Agtjarige se liggaam agter kerk gevind

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SAPD/Facebook)

Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe op Bethlehem in die Vrystaat het Woensdag ʼn 27-jarige man vir ondervraging ingeneem ná die liggaam van ʼn agtjarige meisie agter ʼn kerk aangetref is.

Sy is glo verkrag voordat sy vermoor is.

Volgens AO Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, word beweer dat die agtjarige Maandag omstreeks 12:00 die huis op haar eie verlaat het.

“Haar ma was onder die indruk dat haar dogter met haar maats gaan speel het totdat sy laataand – omstreeks 22:00 – besef het dat haar agtjarige nie teruggekeer het huis toe nie. Sy het die polisie in kennis gestel en haar dogtertjie as ’n vermiste persoon aangemeld.”

ʼn Inwoner het egter Dinsdag op die meisie se liggaam in ʼn oop stuk veld agter ʼn plaaslike kerk afgekom en die polisie ontbied.

“Die polisie en nooddienspersoneel het die agtjarige met hul aankoms op die toneel dood verklaar. Sy het kneusplekke aan haar nek opgedoen en die moontlikheid van verkragting is waargeneem.

“’n Saak van moord en verkragting word ondersoek,” sê Mophiring.

Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die verdagte kan lei, kan Bethlehem se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe by 082 338 7760 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

bolletjie blom ·

Nou hoe kom die ma eers tienuur die aand agter haar agt jarige dogter is nie by die huis nie. Mens moet mos ten alle tyd weet waar jou kind is. Baie hartseer.

Mariana ·

JA vra Ek ook watse kind van daai ouderdom Bly inelkgeval so last op straat
Dis baie baie gevaarlik DA buite Vir enige iemand.
Sterkte aan die moeder…❤️????

Karoo ·

Daar is baie “wolwe” daar buite, selfs al pas ‘n Ma haar dogter hoe op… hulle vind altyd iemand. Ons weet nie die omstandighede nie, dalk is dit’ n enkel Mama… wat laat werk, sy het onmidelik opgetree en haar as vermis aangemeld. Dis bitter jonk, en ‘n gruwel daad teenoor so’ n jong liggaampie en gees. Rus in vrede en ek hoop die gemeenskap en Polisie maak werk daarvan om die skurk te vind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.