Amy-Leigh gevind: ‘Laat ondersoek sy gang gaan,’ vra polisie

Amy-Leigh de Jager (6). (Foto: Facebook)

Amy-Leigh de Jager (6) het ʼn mediese ondersoek ondergaan nadat sy in die vroeë oggendure met haar ouers herenig is.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat Amy-Leigh, ʼn gr. R-leerder aan die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark, vanoggend gevind is nadat sy Maandagoggend buite dié skool ontvoer is.

Die besonderhede rakende Amy-Leigh se terugkeer is nie in dié stadium bekend nie.

Naidoo vra nou dat die publiek toelaat dat die ondersoek sy gang gaan. “Die ondersoek na haar verdwyning en skielike verskyning duur voort.”

Maroela Media het vroeër berig vier mans het Amy-Leigh klaarblyklik omstreeks 08:00 by haar ma, Angeline, gegryp en in ʼn wit Toyota Fortuner met haar weggejaag.

Hulle het glo haar vyfjarige boetie uit die pad gestamp om haar te gryp. Daar is toe ook berig dat die ontvoerders met Amy-Leigh se pa, Wynand, kontak gemaak het en ʼn losprys van R2 miljoen vir haar geëis het. Die polisie wou dit egter nie bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

173 Kommentare

marlene ·

Ek glo dis omdat die hele land vir haar gebid het en dat God ons gehoor het!!!

Sky ·

Dankie tog sy is veilig! Ek kom gisteraand amper nie slaap hieroor nie. Maar nou lees ek woorde soos “klaarblyklik” en “het glo”..

Lorraine Pretorius ·

Ja Nou wonder ek ook hoekom daardie woorde gebruik?

Alta ·

Die woorde “Klaarblyklik” en “glo” is standaard totdat die berigte bo e
nige twyfel bevestig is.

Cherokee ·

Dit het my ook opgeval, Sky. So asof daar twyfel is oor wat werklik gebeur het. Die belangrikste egter is dat die pragtige kind veilig is.

jaco ·

Engelse pers berig sy is vanoggend 2uur iewers in Vanderbijlpark afgelaai. Mense naby het haar hoor huil en haar polisie toe geneem

Awie jansen van vuuren ·

so gebid dat God haar met Leeu krag sal beskerm om te dink sy was saam met drie of vier mans hoe bang moes sy nie gewees het nie maar ek dink dit die hele land vir haar gebid het toe ek dit hoor het ons onmiddellik begin bid

ST ·

“Die Here is my krag en my beskerming, Hy het tot my redding gekom. Hy is my God, Hom roem ek, die God van my voorvaders. Hom prys ek – Eksodus 15:2” Amen, alle Lof en Eer aan Hom in die hoogste hemele, dankie Abba Vader

Miggie Pelser ·

Dankie Liewe Vader, ons is dankbaar bly sy is veilig tuis.

Landi ·

Met die video wat gister vrygelaat was van die kring telivisie was dit vir my vreemd dat die ma net na die fortuner gestop het, sonder dat daar iets of iemand voor haar was, asof sy net wou he hul moet haar sien voor sy verder ry om te gaan stop. Almal reageer seker maar anders maar as dit my kind was sou ek seker sonder om aan die gevolge te dink hul agterna gesit het. Nietemin ek is bly die meisiekind is veilig, wil nie weet wat deur daai arme koppie gegaan het nie

Karen ·

Jammer vir die wat ek ontstel maar iets aan die hele verdwyn / verskyn klink bietjie dik vir daler. ….. Dis Suiwer God se Genade dat die kind veilig is Alle Eer aan God Elohim

Hannie Pruis ·

Alle eer kom toe aan Jesus!! Loof die Here, prys Sy Heilige Naam!!

Alma ·

Lynette, ek moet met jou saamstem. Iets voel net nie reg nie. My opinie is dat dit iets met iemand in die gesin se binnekringe te doen het. Ek kan verkeerd wees, maar heng dan is dit bitter vreesaanjaend om te dink dat jou kind sommer net “randomly” gegryp kan word.

Elene ·

Siestog sy moes vreesbevange gewees het ongeag omstandighede van ontvoer/terugvind Sy’s in my oë nog baie klein‼️ Los dit maar vir die mense wat dit ondersoek????

Lynette ·

Daar is aan my gesê ek behoort my te skaam….ek braak gal, hulle hoop MY kinders word ontvoer…net omdat ek n ander siening oor die gebeure gehuldig het en nie soos al die ander nie net gebid het en geglo het die kind is deur 4 vreemde mans ontvoer nie – Christene DULD GEEN ander sieninge as hul eie stiksiendigheid nie.

Grens ·

Van die inligting wat mens kry klink iets nie heeltemal reg nie. Hoe het hulle geweet om net haar te gryp, en waar kom hulle dan aan die ouers se telefoon nommers. En dan verskyn sy net weer? ?

Helga ·

Ruik julle alweer ‘n rot. Los dit vir die Polisie soos hulle vra en Dank die Here sy is veilig !!!

·

Grens, maak nie n fout nie. Dankbaar is almal dat sy veilig is. Ek hoop die polisie ondervra haar sonder haar pa en ma. Want engelse berig sê die pa het toevallig buite die polisie stasie vars lug geskep en haar toe gewaar by die twee mense sonder n kar wat haar gekry het. Ek hoop wragtig nie hierdie is wat ek dink dit is of was nie. Maar jy weet die waarheid sal sy weg vind.

Ockie ·

Ek dink een van ouers of albei was betrokke. Ek hoop ek’s verkeerd

Alma ·

Ek moet net sê ek is baie, baie bly die dogtertjie is veilig, ongeag wat die omstandighede mag wees. Op ander aanlyn nuusberigte het hulle gese sy is 2:00 vanoggend net in n straat afgelaai. Maar daar is gelukkig niks aan haar gedoen nie.

Adrian ·

Baie dankbaar …. nou :: hier is iets baie los . Ek reken dit is iemand baie na aan die familie wat agter die ,, snatch” sit en dinge het begin warm word vir die persoon of persone dus laai dieselfde ouens die kind in die straat af volgens timeslive. Hoekom 2 mil eis iemand weet daar is n familielid met geld. Dalk is die persoon n druggie of gulsig …. kom ons kyk hoe die storie besig is om te ontvou. The stage is set

Robbie ·

In baie gevalle was dit iemand wat die mense goed ken, sal nie verbaas wees as dit wel hier ook die geval was nie. Myself is net dankbaar dat sy weer by die huis is, dit kon anders uitgedraai het soos in baie gevalle deesdae.

Pray ·

Die Here het weereens oorwin….AMEN!!! Daai 4 sal hul oordeelsdag kry…..

Derick ·

Dankie Liewe Jesus dat U ons gebede verhoor het en dat sy veilig is. Ons bid nou dat die polisie die skuldiges sal vang.

Linda ·

Iemand se dis wat gebeur het…Sy is veilig. ‘n Man en Vrou wat by Shakespear Inn gekuier het, het klein Amy agter ‘n taxi sien aanhardloop. 2 Mans het haar daar naby afgelaai en gese sy moet soontoe loop haar ma en oa is daar. Toe being die paartjie hasr polisiestasie toe. Dit was 2:20 vanoggend. Toe moet sy eers hisoitaal toe dat sy ondersoek word. Almal het nou eers hier by 5 uur tot ruste gekom. Ons drink nou ons 2de koppie koffie. Dis dagbreek. En die voeltjies sing. ????????????????????????

Willemien ·

Ek is baie dankbaar klein Jamie is gekry. Iets knaag net so bietjie aan my. Gister was die hele land in rep en roer. gesinne was heeldag op hul kniee voor die Here oor hierdie dogtertjie. ons het die reg om te weet wat is die storie agter die storie. ons respekteer die familie, maar gister was die publiek goed genoeg. die publiek wil nou weet wat aangaan. was dit nou weer ‘n foefie die?

Krista ·

Ek stem 100% saam jou!
Van ons het nie geslaap nie, want jy as ouer/grootouer het so baie dinge wat deur jou kop gaan. Jy hou net aan bid en smeek vir haar veiligheid by God.
Ek wens mense wil leer om op te hou spog op Social media oor wat in hul lewens aangaan en veral hul kinders se lewens privaat hou.

Goggadons ·

Nee Willemien. Niemand van ons het die reg om te weet wat gebeur het met haar nie. Ons het almal gekies om sonder selfsug op ons kniee te haan en te bid vir veilige terugkeer. IPV reken dat net omdat jy saam gebid het, jy die reg het om te weet wat gebeur het, wees liewer dankbaar ons gebede is verhoor, en gee d familie kans om hul trauma te verwerk.

Sirkus ·

Dit is nie Jamie nie, en ongeag alles wees net dankbaar sy is terug by haar ouers, en kry vir julle iets anders om te doen behalwe die ewige kritiek, sies vir julle !!

Liz ·

As jy bid om ‘n “reg vir inligting” te bekom terwyl dit die donkerste dag van daai mense se lewens was, bid jy vir die verkeerde redes. Ek het ook gebid, al wat ek wou hoor is dat sy veilig is.

Wendy ·

Ek stem saam met jou Goggadons. Bybel sê as jy goed doen dan verwag jy niks terug nie. Ons het almal gebid dat sy veilig sou wees en ons is dankbaar sy is veilig terug. Verder is die detail daaromtrent nie ons besigheid nie. Alle eer aan God!

Liezl ·

Willemien, dis nuuskierig. Mens bid vir ‘n goeie uitkoms en niks verder nie. As jy saai, weet jy nie of dit op goeie grond val nie. Jy hoop en vertrou. Net so met bid. Jy kan bid en bid en glo en vertrou. Wees net dankbaar, gister het jy gebid en dit het jou op jou knieë gehad. Vandag moet jy dankie sê en weer op jou knieë gaan. Vandag is daar weer ander goed wat jy in jou gebede moet hê. Môre weer en so elke dag van ons lewens, ongeag van die uitkoms. Ons sê dankie, amen, wonderlike Vader. En as hierdie geval ons gedwing het om nederig voor U te staan, bring dan nog na ons kant toe, sodat ons oë op U gerig kan bly.

hannelie ·

Ek wil ook weet….wat het van giater oggend 8 uur tot vannag 02:00 verander. Iets maak nie sin nie. Maar sie waarheid kom tog op ‘n manier uit.

MMiles ·

Sjoe Willemien. Wat maak die waarheid saak? Ons almal was op ons knie gister om te bid vir haar veiligheid. God het geluister. Sy is veilig. PUNT.

Geraldine ·

Tot hier in Namibia het ons vir haar beskerming gebid. Die Here is altyd goed. ons kan net sy naam eer.

Karen ·

Dit maak my ook vies Bid Hier Daar en Oral asb Here dis dringend! SA Staan saam Hallelujah ons glo onvoorwaardelik …..en Dan gebeur dit ….die deurbraak en almal jubel en juig! Vertel ons asb ons het saam gebid ……nee jammer repekteer tog asb ons privaatheid en word die deur toegemaak. ….dis Ongeskik !!! Hou op dit doen dis lelik en wreed! !!

Leanda vd berg ·

Ek is so bly sy is gevind. Maar van die begin af was iets nie vir my pluis nie. Ons kyk maar wat sě die ondersoek. Daai dogtertjie was deur trama wat sy nie verdien nie.

Rot ·

Ek is bly vir hullepary ,maar iewers klink iets nie reg nie was dit of was dit nie n ontvoering

Meisie ·

Ja Willemien, dit maak mens siek. Ek is ookal in die verlede aangeval oor ek gese het dis niks minder as reg as ons bid, dan moet ons agterna die waarheid hoor. Voel of mense net gebruik word vir gebed en dan in die duister gelaat word.

Jacoba ·

Meisie is dit die rede hoekom jy gebid het ? Sodat jy alles kon hoor? Is jy die skinderbek van jou buurt? Dit is nie jou reg nie. jy bid nie vir iemand net sodat jy die sappige detail kan kry nie. DIT IS NIE JOU REG OM ALLES TE WEET NIE. Gaan op jou kniee en dank Jesus Christus dat Hy haar bewaar het en veilig by haar familie terug besorg het. As jy so redeneer klink dit of jy God net misbruik om die sappig stukkie nuus te ontvang. Die reg sal sy gang gaan, berus nou daarby.

Stuiwer ·

Soos gewoonlik dwaal mense weer van die onderwerp af en val mekaar aan. Dis jammer….

Sonja ·

Prys die Here sy is gebind!!!!
Ek glo jy bid omdat jy vir iemand wat hulp nodig het voor die Here se voete wil neersit en hulp vra. Of mens weet hoekom of nie, maak nie saak. As iemand my vra: bid vir my, ek wil nie daaroor praat nie, maar bid net vir my. Dan bid ek. God weet, ek het niks nodig on te weet nie. Mense wat wil weet grens aan nuuskierig en skinder en in plaas van bid, wil hul eerder die goed met ander bespreek. Moet dan eerder nie bid as jy nie met die regte hart en gesindheid bid nie. As mens regtig die dag teen die vloer is en iemand soek om vir jou te bid, is daar bitter min wat opreg in gebed vir jou intree, want meeste wil net die juicy storie hoor en stel meer daarin belang as om op hul knieë vir jou deur te bring en net sonder dat hul weet wat gebeur het, saam met jou bly is as dinge weer beter gaan. Gelukkig het ek nou vriendinne wat bid sonder inligting, en hulle bid. Sulke mense is geskenke uit die hemel gestuur, bitter min van hulle.

Uilspieel ·

Hannelie, kom ek vertel jou…. Wat verander het is, God se engele het daardie 4 mans met hulle bose planne bang gemaak. Hulle kon net gladnie voortgaan met hulle planne nie. Daardie bravo mans was nie braaf genoeg vir God nie. Dis tog waarvoor ons gebid het. Wonderwerke gebeur nie voor of na ń krisis ni. Dit gebeur in die hitte van di oomblik. Prys ons Almagtige Vader

Lynette ·

Meisie en Willemien, as dit is hoe julle voel, moet asb nooit weer bid nie want dis glad nie n christelike uitkyk nie en sal niks beteken nie!

Mariaan ·

Willemien jy is so reg…dankbaar sy is gevind…maar iets is nie pluis hier nie…laat ons sien hoe dit ontvou….

Wielspore ·

Die belangrikste is dat die kind veilig is by haar ouers, die sukses van die operasie is die arrestasie van die ontvoerders.

Speurder ·

Ja Wielspore of die arrestasie van die brein agter die ontvoering. As ek die polisie is laat ek nie n klip ongeroer nie. Begin by die pa se selfoonrekords. Kyk wie is gebel voor en ne ontvoering en ondervra die dogtertjie. In kinders se weergawe van enige gebeure sal jy altyd die waarheid kry. Iets sê my daar is seker gedink skarefinansiering sou gou die R2m insamel… maar soos hier vroeer genoem is ‘die verhoog is gereed’

Joe ·

Baie bly die kindjie is veilig! Maar hier is iets anders aan die gang.

pieta ·

Feite, Joe, feite…as jy iets weet, gaan polisie toe…anders is jy net so skuldig.

Wendy ·

Willemien… Regtig. Publiek hoef niks te weet nie. Ons almal help soek en bid en ons sê dankie sy is gevind. Nie jou besigheid wat die storie was nie. As jy goed doen vir ‘n ander, moet jy nie altyd iets terug wil verwag nie. Daar moet altyd ‘n “Tit for tat” outjie wees… Ons almal het gebid dat sy gevind word en veilig sal wees en ons is almal dankbaar dat sy veilig is. Punt van storie. Alle eer aan God!

Emma ·

So dankbaar Here dat sy veilig is. Dit het vir my gevoel is my kleinkind. Dankie Dankie

Alida ·

Ek moet erken iets maak nie sin nie. Dankie Here die kind leef.

Gesiggie ·

Alle Eer en Lof aan God… dat sy veilig is en dat niks erger gebeur het, maar ek stem saam iets is nie pluis?? iewers is daar meer agter die storie as net n beloning, maar hul vra laat die ondersoek sy gang gaan?? terwyl die kind deur hel is…. vir die res van haar lewe sal sy in vrees lewe… wat vir my so verbasend is… skielik gister was daar security by die kleuterskool gesit?? hoekom kan dit nie elke dag gebeur. Moet ons maar altyd eers wag dat iets gebeur voordat ons n wakeup call kry. Kan dink deur wat die ouers moes gaan. Dankbaar en Prys God vir Sy hand van bewaring.

Blommie ·

Wat mense nie verstaan nie. Is dat dit ongelooflik moeilik maak met hulle ondersoek as almal stories loop en vertel wat nie waar is nie.
Die polisie kan nie met die deur by die huis inval en BESPIEGIL oor wat moontlik die oorsaak was nie. DIS hoekom daar gevra is om TYD te gee dat die ondersoek afgehandel word. Die punt bly staan ONGEAG die storie agter die storie gebeur sulke goed daagliks en onder ons neuse, ons is net nie bewus van alles nie. die media is genuig om berigte te publiseer wat die mees sensasie veroorsaak. Ons moet eerder bewus gemaak word van die gevare en hoe om ons kinders veilig te hou en wat om te doen. Baie bly sy is gevind en is veilig. Dankie Vader daarvoor!

Karlahari ·

Hierdie berig gaan nie oor jou nie, maar oor die goeie nuus dat die kleinding veilig gevind is. Wees saam met ons dankbaar en dink biki minder aan jouself en eie geregtigheid.
Baie vermoed daar is iets nie reg nie, maar kom ons wag vir die feite.
En ons se Dankie Here.

Kobus de Jongh ·

Dankie, dankie Here Jesus dat U, U kinders se gebede verhoor. Ons juig en jubel vanoggend. Aan U alle eer, lof en aanbidding.

Susan ·

Ongeag omstandighede het AMY ons almal weer vir n slag op ons kniee gebring. Dankie Heer.

Annelize ·

Toemaar, ek is self gister onder die klippe gesteek omrede ek gesê het iets is nie reg nie. Ek hoop ek is verkeerd.

Hoe ook al, ek is bitterlik dankbaar hierdie nagmerrie is verby, hierdie gesin moet nou al die ondersteuning en hulp wat na hulle kan toe kom deeglik gebruik, en sorg dat hulle almal die nodige berading en terapie ontvang.

Anon ·

Net so bly daai klein lyfie is veilig. Dinge kon soveel erger afgeloop het. Daar is defnitief n slang in die gras. My waarneming sê dat pappa moontlik iets daarmee uit te waai het. As dit die geval is hoop ek hy kry swaar straf. Daai 6jarige se lewe het gister verander vir die res van haar lewe. Sy gaan niks en niemand kan vertrou nie. Sy gaan met tye nagmerries hê tot op Hoërskool, moontlik ook bed natmaak. En daars nie 1 sielkundige wat daai vrees ooit sal wegvat nie. Ai, my hart breuk vir daai poplap!

Jacoba ·

Is jy nou stapel gek? Hoekom sou haar pappa haar laat ontvoer? Hou op bespiegel oor goed wat jy nie van weet nie. Jou vals aantygings kan jou in die hof laat beland vir naamskending. Anon jy is nie CSI nie ook nie ‘n Psigiater nie, wie is jy nou eintlik om te besluit hoe dit haar gaan afekteer. Bly stil. Wragties beterweterig en oorig om die minste te se

Hoe nou? ·

Sjoe, wat ´n roekelose stelling om te maak. Hoe dink jy ´n pa sal soiets aan sy eie kind en vrou doen????? Waarop baseer jy jou stelling/vemoede, Anon? Geen wonder jy wil nie jou naam by jou stelling voeg nie.

Haar Hemelse Pappa het wel baie daarmee te doen dat sy veilig terug is by haar ouers – Hy hoor en antwoord ons gebede! Alle eer aan Hom!

Patryd ·

Dankie liewe Heer dat sy veilig is! Dankie dat u hierdie land se gebede verhoor het! Aan u al die eer!

Yvette ·

Is julle heel gek om te se die pa het iets daar mee te doen gehad. Watse ouer Sal hul self deur hel sit? Die kind is ontvoer en terug gebring aan gesien die media dekking te groot geraak het en hul bang geraak het. Hul wou geld gehad het en kon nie voortgaan aan gesien die polisie en publiek oral op uitkyk was. Dit was te gevaarlik v hul om voort te gaan so hul het die kind terug gebring. Waar Sal die pa nou dit veroorsaak. Ag nee jinne Hou Jul eie gevolgtrekkings v Julself. Die ouers is deur hel en Jul speel speurder

Dink hardop ·

Baie bly sy is veilig.

Aan die gesin: Pak op en immigreer.mens kan nie met Al hierdie gemors in die samelewing hier saamleef nie

JC ·

Sjoe sy is vanoggend 3 uur gevind en jy dink jy verdien nou al die hele storie. Gee die mense kans. Hierdie was n groot trauma vir die gesin en arme klein Amy.

Toetsie ·

Geen inligting is meer belangrik as dat sy veilig tuis is nie! Ek kon nie slaap nie en het tot God geroep met my hele hart, dat die ontvoerders haar sal terug besorg en hulle HET!!! Ongeag omstandighede prys ek Sy grote Naam en is dankbaar vir Sy Almag! Nuuskierigheid het nie plek hier nie en ook nie “grootmanskap” oor wie reg was met hul bespiegelinge nie! Ek skaam my vir diegene!!!!

Gaitsigubib ·

Willemien ek het gesien die SAP het wel die publiek gevravir inligting maar die ouers het beslis nie. Ek is seker gebede het n wonderwerk hier laat ontvou, in elk geval die wat opreg was in gebed.

Anoniem ·

Bly sy is gevind.
Die storie is op voorblad van UK koerant en daar is baie details oor wat gebeur het. Baie meer as wat jy lees in SA koerante, baie vreemd

Ida Kriel ·

Om wakker te word en sulke goeie nuus jou dag in te gaan, is wonderlik. Van gister af het hierdie pragtige dogtertjie se gesiggie voor my gebly en ek kon fisies ervaar die drama van die gesin en Amy-Leigh. Meer kon ons nie vra as dat sy terug is by haar ouers en boetie en dat sy geen letsels, behalwe emosionele letsels het nie. Ek bid dat die emosionele letsels met tyd baie sal vervaag en dat hierdie dogtertjie die kans op n pragtige toekoms sal he.

Ant ·

Ek wil net iets vra. Hoe het hulle geweet wie haar ouers is, en watter nommer om te bel vir die losprys, tensy sy (hulle) spesifiek geteiken was ?

Se iets ·

Ek se ook daar is meer agter die storie. Hoekom haar teiken.
Soos die storie verloop en mense begin praat het hulle haar 2/3 in die staat afgelaai en net gery.
Jacoba en Hoe nou, gaan sit en dink verder as wat julle wil, moontlik sal julle ook begin agter kom wat het dalk moontlik skeef geloop.
Dink n bietjie, uit hoeveel kindertjies wat daar was wat ook dalk alleen gestap het is sy uit haar ma se arms gegryp en weg gejaag.
Sorry julle maar ek vermoed daar het n transaksie skeef geloop

CN ·

Ant, haar pa se nommer was op AL die “missing” posters gewees.. sy nommer, en mamma se nommer is heeltyd uitgedeel orals oor social media.

Anita ·

Haar pa se selfoonnommer was op die missing persoon se advertensie.

Darryl ·

Glory to His powerful Name..we are still a praying nation..nothing will stop those who believe in Jeshua

Daisy ·

Baie bly die kind is veilig, maar iets maak net nie sin nie,

Hoekom is sy juis ontvoer, daar is baie ander kinders om te kies, wat sonder hulle ouers skool toe loop?
So vroeg gevind? Het hulle dan die 2 Miljoen betaal, so vining? Of het die mense besef nee hierdie plan gaan nie werk nie?
Ek dink daar moet deeglik geondersoek word, want hier is meer aan hierdie storie as wat ons hoor.

madels ·

Ek het wakker geword in die middel van die nag, en dis die eerste ding wat in my gedagtes opkom en dis om te bid vir Amy-Leigh. Ek is oneindig dankbaar teenoor die Here dat sy veilig terug is by haar ouers.
Kan ons ook asb só bid vir ander wat ook so spoorloos verdwyn, groot asb. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen satan en sy leërmag. Gebed IS DIE ENIGSTE antwoord.

Luiperd ·

Lynette ek hoop jy is reg gewees (al weet ek nie wat jy gesê het nie), duidelik sal dit baie vir jou selfbeeld beteken as jy kan wys hoe onafhanklik jou denke is. Ek is seker almal gaan jou prys gee en jou vra om meer van jou denke met hulle te deel. Hierdie is moontlik jou “time to shine”. Sterkte… Sien jou dalk nog op Televisie, wie weet?

Ekke ·

Hou op negatief wees. Niemand kan sê hoe sy sal reageer na als nie. God kan haar kalm hou en emosioneel genees. Jul ken duidelik nie Sy krag nie. Hou op met jul mond lelike dinge oor ander uitspreek. Wees net dankbaar sys gevind. Punt.

DANKBAAR ·

Groot vreugde noudat Poplap veilig tuis is. Dankie Jesus dat sy veilig is waar sy hoort. Ons as publiek het nie die reg om enigeiets verder te weet weet nie, wat my betref is dit n baie persoonlike saak. Moenie jou eie afleidings maak nie, daardie mense is deur genoeg. Se dankie Jesus en dis al, dis waarvoor SA gebid het gister en laasnag. Hou op speurder speel en stories uitdink……:-)

koos ·

En Oscar was ook privaat? Asook Don Steenkamp?
Ek is bitter by sy is veilig!
Ek sou voorstel: Begin die ondersoek maar aan die persone BAIE naby aan haar. Geharde misdadigers eis nie R2 mil. en laat die ontvoerde na minder as 24 uur vry nie? Hier is ‘n slang in die gras.

Griet ·

GELUKKIG…pla dit mý, nou nié in die minste,om te bespiegel,te raai,te vermoed, oor wát en hóékom nie…

DIS NIÉ MÝ LEWE OF BESIGHEID NIÉ, dis nie vir my om te oordeel of om IETS TERUG te vm”verwag” net omdat ék ook gebid het… en gelukkig kan, ék mýse lang neus uit ander se lewens UITHOU!!

Net opreg DANKBAAR dié ou klein dogtertjie LEEF en is VEILIG TERUG by haar huis,haar pappa en mamma en boeta!
DANKIE VADER vir U Goddelike Beskerming

Bruce ·

Sjoe ek is so bly sy veilig by haar ouers die storie het my hart gebreek.

CHAPPIES ·

KAN NIÉ glo…dat onse ou volkie soo kan baklei,vals gerugte versprei en boonop NUUSKIERIG is en wilde aannames maak nie!!!!
Dis skokkend!
SIES VIR JULLE SPUL “BUSY BODIES”

Bly eerder op jul knieë vir julself en jul kinders en familie en LOS DIE DE JAGERS nou in vrede,genade tog!!!

Ivana ·

Het enige van jul negatiewes al daaraan gedink dat die vinnige terugkeer van die pragtige klein Amy alles te danke was en is aan ONS HEMELSE VADER se ingryping. Hou op nuus soek, prys Die Here en wees dankbaar sy is so gou gevind

Esme Swanepoel ·

Ek glo nie wat ek lees!!!
Ons het almal met die grootste geloof gebid….ek het werklik gevoel hoe ek vir Hom vra on haar te beskerm En die booswigte soos lammers na Sy wil te laat reageer…nou kom julle met snert…vir my het dit NET oor daai kindjie gegaan, maak nie saak wat!!!!!

Ig ·

Dank Vader sy is gevind. Stuur die skuldiges vir my as hulle gevang word ek het maatjies in die publiek wat almal kinders het wat met die culprits sal wil afreken

Se maar net ·

Met van die kommentaar stem ek definitief saam. Dat dit n wonderwerk is is absoluut so maak nie saak wat die motief is en hoe dit na rot ruik nie die mense het nie nodig gehad om die kind terug te vat nie. Laat ons nie nodig het om als te weet nie is wel so, maar as iets darem so verdag voorkom weet ek nie. Waar laat vaar jy jou ransom demand van R2 miljoen dis wonderlik dat dit gebeur het. Ek hoor wat mense hier bo se dit wat ons kan dink en dit wat ons mag se is twee verskillende dinge maar die waarheid sal uitkom. En in n sekere mate het ons die reg tot daai waarheid want dit was skokkend dat n kind net by n ouer gevat word dit maak n mens bang. Ek bid dat daar nie skokkende goed uitkom nie want op die ou end is dit steed n onskuldige kind wat betrek is dalk by iets waarmee sy niks te doen het nie. Ek bly egter by dis net ons Grote God en Hemelse Vader wat haar veilig by die huis gekry het.

Vra net ·

Net ‘n vraag. Waar was die beskermende hand toe sy ontvoer was?

Jan ·

Ja, en waar was die beskermde hand toe duisende ander kinders ontvoer en vermoor is, ja….”he works in mysterious ways”…..Inderdaad…

Bly glo ·

@ vranet – Die ENIGSTE ding wat Hy nie kan doen nie is om ons vry wil van ons te vernader. Dit was daai mense se keuse gewees, maar Hy het toe wel ingegeryp. Sy is veilig is sy nie? Is dit nie wat die heel belangrikste is nie? Wie weet wat die doel was van dit alles? Dalk, net dalk het ten minste een van die 4 se harte gedraai en die persoon het dalk besluit dat dit nie die lewe is wat hy wil lewe nie. So dan het daar ook goed uit die situasie ontstaan… as mens na die groter prentjie kyk en as dit nou so scenario was. En dis mos wat God sien. Die groter prent. Want glo dit of nie, maar Hy het vir daai 4 ook aan die kruis gesterf…so moeilik as wat dit is om te se.

Kallimaari ·

@vranet…Hy was op dieselfde plek waar Hy was toe Sy Seun aan ‘n hout kruis vasgespyker was vir jou. Hy was op dieselfde plek as waar Hy was toe 50 miljoen mense in 2de Wereld Oorlog dood is. Op dieselfde plek waar Hy vir die kleine Amy Leigh beskerm het. Op dieselfde plek waar Hy vir jóú roep, om Hom te vertrou. Hy belowe nie dat jy nie teëspoed sal ervaar nie, maar Hy belowe wel dat Hy elke tree met jou sal stap.

“In hierdie wêreld sal julle teëspoed ervaar. Hou moed, Ek het die wêreld oorwin” – Jesus Christus

Hans ·

Besig met n wonderwerk getuienis om die memsdom te wys wat is krag in gebed. Uit elke verleentheid skep God n geleentheid

Vra net ·

Nee, maar ek wonder maar nog altyd hoekom as jy eers seer maak, en dan die seer beter maak, hoe kan jy nogsteeds vir die beter maak bedank wil word as jy die seer in die eerste plek veroorsaak / toegelaat het?

Ja-Nee ·

@Hoe-nou – jy se die pa sal dit nie aan die kind doen nie. Jy moet meer koerante lees – wereldwyd, nie net SA nie. Ja, selfs ma’s en pa’s kan sulke dinge aan hul kinders doen. Die een om die ander terug te kry oor iets (een rede).

Ek is net dankbaar hierdie kind is nou weer veilig. Ek stem saam oor al die nagevolge wat sy sal moet dra as gevolg van wat-ook-al gebeur het!

ELSA ·

DANKIE HERE SY IS VEILIG!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! HOU U HAND OOR HUL AS GESIN!!

JohanR ·

Baie baie dankie dat die kind is ongedeerd gevind. Laat die polisie hulle werk doen? Ons kan maar net hoop dat die baie goed gaan gedoen word, want baie dinge van hierdie “ontvoering” ruik nie lekker nie.

Rina ·

Ons val mekaar nou aan oor wat ons dink en bespiegelinge is die een beter as die ander……natuurlik wil ons weet wat die waarheid is,want dis in die menslike aard!
Ek het net so hard gebid vir haar veilige en ongedeerde tuiskoms; dit maak my egter nie minder nuuskierig om die waarheid te hoor nie!

Ek stem ·

Ja Rina, ek stem met jou saam. Destyds met Don Steenkamp is daar in die dae na die “aanval” ook gevra dat die meerdere sy privaatheid moet respekteer. En toe die waarheid die lig sien toe is die roubeklaers eerste om te skree sluit hom toe!. Ek hoop die wat hier minder of meer ‘busy bodies’is sal dan liewer stil bly wanneer die waarheid na vore tree. Elke mens is geregtig op opinie maar hier is dit eenvoudig, OF baie dom ‘ontvoerders’ OF n baie dom-slim ‘instigator’. Dalk beide.

Michelle ·

Ek lees nou almal se kommentaar. Al wat saak maak is dat ‘n onskuldige 6 jarige terug is by haar ouers. In die oggend ure het ek gelê en bid vir haar en ook haar gesin, want niemand verdien om deur so iets te gaan nie.
Daai mans wat haar ontvoer het, het geen ander keuse gehad om haar te laat gaan nie, want God is groot en die hele land het vir haar gebid, en ons almal se gebede het haar terug bersorg aan haar ouers.

Suzie ·

Waar is die beskermde hand en gebede vir sake in die kinderhof? Weet julle dis eintlik nou ‘n “Vroue Regte Hof” want wat met die kind gebeur het is in die verlede “mamma is nou skoon” want van die trauma wat die kind deur gegaan het.

maryann ·

Die hele land was op hul kniee en het die bloed van Jesus gepleit oor hierdie kindjie, sy is gevind en ongedeerd, kan ons almal asb. weer op ons kniee gaan vanoggend en se Dankie Jesus dat u ons gebede verhoor het, dankie dat U ons Verlosser en Redder is en dankie vir u wonderwerke Amen Amen Amen

Eunice ·

WELKOM IN DIE LAND VAN NUUSKIERIGE AGIES!!
WAT RAAI EN BESPIEGEL OOR ANDER MENSE SE LEWENS EN NIKS BETERS HET OM HUL MEE BESIG TE HOU!!
Siessssssiesssssiessss v julle

Koos de Meyer. ·

Ons dank die Here dat sy veilig is. Dankie ook vir die mense wat haar te voet polisie toegeneem het daardie tyd van die oggend. Ons aanbid ‘n Lewende god. En mense wat weer vooruit loop met snedige kommentaar, sies vir julle.

Fanus ·

Ons kan tog saamstaan deur tye van nood, dis wonderlik ook die krag van gebed. Dankie Almagtige Hemelse Vader. Hiermee loof ,prys en eer ons U Heilige Naam.HalleluYAH

Michael P ·

Hoe geweetenloos moet jy wees om n 6 jarege dogtertjie in S A. in die middel van die nag af te laai en weg te ry mense mense sy kon so maklik die prooi van die volgende misdadegers gewees het. Die areme kind.ai

bella ·

dink julle regtig almal is busy bodys ???????????????die busy body was goed genoeg om saam te bid en saam te share aan elke post wat oral op gekom het nou is almal busy bodys……..nee kyk mensedom is n snaakse ding of jy help of jy ignore alles eklke een wat hier kommentaar gelewer het het somehow vir daai kind en ouers gebid saam gehoop vir veiligheid maar nou is ons busy bodys??????????????? ek ek glo ons elke een verdien n update sodat as dit weer gebeur hetsy wit/swart/pink/bruin/ ons kan uit kyk vir mekaar

Janneman ·

Gister bid almal vir ‘n wonderwerk. Noudat sy gevind is, is die helfte van die kommentare op die forum besig om te spekuleer en alles en almal in twyfel te trek. Regtig verstommend! Saam met die dankbares is ek dankbaar…God die eer.

HPV ·

Vra Net, soos Boeremeisie sê, die Here bring nie die seerkry oor die mens se pad nie, die mens doen dit aan homself. Byvoorbeeld die regerende regime was beslis nie die Here se wil nie maar wel die mense se wil. Ongelukkig as iets verkeerd loop dan is die mens baie gou om die Here se genade en goedheid te bevraagteken want die Here moes mos gesorg het dat die mens se eie selfsugtige wil altyd reg loop. Soek maar die fout by die mens alleen en plaas jou vetroue op die Here om ons foute en verkeerde besluite reg te maak volgens Sy wil en op SY tyd.

Marie ·

Hennie, jou gebed saam met al die ander gebede het God se ingryping geaktiveer.

Marie ·

Hennie, jou gebed en elke ander gebed het God se ingryping geaktiveer.

ChrisE ·

Dit is baie goeie nuus dat die dogterjie ongedeerd daarvan af gekom het. Agv die menslike betrokkenheid is/klink iets vir my nie reg nie. Almal bespiegel maar en elke storie kry ‘n stertjie, maar die “ontvoerders” klink maar baie amateuragtig vir my.

Yealink ·

Is sy regtig gevind of is dit omdat hulle nog onderhandel met die verdagtes?????? Daar is gister gesê om nie veel te sê oor die R2 miljoen ransom nie……….. Is dit nie ‘n front om die misdadigers meer gemoedsrus te gee nie omdat dit dalk die klein dogterjie se lewe in gevaar kan stel? Waarom is daar nog geen bewyse geplaas of foto na die voorval nie? Ek hoop en bid dit is wel waar dat die onskuldige kind wel gevind is……. Daar is “te” veel “loopholes” en missing stukke.

Klippie ·

Wie ookal hiervoor verantwoordelik is moet BAIE SWAAR gestraf word. Maak ‘n voorbeeld van hulle sodat ander met dieselfde dom idees twee maal sal dink voor hulle sulke bollie aanjaag!

VanAfrika ·

Ai, ai, ai, ai, ai is al wat ek kan sê, dat die ouers nou betrek word by die ontvoering, Regtig!!!!!!

@Jan, jy wat my God n flying spaghetti monster noem, passop, daai geestelike rottang slaan baie seer wanneer jy Hom die minste verwag

Marie ·

Hennie, jou gebed saam met al die ander gebede het God se ingryping geaktiveer.

LK ·

Al wat ek wil sê is dankie, dankie Liewe Vader, hoop sy is ongedeerd. Dankie, dankie.

fish ·

Ek ruik ‘n Rot in die storie. Baie bly sy is gevind maar nie lank nie sal julle dalk sien een van die ouers sit dalk in die tronk. Wil nie negatief wees oor die saak nie, maar iets klein in my kop se die pa is betrokke in die storie.

Jax ·

Dankie Here! Gisteraand my oë kon toemaak net om te bid! Dankie vir U genade en sorg vir die poplap!
Die wat so aanhou oor “moet als weet”; gee die ondersoek beamptes tyd en ruimte om dié vas te trek wat haar ontvoer het. SAPS sê mos dis in n sensitiewe stadium. Die waarheid sal uitkom. Kom ons bid nou weer in alle erens daarvoor! Dié wat hierdie ontvoering beplan en uitgevoer het, moet vasgetrek word!
Word weer heel De Jager-familie. My gebede is steeds Met julle. Daar is soveel wat julle nou moet verwerk – mag ons liefdevolle Vader met julle elkeen wees!

Ella ·

Ek is so bly sy is veilig terug. My kommer is die volgende:
Ons moet oppas watter soort foto’s ons van ons kinders plaas.
Partykeer pas die posering nie by n kind van daardie ouderdom.
Mense met slegte bedoelings sien dit ook en “merk” daai kind vir allerlei redes.
Met al die beskikbare inligting en waarskuwings is ons nog steeds nie wakker oor die gevare nie

ano ·

Dis nie so vergesog dat die mense afgepers kan word nie. Wynand is immers n F1 kragboot kampioen renjaer, en dis beslis nie op die vaaldam nie

Natascha ·

Amen, alle Dank en Eer aan Ons Hemelse Vader. Mense as dit nie n bewys is wat die krag van gebed kan doen nie, weet ek regtig nie. Ons moet almal op ons kniee bly vir ons land en sy mense.
As Die Liewe Heer die dogtertjie se veiligheid bewaar het, wat keer Hom om ons land te help omswaai. Ons moet aanhou bid. Ons het nou gesien wat die krag van gebed kan doen. Glo en Vertrou.

Eunice ·

Jaa…KWAAD…als wat verkeerd loop en verkeerd gaan,met die mens is die Here se Skuld Alleen!!!
Dis NOOIT die ONskuldige selfregverdigende mensdom self nie!
Jy is seker KWAAD omdat die meisie lewe en ongedeerd teurggevind is ook,neh?

Kwaad ·

Eerstens, hoe durf jy se ek is kwaad omdat sy terug is. Tweedens, vertel my dan hoekom slegte dinge met goeie/onskuldige mense gebeur en slegte mense in weelde leef? (Die belofte op die hemel is nie n antwoord nie) Hoekom n kind laat suffer? Hoekom n klomp hul kniee seer bid, en dan aandring op antwoorde wat hulle nie op geregtig is nie?

CHAPPIES ·

Aaag…KWAAD…gaan drink ñ ou kalmeer pilletjie en ontspam!
God is God…en nié JOU ou tjommie nie!
HÓÉ DURF JÝ,ñ Almagtige Vader bevraagteken????
WIÉ dink jý,is JÝ,wat niks meer as grassad in die wind is,NÍETÍGE OU MENSIE om sulke vrae te vra??

Eunice ·

Die Liewe Vader Skuld,jou en my nie Antwoorde nie, KWAAD!
Kyk ini spieël, dan sien jy vir wie,jy kán kwaadwees!
Duidelik,het jý geen benul,oor Wié Vader is nie…jy moet n vreeslike bitter mens wees om sonder Hom te lewe…
Maar Hyt,Sy Lewe reeds vir JOU Neergelê aan die Kruis!
EN ONGEAG jou arrogansie,is HÝ STEEDS LÍEF VIR JOU,KWAAD

Taalpuris ·

“Klaarblyklik” beteken dit is vas en seker, dit staan soos ‘n paal bo water. Blykbaar, skynbaar en oënskynlik bevat elemente van onsekerheid. Maroela gebruik klaarblyklik gereeld die woord “klaarblyklik” verkeerd. Dit pla my al lankal.

Eunice ·

Die Liewe Vader Skuld,jou en my nie Antwoorde nie, KWAAD!
Kyk ini spieël, dan sien jy vir wie,jy kán kwaadwees!
Duidelik,het jý geen benul,oor Wié Vader is nie…jy moet n vreeslike bitter mens wees om sonder Hom te lewe…
Maar Hyt,Sy Lewe reeds vir JOU Neergelê aan die Kruis!
EN ONGEAG jou arrogansie,is HÝ STEEDS LÍEF VIR JOU,KWAAD

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.