Bejaarde op plaas oorrompel, vermoor

Die bejaarde man is in die huis aangetref. (Foto: Verskaf)

ʼn Bejaarde man is Woensdag dood op ʼn plaas in die Dwarsfontein‑omgewing naby Delmas aangetref nadat ʼn onbekende aantal verdagtes toegang tot sy huis verkry het.

Sy lewensmaat, wat glo aan Alzheimer se siekte ly, het glo relatief ongedeerd daarvan afgekom, maar is “baie deurmekaar” ná die voorval.

Carel Botha, voorsitter van AfriForum se Delmas-tak, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn man en ʼn vrou, onderskeidelik 80 en 79 jaar oud, vermoedelik Dinsdagaand of vroeg Woensdag op ʼn plaas in die Dwarsfontein-distrik oorrompel is.

Volgens die inligting tot Botha se beskikking het die verdagtes glo deur ʼn venster toegang tot die huis verkry.

“Hulle [die verdagtes] het glo verskeie skote na die oom geskiet, maar ʼn nadoodse ondersoek sal bepaal presies hoeveel skote afgevuur is,” sê hy.

Die bejaarde man, wat op die toneel dood verklaar is, het dalk ook steekwonde opgedoen, maar dit is nog nie deur die polisie bevestig nie.

Dit is nie duidelik wie op die paartjie afgekom het nie.

Daar word wel in hierdie stadium vermoed dat die vermeende moordenaars ʼn aantal vuurwapens uit die huis gebuit het.

“Die kluis is oopgebreek en ʼn ent van die huis af aangetref. Dit is nie duidelik wat alles gesteel is nie, maar drie vuurwapens is na bewering weg.”

Volgens Botha is niemand al in verband met die aanval in hegtenis geneem nie, maar die polisie se ondersoek duur voort.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gestuur, maar wag nog op verdere besonderhede oor die noodlottige voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Mckayla ·

Dis so wreed weet jy, daai arme tannie wat nou moet alleen agterbly.. Alles vir aardse besittings…

Wendy ·

Kill the boer kill the farmer, dus wat hulle sè en goedgekeur wrd in SA howe !!!!

Groen Ghoen ·

Tragies. Nog een en nog een …. totdat hoeveel oorbly? Rooi, bloedrooi, is al wat van die beloofde Reënboognasie oorgebly het. Die res van die skape in die kraal kyk woordeloos toe, magteloos.

Kokerboom ·

Booswigte se wreedheid ken geen perke. Hul verdien doodstraf!
Vraag is weereens: Wat maak sulke weerlose mense alleen op ‘n plaas??!!!
Luister asb ons liewe ouer mense!!!!!

Aggie ·

Vra ek ook? ‘n Wapen in kluis beteken boggerol! Dit hoort aan jou lyf, veral op ‘n plaas, en word net die buit van moordenaars. Voorafwaarskuwings soos honde, kameras. Maar baie mense op plase, veral ouer mense, doen nie veel daaraan nie. Hulle dink dit sal tog nie met ons gebeur nie.

Miskruier ·

Ou mense wat hul wapens in n kluis vergeet moet dit eerder verkoop.

Goldy ·

Hoekom word dit nie as rasgedrewe aanval soos bu US bestempel nie? Hoekom word malema nie by united nations aangekla vir vuur van genocide nie?

Nicky ·

Beste raad wat ek kan gee sit trelidoor by jou kamerdeur vir oumense met jou kluis in jou kamer

Helene ·

Dit kan nie so aangaan. Erens en nou sal die streep getrek moet word!

JN ·

Maar Malema mag geweld en moord teen blankes van en in Suid Afrika aanhits.
Mag sy dag spoedig aankom..

Danie ·

Los maar die ou mense op plase hulle is sagte teikens.Ek besef dis hul als.Maar dan moet ons die weegskaal gebruik.

SjN ·

Die lafaards gaan vir sagte teikens, het hoedeman al die toneel besoek?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.