Agt sterf in trompop botsing

Argieffoto

Vier mans en vier vroue is Maandagmiddag dood in ʼn trompop botsing op die R316 net buite Napier in die Wes-Kaap.

Kenny Africa, woordvoerder van die Wes-Kaapse verkeerspolisie, sê die ongeluk het naby die Mierplaas-plaas gebeur. Nog ʼn man is ernstig beseer.

Volgens Africa is nooddienste tans op die toneel en is die pad in albei rigtings gesluit. “Ons versoek motoriste wat tussen Bredasdorp en Caledon reis om asseblief geduldig te wees en indien moontlik van ʼn ander roete gebruik te maak,” sê hy.

Polisiebeamptes en verkeersbeamptes is op die toneel om die verkeer te herlei.

Meer inligting oor die botsing was nie onmiddellik bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Snoopie ·

Ek lees in n ander berig. 34 vas vir dronkbestuur, 24 vas vir spoed! Trompop botsings soos die is die gevolg daarvan. En mag ek byvoeg, nerens ter Wereld is trompop botsings so algemeen as in Suid-Afrika, nerens!!

IK ·

Jy is reg Snoopie. Trompop botsings is algemeen wat my alreeds jare gelede genoop het om te versoek vir ‘n nuwe padreël nl. wie moet uitswaai ( van die ryvlak afry) om ‘n ongeluk te vermy, natuurlik die oortreder! Ek het dit gehad waar die beesblaas langs my was met verbysteek en toe heeltemal aan (sy) verkeerde kant vd pad op die skouer tot stilstand
gekom het om aankomende verkeer te vermy.
Jy as motoris se enigste hoop is om oplettend asook nie vinnig te ry sodat jy betyds op jou kant kan tot stilstand kom. Ek weet want ek het dit alreeds ‘n paar keer moes doen.

Die Skim ·

Swaak verkeersbestuur en wetstoepasing is die grootste oorsak van streftes – teveel manne krag word aan padblokkades afgestaan met die gevolg is daar geen patrollie voertuie wat die paaie dek nie – as daar byvoorbeeld 100 beamptes vir padblokkades toe geken word op n 8uur skof bly niks oor om die ander 16 uur van die diens te doen nie – laat beamptes tussen die verkeer beweeg en haal uit die vrot bestuurders op ons paaie – maar dis meer n vertoon sessie wat nie regtig slaan krag het nie -raak ontslae van die ou hout en kry nuwe bloed in wat n oplossing het en voorsien eerder as nasorg doen – jy kan nie n verkeershoofde wees en n media woordvoerder wees nie betaal jou by jou werks beskrywing

Paul ·

Hierdie simpel regering wat dit so hoog op het oor verkeersveiligheid het mos toegelaat dat motoriste links in die geelstreep gebied bestuur sodat ‘n ander verby kan steek. Die een wat verbysteek het nie ‘n probleem wie van vooraf kom nie, solank hy net verby kan gaan. In die nuwe verbeterde SA het motoriste mos vergeet om hulle flikkerlig aan te skakel wanneer dit veilig is en dan regs te beweeg en verby te steek. Almal wil net reguit jaag en jy wat voor is moet net aftrek.SIEK

JohanL ·

Ek dink wat Skim skryf is deel van die probleem maar nie die oorsaak nie. Die werklike oorsaak is dat te veel mense GEEN respek het vir ander mense en padreels nie. Teoreties en ek herhaal teoreties, sal geen verkeersmense nodig wees as almal mekaar net respekteer en die padreels gehoorsaam en daarby ook dink wat hulle doen. Die minderheid ongelukke (glo ek) is te wyte aan ‘n band wat bars of motor wat gly.

Nettie ·

@JohanL – jy leef in ‘n droomwêreld. “Respek vir mekaar” is ‘n ideologie in SA. Waar kan ons verwag dat daar wedersydse respek vir mekaar moet heers op Suid-Afrikaanse paaie, as daar nie eens wedersydse respek vir mekaar heers in die dag-tot-dag-bestaan van die meeste Suid-Afrikaners nie? As daar nie eens respek is vir ander se eiendom en lewens nie, hoe kan ons nog verwag dat ‘n sekere groep (die meerderheid) respek vir ander sal hê op die paaie?

Innige simpatie en meegevoel aan die naasbestaandes en vriende van die oorledenes.

AH ·

Dit is ongelukkig so dat die woord respek en die betekenis daarvan uitgesterf het. Ongeduld en minagting van die wette het dit vervang. Elkeen glo dat dit sy/haar reg is om die reëls te oortree want dit is vir ander mense bedoel want hy/sy is te besig/haastig om hulle aan sulke onbenullighede te steur. Voordat mense nie hierdie houding verander nie, sal geen wetstoepassing die dood op ons paaie verminder nie. ‘n Week gelede het ek in Adderleystraat Kaapstad gery. Dit was buite spitsverkeer, maar my mond het oopgehang oor die hoeveelheid mense wat doodeenvoudig die Rooi verkeersligte ignoreer en ry wanneer hulle wil, soos hulle wil. Twee van die “oortreders”was van die MyCity Busse! Een bus een van die eksta lang “buigbare” busse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.