Afrikaans stééds nie inheemse taal

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys (30 Junie 2021) (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Afrikaans word steeds nie as ’n inheemse taal erken nie.

Dít is duidelik uit ’n onlangse geskrewe antwoord van dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, op ’n vraag van die DA oor wanneer ’n aangepaste definisie wat Afrikaans as inheemse taal sal weerspieël, in die Staatskoerant gepubliseer gaan word.

“Mettertyd, waarskynlik in die eerste helfte van hierdie jaar,” was die minister se gewraakte antwoord op die vraag.

Die minister hou dan ook vol dat sy beleidsraamwerk vir taalgebruik in hoër onderwys nié teen Afrikaans as een van die land se inheemse amptelike tale diskrimineer nie.

Dít volg nadat Blade Nzimande het in 2020 ʼn nuwe beleidsraamwerk vir taalgebruik in hoër onderwys bekend gestel het waarin slegs “Suid-Bantoetale” as inheems aan Suid-Afrika erken word.

Afrikaans, asook die Khoi- en San-taalfamilie, is as sogenaamde uitheemse tale in dié beleidsraamwerk geklassifiseer.

Die DA spook sedertdien om Nzimande sover te kry om te erken dat ʼn aanpassing van die definisie nodig is om Afrikaans as inheems te erken. Die minister het gevolglik in November verlede jaar aangedui dat ʼn aangepaste definisie wat Afrikaans as inheemse taal sal weerspieël, in die Staatskoerant gepubliseer sal word.

Dit is etlike maande later en geen aanpassing is al gepubliseer nie.

Dr. Leon Schreiber, DA-LP en die party se kiesafdelingshoof in Stellenbosch, sê nou die minister se jongste antwoord bevestig bloot dat Afrikaans steeds nie amptelik as inheems erken word nie.

“Nzimande se antwoord is ook strydig met sy eie departement se regsmening, wat bevind het dat die uitsluiting van Afrikaans uit die definisie van inheemse tale inderdaad strydig is met die Grondwet.

“Minstens kon ons hom nou dwing om ʼn tyd te spesifiseer vir die wysiging.

“Hy kan maar weet dat ons nie sal rus totdat Afrikaans regmatig as ʼn volwaardige inheemse taal erken word nie,” sê Schreiber.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Marius ·

Die haat vir die taal van die ou verdrukkers is steeds sterk onder die oues.

philippus ·

Koi en San is die oorspronklike eienaars, eerste inwoners. Van al die tale is dit die inheemste en moeder taal van SA

Lourens ·

Eienaars waarvan? Daar was geen eiendomsreg konsep in hulle bestel nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Koi en San is al vir duisende jare woonagtig in die Noord Kaap.

Truman Burbank ·

Ek is trots afrikaans, maar die taal is nie suiwer nie. Daar is duits, hollands, maleis, ens ens.

Lourens ·

Soos mense hom deesdae praat, moet jy die Engelse woord ken om die (kamtige) Afrikaanse een te verstaan. Om nie eers te praat van die mengelmoes Engels in Afrikaanse gesprekke nie.

Truman Burbank ·

As jy ooit die woorde piesang, blatjang of venster gebruik het, onder andere, het jy maleise woorde gebruik

Henry ·

hulle kan die engelse nie verdra nie maar maar engels moet hulle praat

Johan ·

Afrikaans sal ek besig tot my dood toe hier op aarde, daarna is dit n hemelse taal … so wat maak dit saak wat “Lem” dink of doen .

Blomkind ·

Maar Afrikaans kan dan n paar lekker knoop woorde gebruik word…En nie almal verstaan die knoop woorde so mooi nie…

Wielspore ·

By die huis praat ons afrikaans, by die werk engels, as ons besigheid doen is dit of afrikaans of engels. My huistaal val lekker op my tong en basta met enige iemand wat my taal wil weg vat.

Phillip ·

hier by my werk is dit nie eers engels nie hulle taal die hele dag lank so ek luister radio Pretoria en lees MM wat hulle se traak my min

marius ·

Hy haat die Afrikaner nes sy kader pelle en hy is ‘ n kommunis wat leef soon ‘n koning op kapitalisme .

Fluisterwind ·

Ken niemand hul geskiedenis? Toe Jan Van Riebeeck in 1652 aan die Suid-punt van Afrika voet aan wal gesit het was hier geen inheemse volke. Net nomadiese trek groepies. Afrikaans het hier ontstaan nêrens anders. Wys nou vir my waar op hierdie liewe aardbol praat mense Afrikaans as ‘n inheemse taal (en Flaams is nie Afrikaans nie) anders as aan die Suid punt van Afrika.

Althes ·

Presies. Volgens wetenskap wat bloedgroepe uiteensit het mense gemigreer (ons voorouers) uit Afrika en weer teruggekom.

Papsak ·

Hoekom altyd pik op afrikaans dit is my taal en ek sal hom hoog hou skiet my af as julle wil ek weier om engels of swarttaal te praat elkeen het sy reg op sy taal staan op teen GOD as jy n man is en se hy moet afrikaans verwyder toe AFRIKAANS bly KONING se wat julle almal wil

Harley Davidson ·

Minderhede het geen bestaansreg volgens hulle nie ,n onafhanklike tuisstaat is al wat kan en gaan werk .

Hennie Biebouw ·

Gun hom sy oomlik van glorie. Hy is immers deel van ‘n groepsmentaliteit wat nie skroom om die land af te brand, net sodat hul oor die as kan regeer. Hy weet hoe pateties hul is….

Riaan ·

Daar is nie baie tale wat deur die jare to so mate gegroei en ontwikkel het tot ‘n taal waarin jy hoogs gevorderde studie rigtings kan aanbied nie. Afrikaans het dit reggekry, en dit is ook die rede hoekom jy literêre meesterstukke sal vind wat in Afrikaans geskryf is. Dieselfde kan van geen van die ander tale in Suid-Afrika gesê word nie

Strandloper ·

Oooo die jaloesie ne! Dit gebeur as jy niks op aarde in jou eie taal kan vermag nie…

Nie Verbaas ·

DA, as jy nou nog nie weet hoe onnosel, korrup en rassisties ons regering is nie sal jy nooit weet nie.

Truman Burbank ·

En as jy nog nie weet dat politiek net n speletjie is wat vir die goyem gegee word nie, sal jy dit nooit weet nie

Marius ·

Ek kan regtig nie help om te wonder wie is die rassiste in die land op die einde nie.
Maar dit is die Afrikaans sprekendes wat die agter geblewe kinders moet help met broodjies en klere en wie weet wat nog.
Dit is hoekom ek reken elkeen vir hom self.

Piet parys ·

Dis nie nodig om Afrikaans te erken nie . In Suid Afrika praat mense Afrikaans . In Duitsland duits, in Engeland engels, Frankryk frans so wat soek hy dan hier . Samaiya vat jou goed na jou kaia. Hamba ……klaar gepraat .

Althes ·

Suid Afrika moet wakker skrik. Volgens wetenskap is die oudste mens gevind in die wieg van die mensdom in SA. Volgens wetenskap is bloedgroep O die oudste bloedgroep en het sy oorsprong van Afrika.
Wat beteken dit als?
Suid-Afrika is nie eksklusief vir sogenaamde Afrikane nie.
Inteendeel ons land behoort aan die ganse mensdom.

Vexed ·

Hulle moet net sê waarvandaan Afrikaans kom. Ek sal met graagte soontoe gaan. Kan net ‘n lekker plek wees!

Truman Burbank ·

Jy gaan gesplete persoonlikheid nodig he. Duits, hollands, bietjie engels, baie maleis, hier en daar frans.

Alana ·

Gelukkig was, is en sal Afrikaans altyd ‘n inheemse taal wees en is Nzimande se hardnekkige ontkenningvan die feit slegs ‘n bewys van sy ideologiese ingesteldheid en kwaadwilligheid jeens die taal en haar sprekers. Die taal se status hang nie af van ‘n minister nie, maar van linguiste se wetenskaplike ontleding, met amptelike bevestiging deur die hoogste hof in die land, die Konstitusionele Hof. Laasgenoemde het dit duidelik onderstreep in die uitspraak in die saak van AfriForum teen Unisa se taalbeleid.

Wat tragies is, is dat selfs indien hy dit in die taalbeleidsraamwerk vir openbare tersiêre instellings regstel, dit nie ‘n beter posisie vir Afrikaans gaan skep nie. Ongelukkig is die openbare instellings almal nou feitlik ten volle eentaling met die gebruik van die uitheemse taal, Engels. Dankie tog vir instellings soos Soltech en Akademia.

Republikein in die Wes Kaap ·

En jou belastinggeld finansier die openbare instellings, maar jou kinders is nou tweedeklas bywoners.

Marthinus Johannes ·

Snaaks dat sommiges vergeet dat die Zulu’s n paar jaar gelede hulle 200ste bestaans jaar gevier het dat hulle 163 jaar na Jan van Riebeeck die land ingekom het (gemigreer van middle Afrika weskus Langs. Toe was Afrikaans reeds daar en die San en Koi San was ook reeds feel van Suid Afrika. Afrikaans is hier gevorm. Wonder net watter taal is nou eintlik uitheems.

Marthinus Johannes ·

Hulle is bereid om hul eie taal prys te gee en ALLES in Engels te down in HUL poging om Afrikaans uit te roei.

Ettienne ·

Afrikaans is hoofsaaklik ‘ n europese taal. Dit het slegs in Afrika vervorm uit Nederlands, Frans en enkele ander inheemse tale. Afrikaans se wortels is germaans. Om Afrikaans te gebruik kan deue gewone artikels in die grondwet beskerm word. My taal is nie ‘n “Afrika” taal nie. Daarop is ek trots.

WILLEM ·

Afrikaans is ons moedertaal en sal so bly!! Afrika tale kom vanaf Afrika, en verdien ook respek net soos Afrikaans. Hoekom word daar altyd iets gesoek teen ons blanke gemeenskap. Regstellende aksie beteken om te vat wat ons nie kan verdien nie. begin eerder ons land te bou tot ‘n beter plek as tans.

Phil ·

Afrikaans is net so inheems, indien nie meer nie, as enige van die ander amptelike tale behalwe miskien Khoisan. Dis ‘n anti-wit agenda. Miskien moet hulle sommer Engels ook afskaf, dan sien ons hoe vorder die land op die wêreldverhoog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.