AfriForum wil Coligny-verdagtes help

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in die Coligny-landdroshof  op 26 Junie 2017. Foto: ANA

AfriForum het besluit om aan te bied om regs- en ander bystand aan Pieter Doorewaard en Phillip Schutte van Coligny te verleen.

Dit volg nadat die enigste ooggetuie in die moordsaak teen hulle, Bonakele Pakisi, erken het hy het in die hof gelieg toe hy getuig het dat hy gesien het hoe Doorewaard en Schutte ’n tiener, Matlhomola Mosweu, vermoor.

Die Sondagkoerant Rapport het Sondag onthul dat Pakisi teenoor twee persone gebieg het dat hy in die hof gelieg het en dat sy bekentenis op band opgeneem is.

AfriForum het die aanbod om bystand te verleen reeds aan Doorewaard en Schutte se regsverteenwoordiger gemaak en sal in die komende week die gesprek verder voer.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, wil sy organisasie benewens die hulp aan Doorewaard en Schutte, ook toesien dat Pakisi strafregtelik vervolg word vir die meineed wat hy gepleeg het.

Volgens Kriel is dit belangrik dat diegene wat leuens verkondig om rassespanning te skep en valslik ’n wolk van “rassisme” oor onskuldige mense se koppe laat hang, tot verantwoording geroep moet word.

Die tyd het aangebreek dat ’n voorbeeld van alle leuenaars en rasse-opstokers gemaak word.

“Soos Doorewaard en Schutte se lewe deur leuens vernietig is, het ons pas ook weer in Schweizer-Reneke gesien hoe rasse-opstokers ’n bekwame onderwyseres, Elana Barkhuizen, se lewe met leuens en wanvoorstellings ontwrig.

“Die tyd het aangebreek dat ’n voorbeeld van alle leuenaars en rasse-opstokers gemaak word,” sê Kriel.

Doorewaard (28) en Schutte (34) is in Mei 2017 op borgtog van R5 000 elk vrygelaat, maar dit is teruggetrek nadat hulle skuldig bevind is. Hulle is steeds in aanhouding nadat hulle in Oktober skuldig bevind is. Hulle word op 28 Januarie gevonnis.

Die staat het aangevoer die twee het op 20 April 2017 die 16-jarige Mosweu van ʼn bewegende bakkie afgestamp of afgegooi en dat die tienerseun weens dié val gesterf het.

Die staat beweer dit het gebeur nadat die twee mans Mosweu betrap het waar hy sonneblomkoppe uit hul werkgewer, Pieter Karsten, se landerye steel. Die twee mans het volgehou Mosweu het van die bakkie afgespring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

118 Kommentare

Kasper ·

Daar moet ‘n rede wees hoekom die getuie myneed gepleeg het. Vind uit wie/wat sit agter dit, want hy sou nie uit sy eie sommer so gelieg het nie. Daarde persoon(e) moet ook hof toe gespleep word, en ek hoop die swaarste straf moontlik word hom/hulle opgele, want wat hulle aan die 2 mans gedoen het is verby veragtelik.

Kaster ·

Die liberale assamedia vuur dit aan. Hulle is nou doodstil nadat dit uitgekom het dat hy gejok het.

Hes ·

Kasper ek dink nie Phakisi het myneed gepleeg omdat daar waarskynlik ‘n derde party betrokke is wat hom daartoe kon dwing nie. Phakisi het net gelieg om sy eie bas te red.

Paul ·

Ek haal aan: “Dit volg nadat die enigste ooggetuie in die moordsaak teen hulle, Bonakele Pakisi, erken het hy het in die hof gelieg.

Nou vra ek wanneer maak Cyril eendag ‘n bekentenis.

Pieter Schoombee ·

Uit die Rapport-berig blyk dit die getuie is ‘n gewoonte-leuenaar. Dis waarskynlik hoekom hy gebruik is. Wie het hom gebruik? Al hierdie dwarsbomers van die gereg moet aangekla word.

Woertsie ·

Afrievorum moet nie dink ek gaan vir hulle stem met die volgindi verkuusing nie.

Diederik ·

Nou wil hulle help. Hoekom het hulle nie toe die saak in die hof was nie. Afriforum wou ook nie die kis twee bystaan nie, al was hulle lede. Afriforum is n vals vlag organisasie.

Thinus ·

Wel, ek kan van persoonlike ondervinding praat, indien Afriforum se besigheidsplan, geld maak, nie gedien word nie, en jy selfs Vrywaring teen vervolging het, Art 10A van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid Wet 3 van 2000 saamgelees met Art 84 (2) (j) van die Grondwet, Wet 108 van 96, en daar moet teen hulle kollegas, die derde mag, Mat 23, en Openb 16:13, die Wet Makers, ( Sonde bepalers – Religieuse), die Toepassers (Juridiese gemeenskap kyk hoeveel politici het regsgeleerdheid) en die Opvoedkundige been wat ons voorberei vir die hel wat hulle vir ons voorberei het! Dat Afriforum weet dat Art 33 van die Grondwet as uitklim klousule dien om hierdie gemors waarin ons verkeer, om te draai! Die ses beginsels van Onderhandelinge met Mandela en die ANC, die voorvereistes van Immanuel Kant se Perpetual Peace filosofie en die erkenning van die Internasionale Vredesorganisasie in 2008 dat n Federalele Republiek nie n Demokrasie is nie, wat ons reeds in 1979 vir die wêreld gesê het en dan n ware Demokrasie gaan definieer het? Afriforum sal nie n Demokrasie volgens Dan 2:34 ( Steen wat losgekom het en Mat 16 saamgelees met Rig. 17:6, 18:1, 19:1 en 21:25 ) Indien Afriforum toetree, Art 269a van die Strafproseswet maak voorsiening vir Art 3, 4, 8, 9, 11, 20 en 21 van die Wet op die Bekamping en Voorkoming van Korrupsie Wet 12 van 2004 asook Georganiseerde Misdaad en UNCAC – UNITED NATIONS CONVENTION AGAINST CORRUPTION

Reti ·

Stupid! Die ‘getuienis’ was daar! Afriforum kan nie op elke saak spring as dit vlg getuienis skuldige mense is nie. Dankie Afriforum. Daar is baie onnosel wittes ook in ons omtrek.

Engelq ·

Ek stem saam. Nou skielik wil hulle help. Ek weet ook van n geval waar solidariteit geweier het om n polisieman te help. Al was hy lid. Polisieman is onskuldig bevind op alle aanklagte.
Maar verdedig n vrou wat deur Grace Mugabe aangerand is.
2 gat jakkalse.

WitBlits ·

Afriforum dis nou te laat om verlore aansien te probeer wen , want julle moes in die begin gehelp het. Menige prokureurs en advokate sal jou gratis help, want ‘n groot eis gaan nou teen die Staat ingestel kan word vir onregmatige vervolging, ens.

Skaam julle

De Villiers ·

Diederik, Gert en Cecile, ten minste doen Afriforum iets, en dit aan ons mense wat heeltyd deur die liberales in hierdie land met dubbele standaarde behandel en deur valse aantygings vernietig word. Wat doen julle om hierdie saak te beredder vir dié twee mans in plaas van om klippe te gooi?

Desire ·

Ek stem saam, hoekom nou eweskielik belangstel en hulp aanbied? Kallie Kriel self, is n rasse opstoker.

Fanie ·

Jou inligting is verkeerd. AfriForum het tydens die Coligny-krisis deurlopend die Veiligheid behartig, deur oa ‘n spesialis Veiligheidsmpy teen derduisende rande te betrek en betaal. Na die krisis het hul vir maande verder met veiligheid gehelp. Die twee manne se Werkgewer het ingestaan vir hul regskostes. AfriForum is nie ‘n gratis regshulpklub vir mense wat droogmaak nie. Hul help onskuldige gemeenskappe in nood, soos by Coligny, Schweizer, Overvaal Hoërskool en talle ander. Julle verregse organisasies kritiseer mense wat iets doen, maar doen self niks.

Jakkie ·

Diederik, Waar val jy nou uit. Die twee mans het regsverteenwoordiging gehad. Wat wou jy hê moes Afriforum doen? Dank vader daar is ‘n Afriforum en Solidariteit anders was ons land al verder in die moeilikheid. Word wakker.

Gert ·

De Villiers, ek tik en lees die berigte op hierdie Sondag middag, wat doen jy?

Deon ·

Waar staan Solidariteit met die aksie teen Sasol se swart bemagtigings plan? Of het Sasol se bestuur Hermann en vrinne vir ‘n ses geslaan?

Malmokkie ·

Natuurlik doen hulle nou darem”iets” de villiers. Enige eis wat uit betaal sal hulle 25% in die sak steek.

Callie ·

Gaan maak net seker hoeveel het die anc of eff hom betaal om so te lieg. Almal het gesien die ou lieg maar die regter glo hom. Doen sommer ondersoek na die regter ook. Net swartes word geglo en glk my, dis gevaarlik

Malmokkie ·

Ek herinner net weer hoe het die regter tydens die doodskis duo se verhoor pp haar arm gelê, weggevoer deur Victor se vertelling en skoon versuip deur sy ma se trane.

Pieter Schoombee ·

Ek sal baie graag die Appèlhof se mening oor hierdie hof wil sien.

Lynette ·

Kyk sommer na die regter se motiewe ook want ons as leke kon sien die getuie lieg en maak sy storie op sover hy gaan. Hoe is it moontlik dat die regter dit nie kon raaksien nie?

Chris ·

Dalk het hy sy kwalifikasie met ‘n sak perlemoen, ‘n olifandtand of ‘n renosterhoring bekom.

Chris ·

Ek het nie idee nie, maar soos in Oscar se geval, het die regter hier toetentaal die pot misgesit. En verseker het dit niks met ras vooroordeel te doen nie, wel in sekere gevalle nie, I have no idea. Kom ons vra vir Cyril of hy dalk weet.

Jan ·

Gaan lees bietjie oor Judge Ronald Hendricks, nie ń bekwame regter nie.

Paul ·

Afriforum, maak ook ‘n voorbeeld van die hoofregter van die grondwethof Moegoeng-Moegoeng.

Koos de Meyer. ·

Ons verneem hy is ‘n huis belowe. Nou moet hy maar net ‘n huisie in die tronk kry. Die klomp wat agter die kap van die byl sit asook die staat moet verantwoording doen vir hierdie rassisme wat hulle aan geblaas het. Van die begin af het ons geweet die getuie lieg, maar sy woord word gevat. Sluit die hele klomp toe dat dit ‘n les wees vir leuenaars. Daar bestaan nie meer iets soos reg en geregtigheid nie

Amos ·

Ja sal graag daai Erasmus. Oumatjie. Wat so geoordeel het oor goed wat sy niks van af weenie, se kommentaar wou sien. Ja die vrou van Pta, wat mense hul werk gekos het…. en gesê het” gooi die sleutel weg day hul vrou daar”

Andrea ·

Ja, asb, help hul. Ek sal bydra. Jul moes al lankal gehelp het! Dis waarom ek my ledegeld betaal en elke projek van julle ondersteun. Sodat julle my mense wat benadeel word kan help.

Pieter ·

Andrea, moenie op prinse vertrou nie. Solidariteit het my ook gefaal nadat my werkgewer teen my gediskrimineer het. Solidariteit het gelag vir my klagte, dink my baas was snaaks. Toe vat ek my baas self vas. Vandag kyk ek nie terug nie. Die skikking was vêr beter as wat Solidariteit kon beding het. Dit het my geleer om leeus te jag in die sakewêreld en die buit kom in as jou feite reg is. Natuurlik kry Solidariteit geen bydraes van my meer nie, ledegeld was al soos belasting.

Soli Deo Gloria

Chris ·

Wawawa so ‘n bietjie, Cyril het nou die dag aan sy mense gesê hulle moet soveel paddas as moontlik soen, een of ander tyd tref hulle ‘n prins met sakke vol geld.

FM ·

Diederik jy moet weet Afriforum kan nie almal help nie. Waardeer eerder wat Afriforum doen eerder as om snert kwyt te raak.Ondersteun hul eerder. Dink voor jy strooi kwyt raak.

HP ·

Stem saam met jou FM. Afriforum doen uitstekende werk. Kom ons almal staan eerder saam en maak hulle nog sterker deur by hulle aan te sluit ( as jy nie reeds `n lid is nie). Watter ander instansie / beweging doen so baie vir minderheidsgroepe?

Natan ·

Dit is dieselfde liedjie wat in die verlede in die Oos-Kaap gebesig is en die Groot Trek aangespoor het.

Noord-Wes is ‘n rassekookpot in ‘n korrupte bestel. Duidelik heksejag op die Wittes. Daar is duidelik 4 probleme: 1. ANC regering, 2. Die regter, 3. Die enigste getuie, 4. Die gemeenskap wat Coligny ontwrig het en huise afgebrand het.

Die Bybel leer my dat jy nie vals getuienis mag aflê nie, maar ja ‘n pastoor het dit ook al teen my gedoen, ongelukkig het dit teen haar gedraai deur omstandighede.

Sterkte vir die manne. Vertrou op God en bid om vergelding waar die Gebooie/God se Wet vertrap word indien julle reg opgetree het.

Hoekom nou? ·

Hoekom wil hulle nou skielik hulp aanbied? Waar was hulle die afgelope 20 maande van hel wat die twee manne en hulle families deur is? Toe daar vir hulle vir hulp gevra was, het hulle doodeenvoudig hulle rug op die twee manne gedraai.
Tot dusver het ek oral op sosiale media gelees hoe n skrale 75%, blank, bruin en swart, agter hulle gestaan het, (AfriForum het nie onder daardie 75%geval nie). Nou, na die koerant opskrif, waarvan min mense die moeite gedoen het om die volle berig te gaan lees – duidelik aan al die opmerkings dat dit nie gelees is nie, het almal skielik van die begin af in hulle onskuld geglo.
Kan nie glo ons land het soveel 2-gesigte nie. Party mense wil net gehoor word, maak nie saak wat hulle sê en wie hulle in die proses seer maak nie.
Baie sterkte aan die twee manne, hulle gesinne en familie en vriende. Daar lê nog n lang en moeilike tyd vir julle voor. Die land se gebede het julle tot hier gedra, en sal julle ook oor die wenstreep dra. Vir God is niks onmoontlik nie. Wees sterk en hou aan glo. Ook vir die regspan wat nou n nuwe taak op hande het, God is met julle en sal julle lei, elke treë van die wedloop.

Vinnie ·

Vra vir die leiers op Coligny wat AfriForum gedoen het voor jy sonder inligting praat.

Liz ·

Ek nit-pick dalk nou maar Pieter Doorewaard is 28, nie 26 nie.

Pieter ·

Andrea, moenie op prinse vertrou nie. Solidariteit het my ook gefaal nadat my werkgewer teen my gediskrimineer het. Solidariteit het gelag vir my klagte, dink my baas was snaaks. Toe vat ek my baas self vas. Vandag kyk ek nie terug nie. Die skikking was vêr beter as wat Solidariteit kon beding het. Dit het my geleer om leeus te jag in die sakewêreld en die buit kom in as jou feite reg is. Natuurlik kry Solidariteit geen bydraes van my meer nie, ledegeld was al soos belasting.

Soli Deo Gloria

Anna ·

Pieter dieselfde het met my gebeur. My Solidariteit verteenwoordiger het ook my senior manager se woord bo myne gevat. Dit terwyl daar n paar sake teen die senior manager aanhangig gemaak oor haar misbruik van fondse, afkraak van personeel en gedrag teenoor minderers. Die arme werkers het die gelag betaal en senior manager geniet nog haar tiranie want sy en Solidariteit verteenwoordiger is hand om die blaas. Hulle kry ook nie my ledegeld meer nie.

Peet Schabort ·

Volgens die verloop van gebeure het ek duidelik die afleiding gemaak dat die twee beskuldigdes saam BINNE-IN die bakkie was. Hoe de duiwel sal jy dan iemand agterop kan afstamp??!! Ek stem saam dat die getuie beïnvloed was en intimidasie eie aan afrika hier ‘n rol gespeel het. Die algemene norm is nou ‘skuldig totdat jy jouself onskuldig bewys’. Soos met juf. Elana bring dit ongeloof, hartseer, vernedering wat ongevraagd is. Die howe en invloedrykes wat aan die stuur van sake staan sal baie meer versigtig moet wees want vir party is EED en EET dieselfde ding.

PAPKOP ·

As die regter bevooroordeeld was en hy skuldig bewys kan word, wat verhoed dat hy toegesluit word.
Maak van hom ń voorbeeld.

Adam ·

Daar was baie teenstrydigheid in sy getuienis maar die regter was bereid om dit nie in da te neem nie Dink hy is betaal om hulle skuldig te bevind Die pa het nie eers geweet waar sy kind was nie

Sanet ·

Adam. Presies soos jy hier noem, hulle het dae na n familie verwant in die saak gesoek, niemand was as vermis aangemeld nie. Sal my glad nie verbaas daar hier ander invloed was nie. Waarom wou hulle nie n plaaslike regter hier gebruik nie. Hierdie saak het my van dag een af onraad laat vermoed. Mag geregtigheid nou seevier.

Paul ·

In wat ‘n gespuis het die land nie verander nie! Kom Cyril vertel my ek is verkeerd.

Ronel ·

Al loop n leuen hoe snel, die waarheid agterhaal hom wel.
Net jammer dat hul lewens so te sê verwoes is agv die lamsak se leuens. Ek hoop die hel bars om sy kop los en sommer die regter ook!

Al ·

Dankie Afriforum – jul maak my trots!
Diegene wat Afriforum beskuldig, moet twee keer dink.
Dankie Here dat U my gebed verhoor het, geregtigheid het geskied.

jakes ·

Die NVG moet nou reageer op die bewering dat Pakisa gelieg het. Ek sal graag wil sien hoe die hof hierdie saak gaan benader aangesien daar baie uitsprake deesdae voorkom wat bevraagteken kan word. Pakisa moet swaar gestraf word vir sy geliegery.

Louis ·

Sterkte daarmee. Hoop geregtigheid seevier en dat vals getuienis swaar gestraf word.

HPV ·

Dalk is hy in ‘n soort van kwota pos en nie ten volle gekwalifiseerd vir die beroep as regter nie. Miskien kan ons grondwet onderhandelaars beter verduidelik watter kwalifikasies benodig word vir alle staats poste insluitend regters en of slegs minimum of kwota kwalifikasies benodig word. Die totale agteruit gang van die land en dienslewering in ag geneem regverdig die vraag.

Chris Ws ·

Ek meen Pakisa verdien om deur ‘n boendoe hof verhoor te word en daarvolgens gestraf te word.Die wettige howe gaan nie werk nie.

Abe ·

Chris WS,
Watse twak praat jy nou. ‘n Boendoe hof is ‘n onding wat geen bestaansreg het nie.

SjN ·

Dit wat ek wil sê sal nie geplaas word nie, kry die betrokkenes wat die beloftes gemaak het.

Philip, ·

Ek sê nog kry Adv Gerrie Nel vir hierdie sake want hy sal hulle uitmekaar trek. Afriforum moet hom kry en betaal. Ek is seker daar is baie mense wat sal bydrae maak om rassisme in reverse te beveg. Die huidige wat beheer in howe is is nie opgewasse teen Gerrie Nel nie. Dis virseker.

H ·

Die ANC het vir hom blykbaar ñ huis gegee vir die leuen. Ek het dit in erens gelees.

Nico ·

Indien dit bewys kan word, het die manne gróót siviele eise teen diegene wat omgekoop het. Vir kwaadwillige vervolging en onregmatige aanhouding.

Zumie ·

Hallo Nico
Nie so eenvoudig nie. Verseker sal die twee ‘n eis he teen die vals getuie – maar hy het waarskynlik geen geld nie. Teen die staat sal hulle net ‘n eis he as hulle kan bewys dat die staat saamgesweer het met die vals getuie – en dit gaan verseker nie maklik wees nie.

Staak saam ·

Is dit nie mosterd na die maal nie?
Waar was al die organusasies toe hulle aangekla was?
Dit is mos nie polities korrek om die rassisties blanke moordenaar te hulps te snel nie, geen geld daaruit te maak om onskuldiges wat deur die media skuldig gemaak is te help nie. Ons weet waar solidariteit was, hulle was besig om hulle geld en hulp agter Me Engels aan te gooi.
AfriForum was n no show, maar nou dat die waarheid uitkom nou sien hulle kans om te kom help, wat het verander? N artiekel klerk sal die twee ook nou kan uitkry.

Is AfriForum se hulp regtig nou nog nodig, hulle lewens is klaar verwoes!

Pegasus ·

Staak saam…..jou opmerking: “Is Afriforum se hulp regtig nou nog nodig, hulle lewens is klaar verwoes” Regtig? Dit is baie duidelik dat hulle al die hulp nodig het wat hulle kan kry veral noudat die leuens ontbloot is. Daar is ‘n enorme verskil tussen lewenslange tronkstraf en vryheid !!

Stephan ·

Daai staatsaanklaer was bitter goed om met Pakisa se leuens die hof te oortuig dat hulle skuldig is. Dit plaas ‘n vraagteken op die regsstelsel. Hoe het hulle die saak bo redelike twyfel bewys.
Pakisa het met opset gelieg, dus behalwe vir meineed is daar ook dwarsboming van die gereg. Wat sê dit van die spesialis getuies wat die staat ingeroep het? Nie meer so spesiaal nie sou ek sê.
Hierdie strek veel verder as net die twee manne en hulle toekoms. Die hele grondwet en regstelsel is onder die vergrootglas.

Felix ·

Die staataanklaer was nie bitter goed nie, ons almal het die teendeel gesien. So wat nou??

1+1 ·

Is hy nie miskien betaal om sy bewerings terug te trek nie??.

Anoniem ·

Nou wat sou dit enigiemand help? En wie sou hom nogal betaal het? Die 2 is alreeds skuldig bevind en sal nou moet appelleer op grond van nuwe getuienis. Die regter het hulle skuldig bevind ten spyte daarvan dat hy alreeds hierdie Pakisi se getuienis twyfelagtig gevind het.

Paul ·

Kan ons nie die nuwe OB aanstel om hierdie te ondersoek nie?

Grassie ·

Ek is bly Afriforum skrik nou wakker. Liewers laat as nooit. Ek hoop hulle gaan die doodskis-twee ook met ‘n appél help. Wat help dit hulle neem ‘n super-advokaat in diens en gryp nie in wanneer vier witmans deur ‘n partydige regstelsel benadeel en verguis word nie.
Ek is ‘n Afriforum lid en waardeer die aksies wat hul plaaslik en oorsee loods maar in bogenoemde twee sake het hul belangeloosheid ernstig teleurgestel.

Celtis Africana ·

Duidelik georkestreede aanslag teen al wat Afrikaans en wit is.

phillip van dyk ·

Menige skade is hier aan gerig. Twee gesinne se lewens verwoes. Die. Omgewing wat weens oproer geplunder is. Die hel in die tronk wat hulle moes deurmaak. Dagvaar die staat ook want alle getuienis het aangedui hulle is onskuldig. Geen bloed op bakkie nie. Die selfoon posisies het nie gestrook met die getuie en tog het die staat dit aanvaar. Dagvaar die regter vir verlies van inkomste naamskade trauma ensaak my bevrees dat geen geregtigheid IN SA bestaan vir blanke minderheid nie

Brutus ·

Lyk deesdae of die howe net die massas tevrede wil stel, baie mense is besig om hul vertroue in die regstelsel te verloor, daar is al n hele paar sake waar die uitsprake baie absurd was ,veral as die beskuldiges blankes is. Dit sluit in appelsake ook, dis uiters kommer wekkend. Die vonnis van bv die doodskis beskuldiges is een groot voorbeeld , sommige moordenaars kry nie eers so lank tronkstraf nie. Die howe lyk my word ook beinvloed deur politiek, dis my maar mening maar dit dalk goed as burgerregte organisasies begin betrokke raak veral as daar onreg vermoed word in sommige sake.

Henk ·

Hoe het die regter by sy besluit uitgekom? Hy het selfs in sy uitspraak bevind dat die getuie homself verskeie kere weerspreek het. Tog het hy self vir die getuie se leuens n verduideliking gegee?

Chris ·

Blaas my siel! Vra dit vir die regter en hy sal ook sê, blaas my siel.

Esther ·

Dankie tog dat iemand hul finansieel kan steun. Ek Dink die behoefte by die twee gesin e is grootter as wat ons kan dink. Die mans en hulle gesin e se lewe is vernietig, die gemeenskap Moe’s baie swaar kry die dorp het finansieel gebloei as gevolg van iemand se leuen. Mag hulle nou op borg uitkom met staatsbeskerming mag die skuldig es vir so eel rassespanning en skade nou vervolg word. Verskoning aan die man’s hulle gesin e en elke blanke en ook aan die ouers van die kind, moet deur hierdie leuenaar gemaak word, maar dit is die begin van n lang swaar straf vir hom. Die skade wat hy gedoen het gaan nie deur n verskoning reggestel word nie. Dit moet ook niebeteken hy is n vryman na dit nie.

Chris ·

Kom ons vertrou dat hierdie mense en hul gesinne vir die res van hul lewe voorspoed sal geniet. Wat anders, wat in die afgelope week plaasgevind het, moet nou nog gebeur om die regering tot regverdigheid te skud.

Piet parys ·

So nou weet almal wie die rassiste is in die land . Die swartmense wat witmense wil uitkryt as rassisties. Gee hulle hel . Die regter moet van sy pos onthef word.

Charl ·

Ons howe is lankal nie meer onpartydig nie. Dit regsbank is gelaai met onbeholpe ANC kaders

NarreVirRegters ·

Wel die regter is skynbaar berug vir vreemde uitsprake: http://www.judgesmatter.co.za/interviews/april-2017-interviews/jsc-candidates/judge-ronald-hendricks/

Ek weet van ‘n omgekeerde voorval waar een vingerprint ‘n Mosambieker verbind het met die plaasmoord van ‘n blanke boer. In hierdie geval het die swart regter wel sy werk gedoen en alles gedoen om seker te maak dat die enigste feit deeglik ondersoek word en daarin geslaag om die staanstaanklaer en homself so deurmekaar te kry dat hy tot die gevolgtrekking kon kom dat die vingerafdrukspesialis nie sy werk behoorlik gedoen het nie. Die Mosambieker is terug na Mosambiek as ‘n vry man.

Suid-Afrika wees bang, wees baie bang! Daar sit narre as regters in ons hofsale. Moenie op prinse vertrou nie maar op die Groot Regter wat eendag sal oordeel oor alles wat vandag weg gesteek word.

Paul ·

Maar Cyril het dan sommer nou die dag aan sy volgelinge gesê hulle moet soveel paddas as moontlik soen, dalk hop daar ‘n prins uit.

Pieter ·

Dit beteken dan mos hulle is onskuldig….laat hulle vry!!!!!!!!

Felix ·

Kan iemand vir my Cyril se telefoonnommer gee, ek wil hom bel en vertel hy is ‘n nikswerd. Ek sal in ‘n stemtoon praat dat hy nie kan agter kom watter ras ek is nie.

Antoinette de Greeff ·

Kla hom aan en almal wat saam met hom gejok het.

Thinus Erasmus ·

Daar was die afgelope tyd baie klagtes van kommentators, wat beide Afriforum en Solidareit daarvan beskuldig dat hul geweier het om sake van hul lede te verdedig. Dit is vir my as lid onrusbarend en ek verwag ń verduideliking van AF en Sol.
Ek hoop nie daar is ń tendens by ons organisasies om uit te soek wie se sake dalk negatief vir hul beeld blyk te wees en dit summier af te keur nie.
ń Lid is geregtig op verteenwoordiging en ñ billike verhoor.
In hierdie geval hoop ek hul dat hul poging sal slaag.

KietieKat ·

Henk ek lees die regter se dis menslik om jouself te weerspreek.
Dalk het die regter ook menslik opgetree en homself weerspreek.
Arme arme regter hy weet van die woord weerspreek maar weet nie wat dit beteken nie.
Arme arme regter

Chris ·

Dis hoekom die doodstraf afgeskaf is, hulle maak te veel foute en is onbevoeg.

Gert ·

Baie dankie Afriforum vir al julle wonderlike werk. Ek dink enigiemand met ‘n halwe brein het geweet daardie “getuie” lieg deur sy ore, hierdie was die ergste onreg wat ek ooit gesien het, en baie kommentators op Maroela het hierdie arme mans genoem “veroordeelde moordenaars”. Lyk my maar min mense in hierdie land het meer as halwe breine.

Chris ·

Wil hy nou vir my beduie dat dit menslik is dat presidente ook foute maak, korrup is en hulself verryk.

Johan ·

Ek wonder of die regter ook nie meskien ook omgekoop is soos in oscar saak nie. Sal my nie verbaas nie.

Johanna Botha ·

Die mense lieg en kyk wat gebeur …ek sien n groot eis ….en gaan die media dit asb regstel …PATETIES !

madels ·

Ek is so bly dat hierdie saak nie net daar gelaat word nie. Hierdie twee manne is onskuldig en die rasse haat het hooggety gevier, laat ons nou sien wat gaan gebeur. Die regter moet aangekla word en amp ontneem word omdat die regter geweet het wat die waarheid is maar rassehaat hierdie regter gedryf dat die twee mans skuldig bevind het op n leuen.

Annelize ·

Hoe kan die vonnis verrigtinge voort gaan as dit ñ volslae leuen was wat veroorsaak het dat hulle skuldig is.

Callie ·

Kan die witman net nie eenvoudig almal wat ondersteun, dankbaar wees nie. Magtag, baklei teen die wat alles vernietig. Nou wil jy kommentaar lewer teen iemand wat wil help. Jy dink nie veel verder as die wat oor elke ding wil staak en afbrand nie

HPV ·

Dan is daar mense wat die doodstraf in die hande van so patetiese regstelsel wil plaas! Dink nie so nie…

HPV ·

Dan is daar mense wat die doodstraf in die hande van so patetiese regstelsel wil plaas! Dink nie so nie…
Ek hoop ons grondwet onderhandelaars sien nou waaraan ons uitgelewer is.

Adrian ·

Mense hou op om almal wat wil help te kruisig staan tog eemmaal saam. Die vlieg in die salf is regter Hendricks. Hy het als binne sy mag gedoen om die twee in die tronk te hou tot hul borg geweier Pakisie se leuens aanvaar en die twee manne skuldig bevind. Vanoggend moet die regsverteenwoordiger van twee manne eis dat Hendricks onttrek moet word en dat die hele saak van vooraf moet begin met n eerbare regter wat duidelik en regverdig die saak aanhoor … #hendricks must fall

Hanna Hoekom ·

Ek sal graag wil weet WIE sit agter hierdie liegstorie? WIE het hierdie pateet n huis belowe? Verder moet die staat se vergoeding verder strek as net die twee boere: daar is mense wat huise en besighede agv die onluste verloor het! Sou ook graag wou weet of die misdadiger se familie nou hul pasella-huis gaan kwyt wees? Daar sou blykbaar n straat ook na die jong krimineel vernoem word…

HPV ·

Altyd stil, doodstil as dit by wittes se welsyn kom. Het ‘n patetiese ou partytjie geword.

madels ·

kan hier nie n liedjie geskryf word deur Steve Hofmeyer nie? Die hele liedjie kan geskryf word oor die wit mens wat deur regters ge-oordeel word en valse getuienisse GLO. Kom Steve Hofmeyer, hierdie twee mense is nie die enigste twee wat hierdeur gaan nie daar is nog ander

Thinus Erasmus ·

Hanna jy kan maar ook verwag dat dieselfde mense wat die getuie beïnvloed het, hom ook nou gaan stilmaak – permanent!

Joe ·

nou sê my …Waar is MMUSI?? Waar is jou jammer?? Malema se darm nog reguit wat hy dink, Mmusi kruip weg en doen dit in die donkerte. DA het my helemal verloor, ek sal eerder nie stem nie

Frans C ·

Die aanklaer ondersoek nie self die saak nie.Hy/sy moet vasstel of die Staat ‘n redelike kans op sukses staan op grond van die getuienis ens wat die ondersoekbeamptes voorlê.

Dit is dus die ondersoekbeamptes wat getuies opspoor en verklarings afneem.Moet dus nie verbaas wees as ondersoekbeamptes gevoel het daar is nie genoeg bewyse nie en toe ‘n ‘ooggetuie’ opspoor om hul saak te versterk.

Was al self in so’n saak betrokke agv ‘n motorongeluk waar die betrokkene self ‘n polisielid was en ‘n getuie omgekoop het om al die feite om te draai.Gelukkig kon ek fotos van die ongeluk toneel neem,die skade aan en posisie van voertuie het duidelik aangetoon dat die sg oogetuie onder meineed gelieg het en is sy getuienis verwerp.

Weet nie wat van die blanke polisieman en swart ‘oogetuie’ geword het.

Jan ·

Ek hoop die liberale pers wat dir twee as rassiste uit gejryt het naak nou n program oor die sogenaamde getuie se regsverydeling rassisme en dwarsboming van die reg. Kommentatirs soos Max du Preez , Kobus Bester en Francis hier is julle kans om te wys julle het ruggraat Ook media 24 en Netwerk 24

Mariana ·

Ek lees die kommentare en besluit dat ek bly is Afriforum wil help. Die twee manner se lewens moet weer aangaan, hoe gouer hoe beter. Die regter en die leuenaar moet natuurlik ondersoek word want daar is definitief iets duister aan die gang. Iewers is ‘n persoon of persone wat agter die skerms hulle toutjies getrek het. Enige regter wat sy of haar toutjies laat trek is onbevoeg. Hulle is mense wat die wet moet ken en ook die regte besluite moet neem, maar in SA is dit deesdae ‘n rare verskynsel. Ongelukkig is wittes in die spervuur en word oral valslik beskuldig en onnodig swaar gestraf. Tyd vir op- staan en sê genoeg is genoeg.

Pote ·

Maak dit regtig saak wie wil nou help. Laat hulle hul regsspanne bring en saam met sie huidige span werk. Betaal ook hul regskostes tot nou.
Die hulp oorheers nou die meineed. En dit is wat gebeur. Meineed sodat lang tronkstrawwe gegee kan word is in orde, moet net nie die onskuldiges will help nie.

Dries du Toit ·

Aan al die kritici van Afriforum en Solidariteit. Toe hierdie saak die media getref het was dit in my sosiale kringe wyd bespreek. 80% van bykans al die bogemiddelde intelligente mense het hierdie twee manne verdoem en gereken daar is geen uitkoms vir hulle nie. Hulle sienings was gegrond op inligting wat deur die media verkry was. Later van tyd het 10 % hulle gevolgtrekking begin verander. Toe die onlangse inligting van Pakiso vorendag gekom het het 99% nou totaal omgeswaai en glo hulle nou dat die twee manne onskuldig is en dat hulle n baie goeie kans staan om vry gespreek te word. Wie is ons om Afriforum te verguis omdat hulle NOU wil help

SêNet ·

Wat vir my erg kommerwekkend is dat daar soveel ander mense in Coligny as gevolg van die saak skade gekry het. Mense wat absoluut niks met die twee mans te doen gehad het of hulle geken het nie, se besighede en huise was afgebrand. Wie gaan pa staan vir die skade?

Peet ·

Nou waar is almal wat so aanhoudend “bring die doodstraf terug” skreeu?? Verstaan julle nou?

Lizl ·

Vreemd, in die begin van die saak het die mense hul tot Afriforum gewend, die 1 man was `n betalende lid. Hulp was hulle geweier… Nou swoop hulle in soos hero`s en kom help. Hulle kon dit 18 maande terug al gedoen het, dan was hierdie mense baie trauma gespaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.