Beeldmateriaal wys glo hoe sakeman vrou aanrand

(Argieffoto: pixabay)

Ysingwekkende beeldmateriaal van ’n Wes-Kaapse sakeman wat sy vrou glo in hul bed aanrand terwyl hul jong dogter haar ma probeer beskerm, is Woensdag deur AfriForum se privaatvervolgingseenheid vrygestel.

Die eenheid tree namens die ma en kind op en hul identiteite word beskerm weens die betrokkenheid van die minderjarige kind.

Die man het Woensdag op verskeie aanklagte van aanranding in die Bellville-landdroshof verskyn waar die saak teen hom tot 16 Februarie uitgestel is. Die saak het al in 2018 vir die eerste keer voor die hof gedien, maar is destyds teruggetrek.

Barry Bateman, woordvoerder van die privaatvervolgingseenheid, sê die kringtelevisiebeeldmateriaal, wat Maroela Media onder oë gehad het, sal deel vorm van die getuienis teen die beskuldigde, ʼn suksesvolle sakeman in Kaapstad.

“In tonele, wat herinner aan die Jaco Swart-aanrandingsaak wat gelei het tot landwye verontwaardiging en veroordeling, kan gesien word hoe ’n man op ’n bed ’n vrou oorrompel, haar oor haar hele lyf, ook haar gesig, slaan en haar wurg. Terwyl hy dit doen, probeer ’n jong meisie die aanranding keer,” sê Bateman.

’n Skermgreep uit die video waar ’n man glo sy vrou voor hul kind in hul bed aanrand. (Video deur AfriForum verskaf)

“Verskeie voorvalle is op die egpaar se geslotekringtelevisiestelsel opgeneem. In Augustus 2018 het die privaatvervolgingseenheid se kliënt ’n saak van aanranding teen haar man aanhangig gemaak. Die polisie het die beskuldigde in hegtenis geneem en borgtog is later aan hom toegestaan.

“Ongelukkig het jare se fisieke en emosionele mishandeling sy tol op die vrou en haar dogter geëis. Haar destydse prokureur het aan die aanklaer gesê dat hulle emosioneel ongeskik is om te getuig en die saak is daarna teruggetrek.”

Bateman sê die eenheid het ná die vrystelling van die Jaco Swart-video verlede jaar met die vrou vergader en sy sien nou weer kans om met die saak voort te gaan.

Die eenheid het vertoë hieroor aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gerig en die saak is opnuut op die rol geplaas.

“Ons sal hierdie saak fyn dophou om te verseker dat geregtigheid geskied. Ons doen ’n beroep op slagoffers van geslagsgebaseerde geweld om daaroor te praat en ondersteuning te soek. Daar sal altyd iemand wees wat langs jou staan, soos ons eenheid wat baie ander vroue in soortgelyke omstandighede al bygestaan het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Misky ·

Absoluut skokkend!!!! Ongelukkig sal my kommentaar verwyder word hier as ek sê wat ek werklik op die hart het.

Euodia ·

Ja myne beslis ook!!! Skande. Mens wonder Baie wat gaan in huise aan as jy so verby ry!!!

Hennie ·

Geslote kring televisie in die slaapkamer? Mmmmm. Wat nog?

George ·

Abusers sal enige iets doen hom hul victims ingekluis te hou, dat hy kan monitor van weg die huis af, en ook moontlik om haar af te pers as sy daar aantrek.

Papsak ·

Vieslik vieslik en skokkend en dit gedoen voor n kind dit nou glad nie n kordaatstuk nie hy moet sy kop in n gat druk skande

Juanita ·

Wonder nogsteeds waar Jaco Swart is en wanneer geregtelikheid gaan geskied?

JohanR ·

Juanita – ek het nou die hele video van begin tot einde gekyk. Hy het net nie sy vrou geslaan nie hy het haar aangerand. Het nog nooit iets soe lelik gekyk nie. Ek het nog nooit in my lewe my hand of vuis vir ‘n vrou of kind opgelig nie, maar hier slaan die “MAN” die arme vrou uitmekaar, en gee nie eers om dat die kind daar is nie, en probeer dit stop sit. Daar moet ‘n hofsaak wees en die ou moet binne toe.

Maggies ·

So vent moet swaar gestraf word en ook sielkundige behandeling ondergaan. Sy hele gesin ook.
Die sielkundige skade wat so persoon aan sy vrou en kinders veroorsaak is lewenslank met hulle.
Daarom voel ek die straf moet ook lewenslank wees.

piet ·

Ek sal nou nie sover gaan nie. Dink net hoeveel vroue so ‘n situasie kan uitbuit. En dan sal dieselfde moet geld vir die menigte vrouens wat hul mans slaan…

Andriette ·

Mammas , julle weet nie watse trauma jou kind vir jare nog moet deurgaan omdat sy moet toekyk hoe haar ma geslaan word nie. Ek sit nou nog met die letsels. Asseblief moet dit nie aan julle kinders doen nie.

George ·

Ongelukkig bind baie van die kinders liefde met geweld, en eindig ook in sulke verhoudings op

George ·

Beslis nie die ou se eerste keer nie, die dogtertjie probeer haar ma beskerm. Kom kry vir ons n mooi gesig foto van die ou dat ons hom famous maak en sy besighede toe maak. Lafaard.

Mnr De Beer ·

Daai persoon wat die vrou so slaan is nie n man se gat werd nie. Dit is eenvoudig net verkeerd om so op te tree teen jou vrou en kinders. Gee my maar af duimpies of verwyder maar my kommentaar as dit vuil is.

Axel ·

Absoluut skokkend en hy het daarmee weggekom vir 5 jaar. Mag ay eerste dag agter tralies so afspeel

George ·

en dis wat ons sien, wat het gebeur waar daar nie kameras is nie..

Natalie ·

Sy het nou n vrees in haar wat vir altyd sal bly. Praat van ondervinding

Surfer ·

Ten minste is hier iets gedoen en nie soos in die geval van oom Cyril en sy kamerade se lee beloftes nie.

Suzette ·

Ek stem Sean …… ek sal baie kreatief wees, glo my…….

Francois ·

Ons mans geslag kort regtig n paar moeviese harde klappe (OK, nie almal nie). maar beslis n hele klomp. Dieselfde het waarskynlik in sy ouerhuis gebeur, en dis nou sy voorbeeld. Sluit hom maar toe vir n paar jaar, sodat hy sy lewenslesse kan leer. n Man slaan nie aan n vrou of enigiemand nie.

Francois ·

Die tipe sake moet aangekla word, selfs as die vrou nie wil getuig nie (want sy word waarskynlik gedreig)

Christine ·

Wat jy nou sê, Francous, is ‘n baie goeie idee. Vrouens moet nie sake kan terugtrek nie, die vervolging moet dan voortgesit word – obviously moet daar bewyse wees.

Christine ·

Maak nie saak hoeveel geld en besighede die ou het nie, as jy gemors is, is jy gemors.

piet ·

Volgens sy portuur lyk hy nie juis asof hy hondhaar sal afmaak teen die gemiddelde man nie. Lyk maar lig in die broek vir my.

Wondermaarnet ·

En dan is hy seker die vriendelikste en gewildste sakeman, maar geen van sy kliënte weet hoe ‘n lafaard hy is by die huis nie.

Parmantige samaritaan ·

Publiseer asb dié man se naam asook diê van sy bedighede. Wie nie wil hoor nie moet voel.

Tanya ·

Die siek vark (gemors) het sy kind ook ‘n paar keer bygedam, hy kort ‘n groot pakslae van ‘n man af, want sulke varke sal nooit ‘n man aan vat nie, maar ‘n vrou omdat hy wil wys wie is baas! Nee ou, jy is nie baas nie, jy is ‘n lafaard!
Dieselfde ook vir enige man wat sy vrou of kinders so aanval! Ek hoop van harte dat jy ‘n paar goeie pakslae sal kry in die tronk, want so vol soos daai tronk is van slegte kriminele, is daar net so baie mans daar wat nie sy hand sal lig vir ‘n vrou en kind nie, so pasop, jou dae is getel!

tequilasheila ·

The husband falsely accused the wife of having extra-marital relations.
So he installed cameras throughout the house in order to catch her.
Ironically, the camera footage is now being used in the assault case against him. Other incidents were also captured. – Just show you, goedso!! glunt…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.