Agtjarige verdrink in rivier in Centurion

(Argieffoto: Hans Braxmeier/Pixabay)

Die liggaam van ʼn agtjarige seuntjie is Saterdag in die Rietspruitrivier naby Thatchfield in Centurion gekry.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê lede van die polisie se soek-en-reddingseenheid en die nooddienste was met paramedici se aankoms op die toneel reeds ʼn geruime tyd besig om die rivier vir enige teken van die kind te fynkam.

Die seuntjie se liggaam is ʼn kort ruk later leweloos in die rivier gevind.

Hy is op die toneel dood verklaar, het Meiring gesê.

Die polisie sal die omstandighede rakende die verdrinking ondersoek.

*Die inligting in die berig is soos deur paramedici ontvang. Maroela Media het intussen verneem dat die voorval in ‘n gryswaterdam by ‘n landgoed in Centurion plaasgevind het. Dié dam loop in die Rietspruitrivier in.

Luidens inligting het die seuntjie en twee maats langs die dam gespeel toe die slagoffer gegly en in die water geval het. Die seuntjies is volgens ‘n reaksiebeampte van die plaaslike GPF van ‘n informele nedersetting etlike kilometers daarvandaan. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Agge nee ·

Nog ‘n verdrinking! Gister drie kleuters verdrink en vandag weer ‘n kind. Leer julle kinders swem en pas hulle beter op. Hulle het net daardie paar sekondes nodig om weg te glip.

Ena1978 ·

Sterkte aan sy familie. Mag die Here julle dra in hierdie tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.