Almal se Sassa nou betaal – Posbank

(Argieffoto: ANA)

Al die Sassa-begunstigdes wat nog gewag het op vandeesmaand se toelaes, behoort nou toegang daartoe te hê.

Volgens Posbank se stelsel is almal geholpe wat twee weke gelede nie hul geld kon onttrek nie weens tegniese uitdagings by die bank.

“Die proses om fondse om te keer sodat dit in die begunstigdes se rekeninge verskyn, is afgehandel,” het dr. Bongani Diako, woordvoerder van Posbank, bevestig.

“Baie Sassa‑gouekaarthouers wat uitstaande toelaes gehad het, kan nou toegang tot hul geld kry deur kitsbanke en kleinhandelaars.”

Altesame 600 000 begunstigdes kon ná ʼn stelselfout by Posbank opgeklaar is steeds nie hul toelaes onttrek nie omdat die stelsel aangedui het dat dit reeds onttrek is.

Posbank moes ʼn handmatige proses begin het om die geld weer in begunstigdes se rekeninge te laat verskyn.

Ntomboxolo Nikki Mbengashe, uitvoerende hoof van Posbank, het vroeër gesê dat boosdoeners egter die proses vertraag het omdat hulle twee keer vir hul toelaes probeer eis het.

Hierdie voorvalle is reeds by wetstoepassingsowerhede aangemeld, en Mbengashe het begunstigdes verseker dat Posbank se stelsel nie bedrieg kan word nie.

Sou daar individue wees wat steeds nie toegang tot hul geld het nie, kan hulle direk telefonies met Posbank se verteenwoordigers in verbinding tree by 0800 53 54 55 of per WhatsApp by 073 806 1631 of e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

marisa ·

Dis die 19de van die maand waarvan het hierdie arme mense tot nou geleef? En einde van die maand is dit seker dieselfde storie! Dis ‘n skande

Kobus ·

En geen MRK bohaai nie maar laat een blanke iets skeef sê is die gort gaar. Die ANC is min gepla oor armoede. Geen kospakkies is nou uitgedeel nie, maar kom verkiessingstyd is hulle rats en dan stem hierdie selfde mense vir hullle om maar net weer in die steek gelaat te word.

Karoo ·

Hiep… hiep…hoera?
Wie deel medaljes uit dat hulle dit nou reg gekry het.

SjN ·

Hoe en wie kwalifiseer jy vir n gouekaart Sassa houer? Is al die toelaes nie dieselfde nie?

JohanR ·

Terwyl die kaders hulself dik elke dag gevreet het, moes baie dae sonder ‘n stukkie kos gaan omdat hulle nie hulle SASSA toelae gekry het nie. Maar die wat nie hulle toelae gekry het nie sal maar weer in 2024 ANC stem.

Janine ·

Dis al die 19de van die maand. Hoe het hierdie mense oorleef tot nou? :/ Almal blameer iemand anders, en intussen sit mense sonder kos. Genugtig!

Andrea ·

Die berig dar Sassa oumens pensioen nou inbetaal is is vals
Ek was so pas by Pic & Pay die geld wys op my Sassa kaart maar as ek wil onttrek is dit onsuksesvol
Ek sukkel al 18 dae en was al by Sassa kantore, Poskantoor klein handel winkels maar niemand kan ny help nie

muffin ·

verander die datum dat almal op 1 ste dag van die maand Sassa ontvang. ons kannie so leef wat na week nie omdat die eerste week of naweek is goeie promotion maar week na is promotion verval en wat verwag sassa kantoor dat armes moet duur betaal om goedes te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.