Ammunisie op plaas in Noord-Kaap ontdek

(Foto: Verskaf)

Die polisie op Keimoes het Woensdag inligting van die publiek ontvang omtrent moontlik verdagte en onwettige ammunisie wat op ʼn plaas naby die Lutzputs-pad in die Noord-Kaap begrawe is.

Volgens sers. Timothy Sam, polisiewoordvoerder, het die polisie ʼn operasionele span saamgestel wat bestaan ​​uit speurders, die misdaadvoorkoming- en die K9-eenheid om die gebied te deursoek.

“Die soektog het tot die ontdekking van 350 patrone vir ʼn 9 mm-pistool en 200 patrone vir ʼn ligte masjiengeweer gelei.”

Sam sê die polisie sluit nie die moontlikheid uit dat nog ammunisie en vuurwapens in die gebied versteek is nie.

“Verskeie soekspanne is besig om die gebied te fynkam,” sê hy.

“Geen verdagtes is al in hegtenis geneem nie en die polisie versoek enigiemand wat dalk inligting oor die bron van hierdie ammunisie het om die polisie se teenmisdaadnommer by 08600 10111 te skakel.”

Genl.maj. Luntu Ngubelanga, die waarnemende provinsiale kommissaris, het sy dank teenoor die soekspanne betuig. Hy het ook die publiek wat die inligting aan die polisie verskaf het bedank, “wat verseker het dat onwettige vuurwapens en ammunisie van misdadigers verwyder word”.

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Boerinmurgenbeen ·

Verkwanselde Militêre of Polisie eiendom wat hier gevind is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.