AfriForum mag appelleer teen Kill the Boer-uitspraak

Julius Malema, leier van die EFF. (Foto: EFF)

Die burgerregtegroep AfriForum sit sy stryd voort om die lied “Kill the Boer” tot haatspraak te laat verklaar nadat die Gelykheidshof verlof aan hom toegestaan het om teen die uitspraak te appelleer.

Regter Edwin Molahlehi het verlede maand beslis dat die dreunsanglied nie haatspraak is nie en hy het AfriForum se aansoek teen Julius Malema en die EFF met koste van die hand gewys.

Die regter het bevind dat AfriForum nie voldoende bewyse kon lewer dat die lied geweld veroorsaak het en gevolglik op haatspraak neerkom nie. Hy het ook gesê dat die sing van die lied nie plaasmoorde op wit mense aanhits nie en dat die lied nie letterlik opgeneem moet word nie.

Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, sê die saak is van groot belang omdat ʼn duidelike boodskap gestuur moet word dat ʼn dreunsang wat geweld aanhits, onaanvaarbaar is en gevolge sal inhou.

“Vandag se beslissing is slegs ’n enkele tree vorentoe in AfriForum se groot stryd teen geweldaanhitsing teen boere en minderheidsgroepe. Ons sal alles in ons vermoë doen om te verseker ons verslaan hierdie gevaarlike, haatlike gedrag,” sê Van Zyl.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Mariana ·

Afriforum mag jul appél slaag. Tyd vir Malema om op sy neus te kyk. Hy kom al te lank met als weg. Mos kroonprins van die howe, mag maak en breek nes hy wil. Daardie haatspraak lied moet verban word.

H.A. ·

Dit sal maar vir hel gaan om teen malema (Putin) te wil stry.

Kokerboom ·

Dis nou ‘n belediging vir Putin(en ek praat hom nie goed!)

Gerhard ·

Ironies dat n SA hof nie fout vind nie, maar n internasionale platform soos Youtube wat met baie verskillende situasies te doen kry en statestieke kennis het, het dit verban….

Koos 100 ·

So volgens die regter moet jy kan bewys dat geweld gepleeg is voordat haatspraak daar kan wees? Interessant!

Ian ·

Wonder wat hulle sal se as daar gesing word;
Skiet die inbreker
Skiet die oortreeder
Skiet die dief
Bla bla bla …….

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Soos dit tans staan beteken dit, mens mag sing kill the black man, want ñ regter moet eers beslis daar is genoeg bewyse wat bepaal die lied hits moorde op swart mense aan. En dan moet hulle dit net nie letterlik opneem nie, bygesê!

SjN ·

Shane, van sies jou vark faam, komponeer asb n lekker Kader gebaseerde song, jy sal nou niks oorkom volgens die regter nie.

Danie ·

Ek glo in my hart en siel ons gaan hierdie keer suksesvol wees.

Lillian ·

Daar was kos al ‘n bevel toegestaan téén die slagspreuk. Hoekom beweeg die regstelsel heeltyd in sirkels hieroor. Wys dié suurstofdief wie is baas

Marelize ·

Afriforum moet nie moed opgee nie asseblief. Ons kan nie toe laat dat daardie lied gesing word in hierdie land nie. Nes ek nie meer “sekere woorde” mag uiter nie – mag hierdie lied ook nie gesing word nie. Ons is klaar net 8% van die gevolking en ons getalle word elke dag minder. Party immegreer en ander word vermoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.