Amersfoort-plaasmoord: Verdagte dood in selle

(Argieffoto)

Die hoofverdagte in die onlangse moord op die boer Hennie Moldenhauer (58) het glo sy eie lewe geneem kort nadat hy in hegtenis geneem is.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het Donderdagoggend aan Maroela Media bevestig dat ’n verdagte Woensdag in hegtenis geneem is in verband met die moord. Die verdagte is egter Donderdag in die vroeë oggendure dood in die aanhoudingselle aangetref.

Meer inligting rakende die verdagte se inhegtenisneming gister is nie in dié stadium bekend nie.

Hlathi het wel gesê Moldenhauer se twee vuurwapens wat ná sy moord vermis was, is teruggevind.

Maroela Media het vroeër berig Moldenhauer se bakkie het nog geluier toe sy vrou Sondagoggend op sy liggaam langs ’n gestroopte sojaboonlandery op hulle plaas net buite Amersfoort in Mpumalanga afgekom het.

Moldenhauer se liggaam is sowat 10 m van die bakkie met ’n skietwond aan die kop aangetref. Die oorskot van ’n swart hond is sowat 15 m verder gevind. Die dier is ook geskiet.

Daar word vermoed dat Moldenhauer ten tyde van sy moord mense op sy plaas betrap het waar hulle onwettig met honde gejag het.

Die polisie het egter nog nie dié vermoede bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

koos10 ·

Seker besef dat wat JM aan hulle vertel het nie is wat in die werklike lewe gebeur nie. Jy kan vervolg word vir moord op ‘n wit man.

Dries ·

Hierdie drastiese stap geneem om nie sy medepligtiges te verklap nie.

Samuel ·

Baie drastiese stap. Was hy banger vir die gereg as die dood?

ᛄᚪᚾ ·

Bang vir die gereg? Niemand in hierdie land is bang vir die gereg nie, ek en jy inkluis…

Michael ·

Hoekom? Ken jy hom persoonlik.?Weet jy hoekom hy sy eie lewe gevat het?

Karen ·

Is die polisie nie veronderstel om hul werk te doen deur enige iets wat die persoon gehad het weg te neem sodat selfdood nie kan plaas vind nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.