ANC-LP in hof vir moord op sy vrou

Sibusiso Kula saam met sy vrou Jennifer (Foto: Facebook)

ʼn ANC-parlementslid wat amper twee maande ná die dood van sy vrou in verband met haar moord in hegtenis geneem is, sal later die week om borgtog aansoek doen.

Die saak teen Sibusiso Kula (34) is in die Orkney-landdroshof tot 27 Januarie uitgestel vir ʼn amptelike borgtogaansoek. Volgens Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Noordwes, sal die staat die aansoek teenstaan weens die ernstige aard van die saak.

Kula is Vrydag in hegtenis geneem in verband met die moord op 27 November. Volgens die polisie het dit aanvanklik geblyk dat Jennifer Kula tydens ʼn rooftog vermoor is. Sy het ʼn steekwond aan die rug gehad. Die moordwapen is nooit gevind nie.

Kula het die moord by die polisie aangemeld en aangevoer hy was nie tuis ten tyde van die voorval nie. “Deeglike ondersoek deur die polisie het hom egter met die moord verbind waarna hy in hegtenis geneem en aangekla is.”

Die ondersoek duur voort en Kula bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Danie ·

Deeglike ondersoek wat n klug eers probeer toesmeer soos dit met alle misdade teen hul eie gaan.Kyk net na ou cirel se skandaal.

Veritas ·

Ja nee, slim vang sy baas. Ek dink van die mense kyk te veel na die crime channel op DSTV en dink hulle gaan wegkom met moord.

Sean ·

Want die anc leiers dink hulle is verhewe bo die wet Nog n jong lewe verwoes Saak gaan ook jare en jare neem voor dit n stille dood sterf

Marcello ·

Ja, weereens dui dit maar net weer aan watse aanstellings gedoen word. Geen agtergrond “check-ups” nie, ek werk vir ‘n Staatsinstelling en dieselfde gebeur maar hier ook. Toe ek 40jaar terug aangestel is, het jy vir ‘n hele dag toetse geskryf en onderhoude gehad. Maar ek betwyfel dit sterk of dit nou gebeur.

domheks ·

Ken die regte mense en jy kan maar moor soos jy wil! Waar is cANCer se vroueliga nou?

George ·

Cyril gaan seker n span van 32 comrades saam stel wat die gaan ondersoen vir die volgende 19maande op die belastingbetaler se sak.

Jr ·

Nog net bewys van krimenele en thugs waarvan die cANCer opgemaak is van

Vonny ·

In die NUWE SA…
kom almal letterlik weg met moord!

Die 10 gebooie nie n wet in DIÈ land

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.