ANC-eise aan De Ruyter ‘kommerwekkend’

André de Ruyter, uittredende hoof van Eskom. (Grafika: Argieffoto’s)

Indien Eskom se voormalige hoof André de Ruyter bewyse van misdadigheid binne Eskom het, het hy ʼn verpligting om dit aan te meld – maar, sê dr. Zwelinzima Ndevu, die ANC se reaksie op die opspraakwekkende bewerings is nietemin “kommerwekkend, hoewel nie verrassend nie”.

De Ruyter het verlede week in ʼn TV-onderhoud ʼn knuppel in die hoenderhok gegooi met bewerings dat hooggeplaaste politici by misdaadsindikate in Eskom betrokke is.

Ndevu, ʼn politieke ontleder verbonde aan die Universiteit Stellenbosch, sê vir De Ruyter om die uitlatings op televisie te maak “dien geen doel nie. Daar is geen gevolgbestuur nie. As ʼn verantwoordelike leier moet hy na wetstoepassingsowerhede gaan en sy bewyse voorlê en hulle moet dit ondersoek.”

Na verneem word, het De Ruyter reeds heelwat inligting oor beweerde misdaad en korrupsie aan die polisie oorhandig en inhegtenisnemings het glo al daaruit gespruit. Hy het dus waarskynlik sy regsplig nagekom.

Ndevu sê as De Ruyter wél sake aanhangig gemaak het, moet hy saaknommers verskaf sodat vasgestel word of daarmee gesloer word.

Ndevu sê wel die ANC se reaksie op die bewerings is “intimiderend”, pleks daarvan dat hulle by die wortel van die kwaad probeer uitkom. Hy sê selfs al beskik De Ruyter oor spesifieke name van beweerde betrokkenes, kan dit moeilik wees vir hom om dit prontuit bekend te maak; veral as gekyk word na die koers waarteen fluitjieblasers in Suid-Afrika vermoor word.

“Dit lyk of ons soek na die klein rolspelers, die groot betrokkenes word oënskynlik deur die regerende elite beskerm.”

Weens ʼn beweerde gebrek aan vordering in ondersoeke na polities gekoppelde betrokkenes, sê Ndevu dit kan wees dat ondersoekers bang is vir invloedryke politici, óf dit kan wees omdat die polisie bloot nie die kapasiteit het om die ondersoeke te hanteer nie.

Mmusi Maimane, leier van die organisasie Build One South Africa, het intussen Maandag ʼn kriminele klag by die Kaapstadse polisiestasie gaan lê teen “beweerde Eskom-plunderaars”. Hy het De Ruyter aangemoedig om bewyse te lewer van die korrupsie wat hy sê plaasgevind het en meen De Ruyter, minister Pravin Gordhan en minister Gwede Manatshe behoort voor die parlement gebring te word om te sê wat hulle weet.

Politieke ‘boeliery’

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, stem saam met Ndevu dat die ANC besig is met “intimidasie-tegniek”.

Die regerende party eis dat De Ruyter “geverifieerde besonderhede” van sy bewerings voorsien sodat die polisie dit kan ondersoek en indien hy versuim, sal die ANC aanklagte van hul eie teen hom aanhangig maak.

“Dit is politieke boeliery,” sê Hermann.

“Ek vind dit vreemd dat die ANC druk op hom plaas om inligting te openbaar, terwyl daar besliste aanduidings is dat ANC-lede geïmpliseer word in die klagtes; baie spesifiek word hulle in die Zondo-verslag geïmpliseer en daar is baie min, indien enigiets, gedoen om op tree.”

De Ruyter het glo vroeër sy kommer oor beweerde misdadigheid en die betrokkenheid van hooggeplaaste politici aan Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, oorgedra.

“Die ANC se oproepe lyk dus werklik na dubbele standaarde. Wat dit nog verder dubbele standaarde maak, is die feit dat ʼn minister ook bewus is van die bewerings. Indien hulle so sterk voel dat De Ruyter ʼn spesifieke klag moet gaan indien, geld dieselfde regsplig die minister ook,” sê Hermann.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Kokerboom ·

De Ruyter sal die regte ding doen. Dinge raak warm vir die politieke boewe. Die ANC verwoestende gif het die hele land vergiftig. As mens verslae van die Daily Maverick lees ken jou kwaad geen einde

Frank ·

Die spyker op die kop geslaan met “dieselfde regsplig geld die minister ook”

Republikein in die Wes Kaap ·

Maar die massas sal steeds vir hulle stem.

Hendrik Marthinus ·

Al gehoor van voorvaders
Hulle geen ander keuse om ANC te stem nie
Hulle Sal bad luck kry veral tyd as hulle nie so stem nie
En hulle glo daar word gekyk as hulle nie anders stem nie
Eintlik so sad want Hoe is dit dan n vrye verkiesing

Amelia ·

Dar word aan die oues vertel dat as hul nie anc stem nie hul nie langer in land sal kan bly nie wat n klomp bog maar ja die ouer persone glo dit

marbacca ·

En tog doen die opposisie partye nie veel sigbaar daaraan om die bevolking te probeer onderig nie – veldtogte om die tipe leuens teen te staan is nerens nie?
“Jou stem is jou geheim”
“SASSA is nie van die ANC nie, maar van wie ookal in SA Regering sit”
ensovoorts…

marisa ·

Kan jy hierdie vertaal in Zulu, Khosa, Tswana en sommer Fanagalo ook sodat ALMAL kan verstaan!!

Theunis ·

Die regerende party het weereens daarin geslaag om ‘n operasionĕle probleem te swaai na ‘n politiese geskil, net soos enige geskille wat op hulle voorstoep geplaas word. Geen probleme word ooit effektief aangespreek en reggestel deur die regering nie.
Verbasend dat die ANC wat in die meederheid is en ook die regerende party is, so maklik bedreig kan word deur ‘n enkele persoon, geen wonder dat staatskaping so maklik plaas gevind het.

Shakespeare ·

Al konklusie is dat die ANC n bose, korrupte en verwoestings party is. Dan is hulle nog onbevoeg ook. PUNT !!!

Truman Burbank ·

Met so n naam sou ek dink jy sou al lankal optel hierdie is alles net toneelstuk

Marius ·

Katte op warm sinkplate spring gewoontlik so rond , of hoe anc ?
Daar sal nou weer n hoop verskonings wees en ander mense geblameer word die bewerings.

Republikein in die Wes Kaap ·

Tekens van anargie en ‘n mislukte staat. Die staatshoof word vermis. Burgers moet die land terugneem.

M ·

Pala Palawa … nou gil/spring/blaas/raas/ skreeu die uitmekaar-val anc (sic) van alle kante ….

Sobymykoolkop ·

100% reg Blits. As hy nie op tv gesê het nie was alles onder die mat gevee. Verlede jaar al vir Gordhan gesê en wat het daarna gebeur? Niks

Jacobus ·

Solidariteit moet ook klagtes indien teen Molefe, Koko en Sighn wat in die staatskapings verslag geimpleseer is en deur regter Zondo aanbeveel is vir vervolging. Dien ook klagtes teen Gordhan en Ramaphosa in wat de Ruyter genader het oor korrupsie van parlements lede by Eskom. Solidariteit moet hom bystaan en beskerm teen hierdie boelie taktiek van die ANC. Slaan die ANC terug met hulle eie taktiek.

Jaco ·

Maar wanneer sê De Ruyter dan nou presies watter name betrokke was? Waarom eers met groot fanfare praat van ” ‘n minister” en “‘n sekere senior politikus”, maar daarna swyg hy? Vreemd….

Pietertjie ·

Hy vrees vir sy lewe, en fluitjieblasers trek altyd aan die kortste ent.

Jannie van Niekerk ·

Nee nie vreemd nie. Almal wat ‘n IK hoër as Nul het weet wie die korrruptes in die regering is maar as mnr de Ruyter durf waag om hulle name te sê gaan hy beslis vermoor word. As ek na jou stelling kyk lyk dit eerder vir my of jy die korrupsie by Eskom goed gesind is.

annie ·

De Ruyter moet eis dat die klagtes wat hy gelê het binne sewe dae aandag moet kry. Hy was eerste met sy klagtes. Nie?

Jannie van Niekerk ·

Wat gaan dit help? Hy het dit alreeds onder hoër gesag se aandag gebring sonder dat daar enige iets gedoen is.

Pietertjie ·

Die enigste rede hoekom die “ANC” dit doen is om die kollig van die skuldiges af weg te hou. Hulle koop Stalingrad-tyd vir verdere beplanning.

Henry ·

almal wat nou bohaai maak is heelwaarskynlik bang dat die waarheid sal uitkom en dat hulle name genoem sal word.

Manie ·

Ek lees dat Gordhan nou erken dat hy die minister is aan wie De Ruyter die korrupsie geopenbaar het, maar dat hy reken hy nie sonder bewyse kon optree nie.

domheks ·

Slapgat! Aan wie anders moes Andre de Ruyter rapporteer? Aan ons ruggraatlose prez?

Jannie van Niekerk ·

Hy lieg soos ‘n tandetekker. As hy oor hulp aan die SAL kon lieg kan hy hieroor ook lieg.

Papsak ·

De Rhyter moet dit doen hy hulle tone getrap hulle het alles in die land verwoes hulle is skelms nou braai hulle vette en hulle weet dit hulle het verkeerd gedoen moenie laat hulle jou mond stil maak nie praat hulke vergif ons almal waarvis die kastige President hoekom so stil hy behoort vrae te antw maar hy net weg lafhard hy lankal saam doenig daarom kan hy geld weg steek in banke in sy huis

Jakes ·

Arresteer die gemors en stuur hulle Botswana toe waar die doodstraf nog groot vrugte afwerp.

Sobymykoolkop ·

Hulle WEET hulle is Linda want almal is in die trog.

skurweberg ·

‘n SPEURVERHAAL by UITNEMENDHEID. Dit speel voor ons oë af. Ons ervaar die inhoud daarvan met elke tree. Dis nou tyd dat daar ernstig aan die slot hoofstuk van hierdié draaiboek gewerk behoort te word. “RAAK en BLY BETROKKE”

Di ·

Ongelukkig is dit so dat jy nie vir ewig kan wegkom met skelm streke nie. KARMA doen sy werk. Hoop die hele spul bloedsuiers word nou uitgewys, wil graag daardie gesigte sien wanneer DIT gebeur!

Manie ·

So is dit ‘n geval van ons dreig jou om die name bekend te maak, maar ons weet jy sal nie omdat jy vrees vir jou lewe??????? Die alfabet het te min letters vir al die skelwoorde wat ek wil uiter.

Morné ·

Nou kan Eskom se 32% verhoging mos laat vaar word?
Ons hard verdiende geld gaan net in die ANC trog in. Ek kan ekstra kos op die tafel sit met die besparing.

Douglas ·

I don’t believe that SAPS have the capacity to investigate such cases. The old S A Police Force would have long ago brought these criminals to book.

Erika ·

Omdat De Ruyte r die Waarheid gepraat het e die regte ding gedoen het het hy n doring in die vlees vir die ANC geword…
Die wond (Suid Afrika) kan net genees as die infeksie aan binnekant uitgesorteer word

Marcello ·

Ek stem saam, as ‘n mens kyk hoe word fluitjieblasers vermoor. So Mnr. de Ruyter, gaan oorsee virjou eie veiligheid.

LANA is ELANè ·

Die ANC se sg eise ens grens aan viktimisasie en intimidasie dit moet in die kiem gesmoor word!

Danie ·

Andre maak nie saak wat jy gaan se nie hulle gaan dit verdraai en jou soos n boef te last lyk.AN ….c het mooi by die kommuniste geleer.Lieg,bedrieg en skelm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.