AfriForum: ‘NVG bevestig Malema se vervolging’

EFF-leier Julius Malema. Foto: EFF/Twitter

Die burgerregte-organisasie AfriForum het gesê hy het bevestiging van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gekry dat EFF-leier Julius Malema wel vervolg gaan word.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê die NVG het Woensdagmiddag skriftelik bevestig dat Malema vervolg gaan word vir klagte teen hom nadat hy tydens die EFF se vyfjaarfeesviering in 2018 skote afgevuur het met ’n voorwerp wat soos ’n aanvalsgeweer gelyk het.

Dít volg ná AfriForum deurlopend druk op die NVG uitgeoefen het, onder meer vir terugvoer oor die NVG se besluit rakende Malema se vervolging, het Cameron gesê. “AfriForum was gereed om die hof te nader ten einde die NVG te dwing om ’n beslissing oor Malema se vervolging te maak.”

Nadat AfriForum dié klagte teen Malema ingedien het, het die EFF se woordvoerders ontken dat die voorwerp ter sprake ’n regte vuurwapen was en het later beweer dat dit glo klappers was wat in ritme met die voorwerp afgegaan het.

“Ons verwelkom die NVG se besluit omdat niemand bo die reg verhewe is nie. AfriForum sal die saak deurlopend moniteer om te verseker dat geregtigheid geskied,” volgens Cameron.

AfriForum se private vervolgingseenheid, onder leiding van adv. Gerrie Nel, het vroeër vanjaar aangedui dat AfriForum die hof sal nader ten einde die NVG te dwing om ’n beslissing oor Malema se vervolging te maak. Talle klagte uit verskeie oorde staar Malema in die gesig en AfriForum het reeds by verskeie geleenthede sy kommer uitgespreek dat Malema se oortredings anders hanteer word as dié van gewone landsburgers.

Volgens Cameron het die NVG eers ná AfriForum se betrokkenheid besluit om aandag aan Malema se vervolging te skenk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Maljan ·

Definitief nie met dieselfde gusto as die Middelburg duo of Coligny manne nie.

Waarheid ·

Sal onskuldig bevind word oor pyn en leiding van 2 miljoen jaar gelede!!

Hanna Hoekom ·

In Julie. Maar oor die jaartal sal ons maar moet raai…

KH ·

Hou van die deel “klappers wat in ritme met die voorwerp afgegaan het”
Watter voorwerp, dit was n AK

Rina ·

Ag om altyd die verlede die skuld te gee en daaraan.klou is net poli

Elke volk het seergekry.in die verlede maar om daaraan te klou is nie gesond nie. Malema sal sy straf kry…… hy sal nooit n goeie president vir hierdie land wees nie

Vicky Bownes ·

Poot ja dit sal ek ook graag wil weet. Ander haatspakers word sumier aangekla….maar diè mnr gaan net voort soos om nou weer Mugabe se retoriek oor die witmense te herhaal……

John ·

Malema moet eerste vervolg word. Mens begin voor op die lys. Maak ‘n voorbeeld van hom.

jakes ·

Indien Malema wel vervolg gaan word sal sy saak in die hof telkens uitgestel word soos wat die norm tans is. Die howe isbang vir hom.

stoney ·

Ek stem saam met Krokodilbotha. Nie in hierdie leeftyd nie. Dis lankal tyd dat die kapokhaan inni bek geruk word!

Grassie ·

Daar gaan waarskynlik niks van kom nie. Die NVG het die dossier en die getuienis sal gekook word. As daar wel ‘n hofdatum bepaal word sal die saak, soos dié van Zuma, talkens uitgestel word tot dit in vergetelheid verdwyn. Die saak sal alleenlik verhoor word as die NVG vooraf weet dat die uitslag “onskuldig” sal wees, soos met Zuma junior die geval was. Ons woon in Afrika.

JohanL ·

Grassie en Jakes is heeltemal reg oor wat gaan gebeur op die pad vorentoe.

Maar laat jou naam Eben wees en dan spring almal om gou te reageer.

Marius ·

So ‘n transieto roof word uitgevoer met ‘n voorwerp wat klappers afvuur.Rerig Ha Ha

Ant ·

Ek dink as hulle hom in die tronk gooi, sal daar gaos uitbreek in die land…..meer as nou.

Jerry ·

Die eff, anc, OB en NVG staan almal aan dieselfde ideologiese kant van die politieke heining. Agteraf gekonkel soos ons reeds van bewus is, is aan die orde van die dag en sorg maar net dat julle en julle mense gerat is vir verskerpte lafhartige aanslae van haatspraak, opswepery en dreigemente, gepaardgaande met intimidasie, vernedering en aanvalle op niksvermoedende mense, voor, tydens en na die hofsaak!

Swart Piet ·

Ek sal groot geld wed dat daar absoluut net mooi niks met Malema sal gebeur nie.

emily ·

Ons almal weet, die ding gaan niks oorkom nie, Hy is mos ”Untouchable”

Maljan ·

En wat was die hof se uitspraak betreffende die heer Duduzane se ongeluk Tom?

Maljan ·

Watter apartheidsleier was onnosel genoeg om met n geweer skote in die lug af te vuur tydens n politieke vergadering?

Krummel ·

Die NGV draai die land net die rat voor oe, want hulle weet dat Afriforum met die saak sal voortgaan as hulle dit nie doen nie. Daar gaan dadels van kom. Buitendien sal die land in chaos gedompel word as hulle aan die “Son of the soil” gaan raak. Almal, inkluis die regering is in doodsangs vir hom. Dit op sigself kan voor die deur gele word van die pers wat aan die skepsel soveel publisiteit gee. Wat van, ignoreer hom!!!

Judge Dredd ·

Die probleem – die NVG gaan die vervolging doen – ek is amper 100% seker hulle gaan die “ball drop”.

Anoniem ·

Afriforum, julle sal asb die NVG bitterlik fyn moet dophou dat dit nie net ‘n “windows dressing” hofsaak is nie. As Malema wel vrygespreek word, watter opsies is beskikbaar vir Afriforum? Sal Afriforum kan appeleer?

Andre ·

en wat sou die moontlike straf wees as hy skuldig bevind word of is daar in so ‘n geval grade van skuldigbevindings?

Hanlie ·

Witmense kry tronkstraf as gevolg van haatspraak. Die ander wat nie “wit” is nie, kom skotvry daarvan af. In hierdie geval gaan dieselfde gebeur.

Elvira ·

Nooit gesien nie. Sal heeltyd uitgestel word en daarna sal jy nooit weer van die saak hoor nie. El het alle vertroue in hierdie land se stelsels verloor. Jammer.

Pieter ·

Die ANC se klein kind hy sal niks oor kom nie ons regstelsel is net so groot grap as die ANC

Pierre Crous ·

Malema en ander soortgelyke probleme………Stem vir VVA/ULA Sesseerings beweging en n blinker toekoms !!!!

Dom ·

Soos my naam aandui wie of wat is VVA/ULA.
en waarvoor staan dit?

Pierre Crous ·

VVA/ ULA…….Verenigde Vryheids Alliansie…..United Liberty Alliance….. Google dit asb Volksgenote……ons doen dit vir onse kinders…..Sowereine Selfbeskikking……nie polities gedrewe met tanse stemme getalle van 212000 plus en klimmend.

GP ·

Baie bly hierdie wie alewig negatiewe kommentaar lewer werk nie by Afriforum nie. “Daar sal niks van kom nie” , “Niks sal gebeur nie” ens ens, dink net as almal so was?

Baie dankie Afriforum, alle sterkte met hierdie saak, dis ‘n lang stryd maar julle doen goed.

KrokodilBotha ·

Die eienaar van die geweer moet ook opgeskroef word.

Pierre Crous ·

Verenigde Vryheids Alliansie…..United Liberty Alliance….. Google dit asb Volksgenote……ons doen dit vir onse kinders…..Sowereine Selfbeskikking……nie polities gedrewe met tanse stemme getalle van 212000 plus en klimmend.

marous ·

Baie jammer dat om te hoor dat die voorwerp nie uit die hande geval het en die klappers aangehou skiet het na bo nie ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.