ANC staan by Ramaphosa

Paul Mashatile, tesourier-generaal van die ANC, en Pule Mabe, woordvoerder van die ANC, tydens ‘n vorige mediakonferensie by Nasrec op 2 Desember. (Foto: Guillem SARTORIO / AFP)

Ná ’n lang dag van debatteer, het die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) eindelik besluit om teen die aanvaarding van die artikel 89-paneel van ondersoek na gebeure op Phala Phala se verslag te stem.

Dít mits die parlementêre stemming Dinsdag nog voortgaan.

Pres. Cyril Ramaphosa het vanmiddag hofstukke by die Konstitusionele Hof ingedien om die verdoemende verslag te laat hersien. Die parlement se voorsittende beamptes sal nou moet besluit of die stemming môre kan plaasvind.

Paul Mashatile, tesourier-generaal van die ANC, het dit egter Maandagaand tydens ’n mediakonferensie duidelik gestel dat ANC-parlementslede tydens die stemming teen die aanvaarding van die verslag sal stem.

“Ons sal dit nie ondersteun nie. Dit beteken die president gaan voort met sy pligte.”

Mashatile het toegegee dat daar tydens vandag se vergadering by die Nasrec-konferensiesentrum ’n driftige debat was met sommige komiteelede wat aangevoer het dat die ANC dalk ten gunste van die aanvaarding van die verslag behoort te stem. Mashatile wou nie sê hoeveel ten gunste daarvan was nie, maar wel dat daar eindelik besluit is om daarteen te stem.

Die NUK was ook eenparig dat Ramaphosa geregtig is daarop om die verslag te laat hersien.

Mashatile het dit later ook duidelik gestel dat Ramaphosa nooit aangebied het om te bedank nie. Die NUK het ook nie van Ramaphosa gevra om te bedank of opsy te staan nie. “Dit is in die beste belang van die land dat Ramaphosa vir eers voortgaan met sy pligte.”

Mashatile het verslaggewers wel gerusgestel dat Ramaphosa deur die integriteitskommissie aanspreeklik gehou sal word, sou hy skuldig bevind word. Die kommissie sal teen Vrydag ’n verslag aan die ANC oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Nie Verbaas ·

Ons was niks anders te wagte nie. Klomp korrupte ANC gemors.

Ettienne ·

Mnr Kieswetter. Ek glo SARS ondersoek ook die saak en ‘n saak van onverklaarde inkomste en belasting ontduiking. Indien nie, hoop ek en glo ek dat vir baie inwoners van die land die onlangsecbelastingjaar hulle laaste een was. Weiering om belasting te betaal is deel van burgerlike ongehoorsaaamheid aan ‘n regering waar wette meer as net inkonsekwent toegepas word. Staan saam burgers!

Wondermaarnet ·

Korruptes beskerm korruptes. Dit sal nooit verander nie.

annie ·

Pinocchio glo alles wat die jakkals en die kat te vertelle het… Waar bly die Blou Fee tog as ons haar nodig so het! Nie daai een nie! Asseblief!

Veronika ·

Natuurlik sal hulle by hom staan hulle is net so korrup!

Jr ·

Ja hulle sal want almal ertjies in die selfde pot. Almal ewe korrup What a dreadful chap indeed

Christine ·

Ja, hulle staan by Ramaphosa, want hulle staan almal agter die deur van korrupsie!

Watsenaam ·

Pres. Cyril Ramaphosa het vanmiddag hofstukke by die Konstitusionele Hof ingedien om die verdoemende verslag te laat hersien. Julle meen om die verslag te verander om hom onskuldig te laat lyk?

Karina ·

Net soos hulle al hul kaders beskerm. Wat is daai ou se naam nou weer, die vorige president wat nooit hof of tronk toe wil gaan nie? Ag, ek het sommer Z se naam uit my brein uitgevee omdat dit niks beteken nie. So gaan ons voort, skuldig maar onskuldig bevind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.