Bakkie luier nog langs vermoorde boer se liggaam

(Argieffoto: pixabay)

Hennie Moldenhauer (58) se bakkie het nog geluier toe sy vrou Sondagoggend op sy liggaam langs ’n gestroopte sojaboonlandery op hulle plaas net buite Amersfoort in Mpumalanga afgekom het.

Deon van Zyl, Moldenhauer se buurman, vertel dat Moldenhauer Saterdag jakkalse opgemerk het toe hy by sy beeste in die veld ’n draai gaan maak het. Hy is Sondag douvoordag met sy pistool en ’n jaggeweer uit veld toe op soek na dié jakkalse.

Sy vrou, Mokkie, het later die oggend na hom gaan soek nadat Moldenhauer ure later nog nie teruggekeer het huis toe óf oor sy selfoon of tweerigtingradio bereik kon word nie.

“Toe sy by sy bakkie kom, het die bakkie nog gestaan en luier,” vertel Van Zyl aan Maroela Media.

Moldenhauer se liggaam is sowat 10 m van die bakkie met ’n skietwond aan die kop aangetref. Die oorskot van ’n swart hond is sowat 15 m verder gevind. Die dier is ook geskiet.

Maroela Media het vroeër berig die hond behoort nie aan Moldenhauer nie, maar volgens die polisie vermoedelik aan sy aanvaller of aanvallers.

Moldenhauer se twee vuurwapens word vermis.

Van Zyl meen sy buurman se dood gaan beslis ’n groot leemte laat. Moldenhauer het ten tyde van sy moord by Eskom in die omgewing van Amersfoort gewerk en deeltyds geboer.

“Oom Hennie was baie betrokke by sy kerk en het altyd kom help met wegholbrande en vermiste vee.”

Van Zyl sê voorts die boere in die omgewing ry patrollie en bou ’n verhouding met die polisie om landelike veiligheid te bevorder. Moldenhauer was ook deel van dié groep boere.

“Ouens soos oom Hennie kan nooit vervang word nie … ons voel regtig uitgelewer waar ons is.”

Maroela Media het Dinsdagoggend ’n navraag aan die polisie oor die vordering in sy ondersoek gestuur en wag nog op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Danie ·

Ek is nie n speurder nie nog minder n siener maar ek dink wat gebeur het is as volg. Die mense jag met honde en ek sien dit baie want ek ry die N17 tussen Kempton en Secunda feitlik daagliks dan sien jy hulle met hul trop honde. Wat ek dink het gebeur hy het op hulle afgekom waar die honde jag en die hond geskiet. Daar het n argument ontstaan en omdat hy hulle nie wou skiet nie het hulle hom oorrompel en toe skiet hulle hom. Dus as die polisie die jagters kry sal hulle die skuldiges ook kry.

Danie ·

Rooikoos. Gewoonlik, hase en kleiner wild soos steenbok maar soos jy nou ook weet maak hulle jag op die boere.

Mariaan ·

Hopelose situasie in ons land!! Sterkte aan hierdie familie…

LANA is ELANè ·

Ek is jammer om dit te sê, maar julle is uitgelewer. Hierdie regering doen niks om boere se plase veiliger te maak nie, en is agv hul eie duistere motiewe blind as dit by plaasmoorde kom.
Daar is soveel moordenaars daarbuite wat daarop uit is om net die boere te teiken danksy die regering se wegkyk as dit kom by plaasmoorde.

Deon ·

Ek is bevrees, jy is reg…. Die regering doen ook nie juis veel vir die ander burgers van die land, se veiligheid nie, kyk bv na bende goed, transito rooftogte, korrupsie en sommer n hele emmer vol ander goed

Irma ·

Lana, dit is nie net die die boere wat uitgelewer is nie. Elke Suid-Afrikaner is uitgelewer aan die misdadigers/moordenaars in hierdie land want die “regering” en die “polisie” is te slapgat om iets drasties aan die misdaadsituasie in die land te doen. Die “regering” en die “polisie” gee aan die moordenaars meer regte as aan die gewone burgers van hierdie land.

Pieter ·

En nog steeds bly ons blankes net praat en saai bly nog steeds met die ANC terroriste onderhandel. Ons blankes is besig om ons eie grafte te grawe.

Danie ·

Ek stem saam. Dit is asof ons mense met oogklappe loop. Ons onderhandel met die duiwel. Ons gaan net voort saam met die stroom. Wanneer gaan ons stilstaan die klappe afhaal terug kyk en om ons kyk voordat ons gaan besef ons gaan ten gronde. Is ons bang vir die massas. Het ons vergeet wie ons is en in Wie se krag ons wandel. Moet ons dan nou n vloerlap wees vir die aanbidders van voorvader geeste. Nee man ons moet terugkeer na ons wortels. Kyk wie aanbid ons. Stel ons saak reg met die lewende God. Ruk onsself reg en as ons moet veg dan veg ons

Thom ·

Ek sal enige tyd veg maar nie saam met mense wat aan ” oompie ” glo nie ___ hulle stommiteit laat mens seerkry .

SjN ·

Wat het hulle in elk geval daar gesoek? Wat van betreding, Hoedeman en sy gespuis is nie in staat om die werk te doen nie, Simpatie met sy geliefdes.

Corne ·

‘n mens voel so magteloos as jy lees van die al die moorde op ons boere. (Het self op ‘n plaas groot geword) Een ding wat ek geleer het is dat ons Afrikaanse volk nie eintlik kan saamstaan nie. Ons moes al lankal die wapen opgetel het. Genoeg is Genoeg. Kyk maar hoe het die boere in groepe gevorm in die Vrystaat na daai jong seun se moord. Hierdie een wil leier wees, en daai een wil die leier wees en so gaan dit aan. Die regering gaan niks doen nie . Afriforum en Solidariteit se hande is afgekap. So ja wat bly oor………………………

Marlene ·

Ja, die een wat oortree (met hond & al) mag verniel & doodmaak soos hy wil. En hulle sal dit weer en weer doen, want weet hulle kom niks oor nie. Dink aan hierdie vrou wat op haar man afgekom het. Ek bid vir jou dat daardie beeld sal vervaag

Erika ·

Die ANC Regering Will nie Iets daar aan doen nie Punt… En dit maak hulle Juis medepligtig aan die Moorde.. -Dit is rassistiese Haat …. (.God way Treat each other the way you want to be treated )

Samuel ·

Wat kan mens sê? Slegs sy vrou en ander familielede God se vrede toe bid en vertrou die SAPD sal die moordenaar (s) spoedig vastrek.

Werner ·

Ons blankes se slapgatgeit beteken ons ondergang.Ons is te bang om iets te doen want dan staan jy aleen.Ons moet maar soos ons mede burgers maak ruk in getalle op as hulle boere of enige blanke onwettig wil arresteer.Dit is in elkgeval net ons wat dink daar is nog wet en orde.Ons moet begin vra wat kan ek doen in plaas wat die regering die DA en FF + gaan doen.Slegte nuus hulle gaan niks doen nie

Danie ·

Die boere het mos met onlangse aanvalle op hulle geleer dat jy nie iemand mag skiet wat jou aanval nie.
Dan is dit nou maar die toekoms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.