronistiese idees? ‘n Idee is nie reg of verkeerd op rond van anneer dit uitgedink is nie. Hierdie regter moet maar terug gaan universiteit toe sodat sy kan leer dink.

Drikus ·

Ek moes die woord anachronisties – google, met ander woorde sy beweer dat Afriforum die geskiedenis se volgorde verkeerd het… Ek weet nie of ek aapadomistiese afleiding maak nie, maar dit is hoe dit vir my lyk:

An anachronism is an error of chronology in which something, such as an object or event, is placed in the wrong time. Shakespeare’s play Julius Caesar includes a famous anachronism, with Cassius alluding to a mechanical clock (“The clock hath stricken three”) in a play whose events take place more than a thousand years before mechanical clocks were invented

Wie besluit watter volgode is reg en verkeerd, lyk my sy is ‘n geskiedenis ekspert. Ek dog sy moet ‘n regter wees …

JohanR ·

Daar sal geen regverdigheid op die ou einde wees as die een moet besluit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.