Bejaarde boer aan grenspaal vasgebind

(Foto: Twitter)

’n Groep aanvallers het vandeesweek ’n bejaarde boer van Musina in Limpopo met onder meer boeie aan ’n grenspaal vasgebind voordat hulle met sy bakkie op die vlug geslaan het.

Die aanval het Dinsdagoggend sowat 40 km van Musina plaasgevind.

Daar word vermoed dat die aanvallers van Zimbabwe die grens oorgesteek het en ná die aanval weer oor die grens na dié buurland gevlug het.

Theo de Jager, uitvoerende voorsitter van Saai, sê oorgrensmisdaad word ál meer ’n probleem.

Volgens De Jager het twee mense die boer Dinsdag genader onder die voorwendsel dat hulle lusernbale by hom wil koop. “Hulle vra toe of hy dit [op sy bakkie] vir hulle ’n ent af in die pad kan neem tot waar hulle dit verder kan vervoer.”

Daar gekom, het aanvallers hom oorrompel en gesleep tot by ’n grenspaal waar hulle hom aan ’n grenspaal vasgebind het. Die boer se voete is ook met draad vasgebind voordat hulle op die vlug geslaan het.

Die boer kon ná ’n gespook homself loswikkel en hulp ontbied. Die boeie was egter later steeds om sy hande met sy aankoms by die hospitaal.

(Foto: Twitter)

De Jager sê ’n plaaswag sou onder gewone omstandighede ’n goeie kans staan om die verdagtes met behulp van gevorderde tegnologie op te spoor. Dit was egter nie in dié geval moontlik nie aangesien die verdagtes waarskynlik terug oor die grens na Zimbabwe gevlug het.

“Ons hande is afgekap as dit oor grense heen gebeur.”

Saai het sedert Dinsdag se aanval kontak gemaak met die Zimbabwiese ambassade in Pretoria in die hoop om ’n oplossing vir die probleem te vind.

Volgens De Jager is daar twee brandpunte vir oorgrensmisdaad, waaronder veediefstal en plaasaanvalle, naamlik die Zimbabwe- en die Lesotho-grens.

Maroela Media het ook vroeër vandeesweek berig oor ’n plaasaanval in die omgewing van Musina waartydens R100 000 gebuit is.

Die voorvalle het in dieselfde week gebeur as pres. Cyril Ramaphosa en sy Zimbabwiese eweknie, Emmerson Mnangagwa, se ontmoeting by Beitbrug. Die staatshoofde het Donderdag ’n inspeksie van ’n nuwe gebou op die grens onderneem.

Ramaphosa het tydens die geleentheid gesê verbeterde grensinfrastruktuur sal die ekonomie van onderskeidelik Suid-Afrika én Zimbabwe baat.

“Ons sou wou gehad het dat hulle ook oor hierdie goed praat,” sê De Jager met verwysing na plaasaanvalle en veediefstal waar verdagtes die grens oorsteek.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gestuur rakende Dinsdag se aanval en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Kobus ·

Vra vir me De Lille waar haar miljoene rand se heining is. Ons ANC regering se beheptheid met Zim burgers help nie juis nie.

Sandra ·

hulle stand hand op die blaas met Zim, so daar gaan dadels van kom

JohanR ·

Moenie de Pille nou pla nie. Sy het al vergeet van die R37 miljoen, maar nie lank nie dan het sy weer op gemors.

Amelia ·

mense moenie goedere trou ander probeer help nie Help landgenote ek weet hier ook kriminele maar probeer maar net ons eie help voor ander

Karoo ·

Goeiste….soos die Engels man se, No good dead goes unpunished. Dankbaar die Man is veilig en hoop hy sterk mooi aan, die wonde op die liggaam sal herstel, maar die gees, veral ons ouer mense, dis moontlik waarmee hy kan sukkel. Sterkte aan almal.

Kokerboom ·

Solank ALLES by kerm en praat bly sal NIKS verander tov Landbou aanvalle asook oop grense!

Gerhardus ·

Malema was mos in Zimbabwe om “soldate” vir sy rewolusie te gaan werf. Dit word uit Limpopo beplan en bestuur. Die oplossing lê nie in Zimbabwe nie, maar by daai rooi overall C.I.C (Clown In Charge).

Chris ·

Ai Ai watter tipe mens doen dit aan ñ veel ouer persoon.Algehele gemors van Ons buurland Zimbabwe met wie ou Cyril so hand om die blaas is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.