Die akteur en radiopersoonlikheid wat oor die naweek in Pretoria in hegtenis geneem is nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur het, het Dinsdag in dié stad se landdroshof verskyn.
Maroela Media het vroeër berig ʼn 32-jarige akteur is Vrydag in die vroeë oggendure in Sunnyside opgemerk waar hy glo onverskillig met ʼn Jaguar gery het. Hy is op die hoek van Nelson Mandelaweg en Rissikstraat van die pad afgetrek en in hegtenis geneem.
Kapt. Daniel Mavimbela, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die saak is tot 29 Junie uitgestel vir verdere ondersoek. “Die beskuldigde is nie gevra om te pleit nie, hoewel hy reeds aan die hof aangedui het dat hy onskuldig gaan pleit,” het Mavimbela gesê.
Hy is kort ná sy inhegtenisneming op borgtog van R1 000 vrygelaat. Sy borgtog is verleng.
Mavimbela wou nie die akteur se naam bekend maak nie, aangesien die man nog nie gepleit het nie.
Die man is egter deur die Daily Sun as Thato Molamu geïdentifiseer. Molamu het voorheen in die SAUK-sepie Generations gespeel en is op Sondae van 14:00 tot 18:00 ʼn aanbieder op East Coast Radio.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Jinne julle het ook lank gevat om SY naam bekend te maak. EK is bly om te sien die radiopersoonlikhede in SA kry sulke goeie geld .. mooi man .. As dit Steve se seun was of hyself was dit gister al op die voorblad van die Beeld. Joernaliste het maar net geen lojaliteit nie .. hulle sal enigiemand verneder en verkleineer en bykom as hulle kan .. snaaks dat hulle nie SY naam kon bekend maak nie maar ek verbeel my net ‘n rukkie terug was daar iets van Armand (Steve se seun) in die koerante oor soortgelyke insident… Lees meer »
Ag….seker maar net windtie gewees……ons gewone ouens ry mos nie met sulke waens nie.
Ek wonder hoeveel van ons het al van Thato Molamu gehoor. Nog nooit in my lewe nie.
Ag shame – die arme man kon nie die straatligdame optel waarvoor hy gesoek het nie en toe tel die TMPD hom op!
Natuurlik pleit hy onskuldig! Dis mos nie sy skuld nie maar die dop s’n. Wanneer die boer se trekker vassit is dit die trekker se skuld! Onthou ons is in Afrika.