Agterdog oor Zuma se reis na Rusland

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Jerome Delay / POOL / AFP)

Oudpres. Jacob Zuma se skielike besoek aan Rusland om glo mediese ondersoeke te ondergaan, is uit sommige oorde met groot agterdog begroet.

ActionSA sê Zuma moenie probeer om aanspreeklikheid en sy moontlike terugkeer tronk toe te omseil nie.

Maroela Media het vroeër berig die oudpresident se besoek aan Rusland kom in dieselfde week wat die Konstitusionele Hof die departement van korrektiewe dienste (DKD) se aansoek om verlof tot appèl teen ʼn hofbeslissing dat Zuma moet teruggaan tronk toe, met koste van die hand gewys het.

“Dit is uiters verdag dat oudpres. Zuma ʼn dag nadat die Konstitusionele Hof beslis het dat hy na die Estcourt- korrektiewe sentrum moet terugkeer om sy tronkstraf te voltooi, skynbaar na Rusland gevlug het om mediese hulp te soek,” sê Herman Mashaba, president van ActionSA.

Volgens Mashaba het Zuma lank dieselfde Stalingrad-taktiek gebruik, soos om tussentydse regstappe te doen of mediese redes aan te voer, om te verhoed dat hy vrae by die staatskapingsondersoek beantwoord of dat hy tronk toe gaan soos die howe beslis het.

“As ʼn party wat glo in die oppergesag van die reg, vra ActionSA dat die uitspraak van die Konstitusionele Hof gehandhaaf word en dat Suid-Afrikaanse wetstoepassers die nodige stappe doen om te verseker dat Zuma nie aanspreeklikheid vryspring nie.

“Ons kan nie toelaat dat Zuma anders as ander Suid-Afrikaners behandel word deur regsprosesse herhaaldelik te ontduik en die grondwetlike demokrasie te ondermyn nie.”

Mashaba sê Suid-Afrika se regstelsel het een van die laaste oorblywende onafhanklike liggame geword wat die reg handhaaf.

“Niemand moet dus toegelaat word om dit te ondermyn nie. ActionSA glo dat dreigemente van geweld weens ons regsprosesse beslissend hanteer moet word.

“ActionSA sal voortgaan om gebeure rakende pres. Zuma se inhegtenisneming dop te hou om te verseker dat Suid-Afrikaanse wetgewing nagekom word. Ons sal nie huiwer om bykomende stappe te doen nie,” sê Mashaba.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Amelia ·

Seker tronkstraf siekte of kannie meer korupsie pleeg siekte shame man

Ferdi ·

Ek is seker dat hy is 1942 se wegkruipertjie-wenner… as die hitte te veel raak, hardloop hy weg en “speel nie meer saam nie”

Johanncb ·

Dit wys net hoe min vertroue hy in Suid-Afrika se gesondheidstelsel het!

007 ·

Ja hy misbruik die regstelsel al vir 30 jaar, maar ons kan dit nie toelaat nie. Word wakker.

Rooi rissie ·

Die vraag bly egter: Wat maak hom so spesiaal om van Rusland se gesondheids dienste gebruik te maak as hy dan net n normale Suid-Afrikaanse burger is soos ek en jy? Hoekom kan hy nie na sy streek se government hospitaal toe gaan nie? Ek dink hy mislei die pers deir om valsse inligting te gee. Gaan soek hom in Nkandla hy kruip daar weg.

Lubbe ·

Hy is nie siek nie, hy het gevlug of soos jy se daar word vir ons gelieg.

Jacobus ·

Watter ander land laat ‘n krimineel wat onder vonnis staan landuit laat gaan?

kragaap ·

Geen agterdog nodig nie hy vlug daarnatoe on nie tronk toe te gaan nie….nou is hy kamstig dood siek.

Gaitsigubib ·

Hy wil dalk sien in watter mate hy ondersteuning sal he vir sy faksie. ANC verloor steun en almal hou hulle opsies oop. Malema doen dit al lankal en almal sit en slaap wanneer hulle hom so kwaai onderskat. SA kan maklik in n behoorlike anargie verander en dan gaan mens taaier as teflon moet wees.

My siening ·

Vraag? Word kriminele op parool se paspoorte nie beslag op gelê? Nee nie as jy n geslepe kader is onder korupte ANC flag! Putin en hy gaan golf speel! Geen respek vir die regstelsels in die diktatorskap van ANC 30JAAR!

Sê maar net ·

Speletjies om tronkstraf te omseil. En niemand mag weet wat nou weer “kamtig fout” is nie. ANC laat dit toe. Terwyl hy wag op vonnisoplegging. Hoekom is sy paspoort nie gekonfiskeer soos alle ander oortreders nie? Voorkeurbehandeling. Belastingbetalers dok op vir al die “behandelings” oorsee en hy trek ‘n Stalin-grad. Lekker gratis vakansietjie in Rusland…..

Wondermaarnet ·

Kry ‘n lasbrief en neem hom in hegtenis sodra hy sy voete in SA sit.

JohanR ·

Hoekom is die ou se paspoort nie weggeneem? Elke ANC kader beskerm die ou. Daar is nou geen Arthur Fraser soe as Zuma weer sy voete in die land sit kan net hoop dat hy dan sy 15 maande uitdien.

Frank ·

Die rot wat ek ruik, is dat die uitspraak aan hom uitgelek is en/of die uitspraak teruggehou is tot hy sy reelings kon tref en DIT is baie meer ergstig en verdag want dit impliseer onbehoorlik invloed in of op die konsititusionele hof

Koen ·

Los die ou man uit. Hy lag vir almal en geniet die aandag. Ou Louis Liebenberg en sy beleggers sal vir zuma sorg. Besef dit nou vir eens en vir altyd. Zuma sal nie ‘n minuut in ‘n tronsel sit nie.

Andre ·

Shame, die arme man. Hy het darem maar swaar. Ook so siek dat net Russiese dokters hom kan help. Dit moet daai kommunistiese olies en medisyne wees. Word gou gesond ou grootte die tronk wag vir jou.

Papsak ·

Hulle hoor hy moet terug tronk toe maar hulle laat hom onder hulle neuse rusland toe vlieg pateties

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.