Die Rustenburg-polisie doen ʼn beroep op die publiek om met inligting na vore te kom nadat ʼn 70-jarige vrou glo Maandag buite ʼn huis in dié Noordwes-dorp deur vier gewapende mans oorval is.
Sers. Kelebogile Moleko, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die slagoffer is ʼn huishulp wat omstreeks 11:00 by haar werkgewer se huis in Klopperstraat oorval is.
“Die vrou was buite die huis doenig toe vier mans haar genader het. Hulle het haar in die huis ingedwing, haar hande met ʼn tou vasgebind, ʼn lap in haar mond gedruk en die huis geplunder,” het Moleko gesê. Die mans het met ʼn skootrekenaar, tabletrekenaar en juwele van die toneel gevlug.
Niemand anders was tydens die voorval by die huis nie.
Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Mense met inligting oor die voorval wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om ao. Tlou by 082 856 1326 te bel.
Verstaan nie altyd so lekker die stories nie. Wil jy vir my se sy het die hek vir vreemdes oopgesluit……………………………. wonder ma net.
Die berig se sy was buite haar huis. Ek was nou net buite my huis, besig om wasgoed op te hang. Ook in Klopperstraat Rustenburg. Dit kon net sowel by my gebeur het.
Sy’t hulle ingenooi.Nou maak sy of sy aangeval is en en en!Dis ‘n bul mis!Hou ‘n huisbediende aan en jy kan moeilikheid verwag.
Stem saam met jou Tiger, as dit nie n beplande ding wasi het hulle haar beslis ook leed aangedoen,
70 jaar is al effe oud om nog huiswerker te wees?
En as dit haar enigste bron van inkomste is? As jy nie kans sien daarvoor nie, sy doen dit wel. Dit is my opinie.
Liewe genade, ek neem aan die wat nou hierbo kommentaar lewer is Rustenburgers? Rustenburg se misdaadsyfer is ongelooflik groot. Hier nooi jy nie in nie, hul wip sommer oor n twee meter heining met lemmetjiesdraad, vat wat wil en wip weer daaroor, helder oordag! Dit gebeur, en ja daar is so oues van dae wat nog huiswerk doen want hul het nie keuse nie.
Retha ons het 40 jaar in Rustenburg gebly .Sal nie weer daar bly al BETAAL hulle ons nie!Sy misdaad syfer is die hoogste in die land terloops.
Volgende week is die huis leeg gedra…………..en bediende op verlof……