Agt plaasmoorde in maand ná ‘Kill the Boer’-hofbeslissing

(Foto: Anja van der Merwe/Maroela Media)

In net meer as ’n maand nadat die gelykheidshof in Johannesburg hof beslis het dat die “Kill the Boer”-lied nié haatspraak is nie, is agt mense op plase in Suid-Afrika vermoor, waarvan die jongste voorval Donderdagaand in Mbombela plaasgevind het. Minstens ses afsonderlike plaasaanvalle is ook dié tyd by die polisie aangemeld.

Dit blyk dat die wreedheid wat met dié moorde en aanvalle gepaardgaan, ook toeneem.

Die Vryheidsfront Plus het Vrydag in ʼn verklaring gesê daar is geen twyfel dat liedere soos “Kill the Boer” en ander opruiende uitsprake mense tot geweld en moord aanhits nie.

“In sy uitspraak in die gelykheidshof het regter Edwin Molahlehi gesê daar is volgens hom nie genoegsame bewyse dat die sing van die lied op haatspraak neerkom nie,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê.

“Dit staan in teenstelling met die feit dat die Mensregtekommissie (MRK) reeds in 2000 op versoek van die VF Plus hierdie slagspreuk tot haatspraak verklaar het. In ʼn polisieverslag van 2003 is ook bevind dat uitsprake van politici mense aanhits tot geweld en dat dit een van die oorsake vir plaasaanvalle en -moorde is.”

Groenewald sê voorts die “slagting van die land se boere kom al oor dekades en die regering verseg bloot om dit tot prioriteitsmisdaad te verklaar, nieteenstaande deurlopende druk van die VF Plus en ander”.

Dr. Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, het Vrydag aan Maroela Media gesê dat die toename in plaasmoorde die argument wat dié organisasie nog heeltyd aanvoer, opnuut beklemtoon.

“Daar is klimaat in die land waarin dit as polities aanvaarbaar beskou word om geweld teen boere aan te hits en te romantiseer. Dit sien ons in uitsprake wat politici maak, veral in liedere soos ‘Kill the Boer’, en dan ook in hofsuitsprake soos dié waar die hof bevind het dat die lied nie haatspraak is nie.”

Roets sê die enigste manier om plaasmoorde en -aanvalle volhoubaar hok te slaan is met ’n holistiese benadering.

“Dit sluit in beter polisiëring en reaksie van die polisie en ’n groter politieke wil om die probleem te pak.”

Volgens Roets verwys dit nie net na ’n politieke wil van die SAPD nie, maar die regering in geheel wat plaasmoorde tot ’n prioriteitsmisdaad moet verklaar.

In sy eie tweeledige strategie om plaasmoorde te beveg beywer die organisasie hom vir ’n beter beleidsraamwerk wat betref die manier waarop die regering op plaasmoorde en haatspraak reageer.

“Selfs nog belangriker is dat mense by hul eie veiligheid betrokke moet raak, onder meer deur te help patrollies ry en veiligheidstrukture in hul gemeenskappe te versterk,” het Roets gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Di ·

Een ding is seker – Hulle het GEEN idee wat die uiteinde van al hierdie plaasmoorde gaan wees nie. Hulle eie mense gaan sonder kos sit, terug kyk en die gevolge van hulle dade moet dra. God slaap nie, daardie dag kom baie vinnig nader!

FJ ·

Dit gebeur in sommige areas. Misdadigers verdwyn net. Dank vader daar word nie berig daaroor. Geen plaasanvalle op buurdorp.

Kobus ·

Hoed moet asb die regter wat ten gunste van die EFF beslis het elke keer saamvat na sulke tonele toe. Sal ook maar seker afhang of TV kameras beskikbaar is aldan nie.

Groen Ghoen ·

Wie gaan op plase oorbly indien dit so voortgaan? Waar is die grootmanne wat die Nuwe SA aangedryf het? Moet ons, die “Boetman” geslag, nou die kastaiings uit die vuur krap?

Nettie ·

Afriforum. Dankie vir als wat julle gedoen het, en probeer het. Maar dis tyd dat julle erken die strategiee werk nie meer nie. Ons MOET nou ander planne begin maak. Net net “same old same old” nie, maar drastiese ander planne. Roep ‘n Volksvergadering. Dis tyd.

KatjieDeKat ·

Ek het in die berig oor Mnr du Toit, n praktiese wenk gegee wat baie lewens kan spaar. Boere sal moet begin om met 3/4 gewapende betroubare wagte op hul plase rond te beweeg, dag en nag. Maar daar word vasgekleef aan my kommentaar, onder moderasie. Iets wat ek baie eienaardig vind.

Joe Olivier ·

“Gelukkig” is dit nie ‘n burgeroorlog nie, want fw en roelfie het dit gekeer.

Frank John ·

Ek dink daai regter het vir homself oog klappe aangesit sodat hy nie kan, wil sien wat gebeur en nou meer gebeur want hy is deel van die bende terroriste wat anargie aanhits. Hy soek saam met sy mede trawante om gaos te bring in die land.

Harley Davidson ·

Dit is om te wag tot kerkvader vir my ‘n nuwe harley bring slaan terug is al uitweg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.