Verskeie gr. 12-leerders van die Parktown Boys’ High School in Johannesburg is geskors nadat ʼn video aan die lig gekom het van ʼn gewelddadige bakleiery by die skool.
Die voorval het na bewering Donderdagmiddag by die skool se snoepie plaasgevind.
In die video kan gesien word hoe ʼn seun ʼn ander leerder gryp voordat ʼn ander groep leerders ingryp.
Dit wys ook hoe die leerder die ander een gryp en ʼn klap gee, voordat hy hom heeltemal oorrompel. Die seun val op die grond, waarna die ander leerder hom herhaaldelik teen die kop skop.
Die video het sedertdien soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.
Die betrokke leerders is reeds geskors. Dit is nie duidelik waaroor die bakleiery gegaan het nie.
Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het die voorval veroordeel.
“Dit is uiters swak dissipline wat hierdie leerders getoon het en leerders word versoek om nie so op te tree nie,” sê Lesufi.
“Ons sal nie sulke gewelddadige gedrag in ons skole duld nie. Leerders moet op hul skoolwerk fokus en as iets hulle pla, moet hulle dit onder hul opvoeders of skoolhoofde se aandag bring – pleks daarvan om sake in eie hande te neem.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
Lesufi moet nie in onderwys departement geduld word nie!
As ek so na die foto kyk is dit n swarte wat n witte aanrand.As dit nou omgekeer was was die skool al afgebrand.
Nou wat het geword van “In an apparent racial incident”, ek kan net die foto op Maroela sien, maar dit lyk vir my na 2 kinders van verskillende rassegroepe, en die wit kind is die een wat geskop word. Die reels/ verslaggewing moet mos albei kante toe geld?
Ek kry al ‘n kramp as ek lees hulle “veroordeel” alles. En dis ook waar dit bly….. by woorde en geen daadwerklike dade of aandag verder nie.
As ek na die foto kyk wil dit voorkom of dit n rasse voorval is. Swart kinders wat n enkele wit kind aanrand. Draai gou die prentjie om en die skool word af gebrand.