Appèlkomitee oor inenting van kinders gestig

Verskeie kenners moedig inenting vir kinders tussen 12 en 17 jaar oud aan. (Foto: Unsplash)

Die minister van gesondheid het ʼn appèlkomitee aangestel om die inenting van kinders tussen 12 en 17 jaar oud te hanteer.

Dié komitee sal die appèl op Vrydag 11 Februarie en Maandag 14 Februarie aanhoor.

Dit volg nadat die drukgroep Free the Children Save the Nation by die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) geappelleer het oor die besluit om kinders tussen dié ouderdomme teen Covid-19 in te ent. Die departement het dié besluit in Oktober aangekondig.

Die organisasie voer aan daar is geen wetenskaplike, billike of rasionele rede waarom kinders tans teen die virus ingeënt moet word nie en tot die appèl aangehoor word, moet kinders ingevolge hul grondwetlike en menseregte beskerm word.

Ingevolge voorgeskrewe wetgewing oor die proses het die organisasie op 26 Oktober aanvanklik met die hoof van Sahpra vergader, maar geen ooreenkoms kon bereik word nie. Free the Children het daarna gevra dat ʼn ministeriële appèlkomitee op die been gebring word om die saak te besleg. Die organisasie het ook gevra dat hy kwytgeskeld word van die R51 000 wat hy boonop moet opdok vir só ʼn komitee om sy appèl aan te hoor.

Adv. Tembeka Ngcukaitobi SC sal as voorsitter van die komitee dien. Prof. Salim Abdool Karim, een van die regering se huidige adviseurs oor Covid-19, dr. Stephen Schmidt, dr. Herman Edeling en prof. Glenda Grey, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (MNR), is almal lede van die komitee.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jedi Knight ·

Is iets wat elke paar maande herhaal moet word n entstof of chroniese medikasie?

Mercia ·

Goeie vraag. En as dit kroniese medikasie is waarop dit daadwerklik afstuur moet daar eers bewys word dat die individue kronies ( m.a.w 3 tot 4keer per jaar) aan hierdie kondisie ly. Met mangelontsteking is daar gesê dat ‘n kind dit 3 tot 4 keer per jaar moet kry anders kwalifiseer die kind nie vir mangel verwydering nie. Onder die huidige covid 19 “vaccine” veldtog word mense aangesê om te spuit ongeag hulle al die virus onder lede gehad het of nie….al kan dit nog steeds glad nie infeksie verhoed nie. Dis so goed hulle maak mangel-verwydering verpligtend ( dit is immers ook hoogs aansteeklik) en dit alles onder die vaandel…..” net vir ingeval”

VaalDonkie ·

Dit gaan my verstand te bowe. Hulle kyk na hoeveel teenliggaampies in jou liggaam is om te bepaal hoe ge-“boost” jy is. Maar teenliggaampies verdwyn mettertyd soos die infeksie verdwyn. Maar wat agterbly is jou B-, en T-selle wat “onthou” hoe om die teenliggaampies te maak. Dit maak dus glad nie sin om elke paar maande ingespuit te word nie.

En nog minder met ‘n entstof wat op ‘n 2 jaar-oue voorvader van die virus geskoei is, en nie op ‘n meer onlangse variant so Delta of Omikron nie.

Maar nou ja. Maak tog nie saak nie want niks wat ek se of vra gaan beleid verander nie.

Androclus ·

chroniese medikasie elke maand afhangende van wat jou voorskrif se.

versigtig101 ·

Jy besef dat baie van jou kinder inentings baie boosters gehad het? Hierdie is nie die eerste vaccine wat n booster kort nie, en gaan beslis ook nie die laaste een wees nie.

Nie Verbaas ·

Salim Karim op die kommitee? Almal weet hoe sy brein geprogrammeer is.

Di ·

Hierdie inenting storie is net om geld te maak! Gaan dit op ‘n permanente basis moet kry soos die griep inspuiting

Lize ·

Watse “geldmaak” storie? Jy betaal mos nie vir die inenting nie?

Vlooitjie ·

Ja ons doen, one way or the other. Om te dink die staat verskaf ‘n veilige, beproefde gratis inenting vir jou kind is bitter naief.

Papsak ·

AMEN AMEN PRAAT WAARHEID GELD MAAK BESIGHEID !!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.