ANC in Wes-Kaap ontken koalisiepraatjies

Ebrahim Rasool, hoof van verkiesings van die ANC in die Wes-Kaap (Foto: Phando Jikelo/African News Agency/ANA)

Die ANC in die Wes-Kaap verwerp “vals berigte wat die doel het om kiesers te verwar” dat hy in koalisiegesprekke is met ander politieke partye.

“Geen koalisiegesprekke vind plaas tussen die ANC en enige ander politieke party nie en niks word oorweeg nie,” het Ebrahim Rasool, hoof van verkiesings vir die ANC in die Wes-Kaap, Sondag gesê. “Ons het die afgelope twee weke pamflette gesien en radioadvertensies gehoor wat deur die Demokratiese Alliansie versprei word wat dié blatante leuen verkondig,” het hy gesê.

Volgens hom is dit die DA wat hul waardes versuim het toe hulle in Tshwane (Pretoria) en Johannesburg hande gevat het met die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) toe hulle ʼn koalisie aangegaan het ná die plaaslikeregeringsverkiesing in 2016. “Dit is dus skynheilig van die DA om hul koalisievennoot as ʼn waarskynlike keuse vir die ANC voor te gee, wanneer dit nie die geval is nie,” het Rasool bygevoeg.

“Die feit dat die EFF sy bereidwilligheid aangetoon het om koalisies met partye aan te gaan ná die verkiesing, is nie ʼn teken dat die ANC sal oorweeg om in gesprekke te tree met hulle nie. Ons het in 1999 die meerderheidstem in die Wes-Kaap gewen, maar weens beskikbare keuses in daardie stadium het ons besluit om as opposisie op te tree en nie ons eie waardes prys te gee in ʼn koalisieregering nie.”

Rasool het gesê kiesers in die Wes-Kaap het die realiteit aanvaar dat ons land positief sal groei onder pres. Cyril Ramaphosa se leierskap en die hernuwing van die ANC. “Die realiteit is dat ander politieke partye besef dat ons beweging hernu met pres. Ramaphosa aan die helm en ons beweeg terug na ons kernbeginsels en waardes van nierassigheid, wetgewing en volhoubare ontwikkeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johan ·

Wanneer die man (Rasool) wat joernaliste probeer omkoop het om positiewe verslae oor die Wes-Kaapse regering te skryf toe hy premier was praat oor ‘kernwaardes en beginsels’…lagwekkend!

Gert van Wierdapark ·

Rasool ontpop as ‘n ware nar met sy opmerking dat die DA hul “waardes versuim” het in JHB en Tshwane deur met EFF saam te werk. Hy en die a en see het geen waardes om te versuim nie! Dis te betwyfel of hul die woord waarde, integriteit, verantwoordelikheidsin, ens verstaan. Die enigste taal wat saak maak is plundering van staatsbates, swak regering, mors van geld en in die grond in “bestuur” van SA!!!

Phillip ·

Ja rasseklasifikasie, “affirmative action”, BEE, BBEE, BBBBEEEE en diesmeer is nierassig.

kolla ·

Die ou noem homself ‘n politikus en weet nie eers dat die EFF met niemand in koalisie is nie. Die EFF is nie in koalisie met die DA nie (dis duidelik gestel deur Malema), dis ‘n samewerkingsooreenkoms.

Stebastiaan ·

Die een wat vir die anc stem in die Weskaap is idioot verby as mens dit vergelyk hoe die res van die provinsies lyk, heeltemal in die afgrond in weens die korupte anc!!!!!!!

Manie van Worcester ·

Grap is dis nou anc wat blou en rooi anc skel. hulle is so eenders dis lagwekkend

Dries du Toit ·

ANC se beginsels, waardes en nie-rassigheid. Bestaan dit regtig . Wie glo sulke leuens ????

jaco ·

en rasool is n kleurling – dis einste die kleurlinge wat gedurig moet hoor “sorry no job for you because you are not black enough” OF “daars nie werk vir jou nie, want ons personeelsamestelling moet die nasionale demografie weerspieël”. Ek suig nie dié goed uit my duim nie. daars talle bewyse.
ook maar n skande dat die enkele kleurlinge soos Rasool wat nog oor is in die ANC, nie eens vir hulle eie mense kan sorg nie

ANC-EFF-BLF ·

WATCH this SPACE – Die ANC en EFF gaan verseker ‘n koalisie vorm; indien NIE, dan gaan dit die EFF en BLF wees. Hulle haat ons wittes. die gevoel is wederkerig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.