Babelse verwarring in Cope; Lekota nié geskors

Moiuoa Lekota. (Foto: Reint Dykema)

Is hy of is hy nie? Mosiuoa Lekota, president van Cope, is nie geskors nie en die party sê in sy jongste verklaring oor die debakel dit was ʼn “haastige en desperate” poging van Willie Madisha, adjunkpresident van die party, om sy eie bas te red.

“Die president van Cope, kameraad Mosiuoa Lekota, bly aktief en bevoeg om die party te lei en as leier in die parlement op te tree. Hy het die vertroue en volle samewerking van die nasionale kongreskomitee, soos opnuut bevestig in ʼn vergadering op 20 Augustus,” sê Teboho Loate, Cope se nasionale voorsitter.

“Enige hallusinasies deur Willie Madisha en sy kliek moet met minagting verwerp word.”

Madisha het Maandag aangekondig dat Lekota voorlopig geskors word, onder meer omdat hy die party verdeel en parallelle strukture op die been bring wat dan met mekaar meeding, pleks daarvan dat die party versterk en verenig word.

Daar is ook aangevoer dat Lekota se gesondheid hom nie toelaat om sy pligte na behore uit te voer nie.

Loate sê nou daar is ʼn kliek van net drie leiers in die nasionale kongreskomitee wie se optrede nou al geruimte tyd ongrondwetlik, ambisieus en irrasioneel is. Hulle is Madisha, Dennis Bloem, die sekretaris vir kommunikasie, en Mzwandile Hleko, die verkiesingsekretaris.

Daar is vroeër besluit om hulle drie te skors en hulle het Vrydag briewe ontvang wat hulle hieroor inlig.

Hy sê Maandag se aankondiging is ʼn aanduiding van mense wat desperate stappe sal doen om onwaarhede te verkondig en verwarring te saai. Die drie het ook prokureursbriewe ontvang dat hulle nie by magte is om namens Cope te praat nie en dit dadelik moet staak.

“Hulle sal die gevolge dra,” sê Cope.

Loate sê hyself, Lekota en Eric Mohlapamaswi, die waarnemende sekretaris-generaal van die party, en ander nasionale kongreskomiteelede sal later verdere besonderhede bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Windhond ·

Lekota is een van die minderheid wie se brein reg bedraad is – die res tas in die donker rond

Abraham ·

Cope het soveel potensiaal gahd maar sy leers, Lekota inkluis, is te gevrek om die party uit te bou. Dit kan maar gerus ‘n stille dood sterf.

Manie ·

Maak nie saak wie hulle is, waar hulle vandaan kom of waarheen hulle dink hulle oppad is nie, die klomp sal altyd onderling baklei. Ek wag vir die groot EFF bakleiery wat voorlê.

Jannie van Niekerk ·

Ek sal eerder sê as jy vir die ANC/EFF stem is jy geestelik versteurd en verstandelik vetraag. Mnr Lekota is ‘n uitstekende leier wat omgee vir ALMAL nie net die kaders nie.

Jannie van Niekerk ·

Mnr Lekota is een van die min leiers wat werklik omgee vir die land en sy mense. Hy is ook nie korrup nie. Ek is seker diegene wat teen hom is is ANC en EFF kaders wat die party ingesypel het om Cope van binne af te probeer ontwrig.

Pietertjie ·

Ons bly in die gat van Babel. Daars geen sprake van enige toring nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.