Luister: Afrikaanse skole ryg onderskeidings in

Die Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria het die meeste onderskeidings tydens die 2021-matriekeksamen behaal. Dit sluit die Wes-Kaap se uitslae uit. (Foto: Facebook)

Afrikaanse skole in Pretoria het ondanks die Covid-19-pandemie gewoeker met die skryf van die 2021-matriekeksamen en die topvier plekke vir skole met die meeste onderskeidings landwyd ingeneem. Dit sluit nog nie die uitslae vir skole in die Wes-Kaap in nie, aangesien dié uitslae eers Saterdag bekendgemaak word.

Die Afrikaans Hoër Meisieskool het altesaam 850 onderskeidings losgeskryf, gevolg deur Hoërskool Menlopark (845), Hoërskool Garsfontein (803) en Hoërskool Waterkloof (763). Westville Girls High in KwaZulu-Natal het die vyfde meeste onderskeidings (629), gevolg deur Hoërskool Eldoraigne in Centurion (546), Durban Girls High in KwaZulu-Natal (545), St John’s College in die Oos-Kaap (532) en Afrikaans Hoër Seunskool (529), ook in Pretoria.

Die vakke waarin die meeste onderskeidings landwyd behaal is, is lewensoriëntering (51 217), isiZulu (huistaal) (15 652), lewenswetenskappe (12 326), besigheidstudies (11 499) en geskiedenis (10 533).

Lize-Marie Oelofse (18) en Riegardt Denysschen (18), oudleerders van Hoërskool Waterkloof, het onderskeidelik ses en tien onderskeidings tydens die 2021-matriekeksamen behaal. (Foto: Mariska Nanni)

Altesame 6 373 onderskeidings is vir wiskunde behaal, 8 059 vir wiskundegeletterdheid en 79 vir tegniese wiskunde. Altesaam 4 404 matrikulante wat Afrikaans as eerste addisionele taal gehad het, het ʼn onderskeiding behaal, terwyl 1 481 onderskeidings vir Afrikaans as huistaal en 113 vir Afrikaans as tweede addisionele taal behaal is.

“Oorstelp van vreugde”

Marna Jordaan, hoof van Afrikaans Hoër Meisieskool, sê sy het ongelooflike respek vir haar personeel en verlede jaar se matrieks wat uitnemend in uiters moeilike omstandighede [tydens die Covid-19-pandemie] presteer het.

“Dit is besonder goeie uitslae en ek is eintlik oorstelp van vreugde.

“Ek is gevul met dankbaarheid vir die bydrae wat die matriekklas van 2021 in die ekonomie gaan maak. En daar waarheen hulle nou gaan en waar hulle hul studies voortsit, weet ek hulle gaan ʼn verskil maak.”

Chris Denysschen, hoof van Hoërskool Waterkloof, sê die skool is ongelooflik trots op sy matrieks en dat hulle ook na goeie uitslae in 2022 uitsien. Dit is ook die 32ste jaar wat dié skool ʼn 100%-slaagsyfer het.

Prestasies “ʼn wonderwerk”

Drieling Anel, Ruan en Michelle Zehnder (18), oudleerders van Hoërskool Waterkloof, het 12 onderskeidings onder mekaar verwerf. (Foto: Mariska Nanni)

Denysschen se seun, Riegardt (18), het ook  aan die Hoërskool Waterkloof matriek behaal en self goed gevaar deur 10 onderskeidings los te skryf. Hy hoop om ʼn aktuaris te word en gaan vanjaar sy studie by die Universiteit van Pretoria (UP) voortsit.

Riegardt sê hoewel Covid-19 beslis ʼn “kinkel” in hul matriekjaar was, het leerders wat hard gewerk en deurgedruk het, nou die vrugte van hul werk gepluk.

Drieling Anel, Ruan en Michelle Zehnder (18) het 12 onderskeidings onder mekaar verwerf. Die sibbe het ook groot drome vir hul toekoms.

Michelle beplan om medies te studeer en is tans by die Universiteit Stellenbosch ingeskryf, hoewel sy op UP se waglys is – waar sy eintlik graag wil studeer. Anel gaan BA Regte by UP studeer, terwyl Ruan sy doelwit om ʼn vlieënier te word, gaan najaag.

Die skool se hoofmeisie van verlede jaar, Christine Geertsema (18), sê sy is ongelooflik trots op elke matrikulant in die land, veral gegewe die uitwerking wat die pandemie sedert dié groep se gr. 11-jaar op leerders gehad het.

Hoërskool Waterkloof se hoofmeisie van verlede jaar, Christine Geertsema (18), sê sy is ongelooflik trots op elke matrikulant in die land. Sy het vyf onderskeidings behaal. (Foto: Mariska Nanni)

“Om net in die omstandighede van die afgelope twee jaar te kon deurkom, is ʼn wonderwerk.”

Christine het self vyf onderskeidings behaal, ondanks menige uitdagings met haar gesondheid oor die afgelope twee jaar. Sy beplan ook om haar studie in ʼn mediese rigting voort te sit, hoewel sy nog nie seker is waar sy gaan studeer nie.

Kristen Erasmus (18) en Nadia Schmidt (18) is as die skool se toppresteerders aangewys. Dié slimkoppe het onderskeidelik nege en tien onderskeidings elk behaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Harley Davidson ·

Dissipline en leierskap jy kan dit net nie klop nie ongelukkig wil die regering nie hulle diskriminernde wette teen huidige benaadeelde minderhede skrap nie.

Wielspore ·

Ek stem gedeeltelik met jou saam, maar persoonlike sukses word nie geraak deur regerings beleid.

Wielspore ·

Soos Esmé Euvrard altyd gesê het, “So maak mens”
Knap gedaan in Afrikaans, julle kan trots op julle self wees!

JL ·

Welgedaan. Alle voorspoed vir die toekoms.
Wiskunde en Wetenskap bly ‘n tameletjie

Richard ·

En dit is hoekom die cANCer regering so hard probeer om die Afrikaanse skole tot niet te maak. Hulle wil he alle skole moet ewe middelmatig wees. So voeter hulle alles op waaraan hulle raak.

Delilah ·

Absoluut!! wag ou MAL ema gaan nou weer sy toys uit die kot gooi

Vernon ·

En nog steeds wil die ANC ons AFR skole vernietig…jaloesie!!!

JM ·

Die Afrikaner het hom nog nooit laat onderkry nie, nie deur die Engelse nie en beslis nie deur die korrupte jaloerse ANC nie.

Raadsman ·

Hoekom is daar so min onderskeidings vir Afrikaans as eerste taal en die meeste onderskeidings vir isiZulu. Ek dink die standaarde is totaal en al skeef en dit veroorsaak dat die afrikaners benadeel word met hul gemiddelde %. Sies vir die afrikaanse vraestelle wat so moeilik was, daar is geen rede daarvoor nie!!!!

Douglas ·

Prof.Jonathan Jansen recently signaled his great envy of Afrikaners. He alleges that White success, eespecially Afrikaner success in the matric exams is an attempt to show their superiority and domination. He claims that is the reason Afriforum approached the courts to have the results published in the press.
Instead of criticizing and evincing such gross jealousy of Afrikaner success in the matric exams (and indeed in many other spheres of human endeavour), he would do well to rather encourage others to emulate them.

Jaco ·

Voordat almal nou te bly word: onthou net dat dié “onderskeidings” van deesdae seker gelyk is aan 65-70% in die ou SA se onderwysstandaarde. Dié wat my nie glo nie moet net nie die matriek hersieningsprogramme op DSTV gaan kyk. Dis skokkend hoe maklik alles nou is. Luister ook hoe baie van dié “slim” Afrikaanse leerders Afrikaans praat: dis deurspek met Engelse woorde en uitdrukkings soos “awesome” en “ek love dit” en dan is daar ook die alewige “ek doen”. Onthou ook dat al dié onderskeidings nie ‘n oop pad is na studiebeurse en werk nie. Dáár tel NET die “regte” velkleur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.