Bekende hondekos van rakke onttrek

Die herroepte produkte is slegs sekere blikkieskos vir honde – droë hondekos, snoephappies of katkos word nie hierdeur geraak nie. (Foto: www.hillspet.co.za)

Hill’s Pet Nutrition, ʼn bekende handelsmerk vir dierekos, het verskeie van sy blikkieskos vir honde van die mark onttrek weens gevaarlik hoë vlakke vitamien D in dié kos.

Hoewel Hill’s Suid-Afrika nie bevestig het of enige diere weens die kos gevrek het nie, het een persoon op sosiale media beweer haar, haar buurvrou en ʼn vriend se honde is almal dood nadat hulle van dié geaffekteerde kos geëet het.

Hill’s Suid-Afrika het in ʼn verklaring gesê hoewel vitamien D ʼn noodsaaklike voedingstof vir honde is, kan te veel vitamien D tot gesondheidsprobleme lei. Die omvang en erns van dié probleme sal afhang van die hoeveelheid vitamien D wat ingeneem is en hoe lank die hond aan die verhoogde vlakke vitamien D blootgestel is.

Luidens die verklaring sal ʼn oormatige inname van vitamien D in honde lei tot braking, ʼn gebrek aan eetlus, verhoogde dors, toename in urinerings, uitermatige kwyl en gewigverlies. In ernstige gevalle kan honde in nierversaking ingaan.

“Honde-eienaars met honde wat enige van die geaffekteerde produkte geëet het en enige van hierdie simptome toon, moet dadelik hul veearts kontak. In die meeste gevalle kan ʼn volle herstel verwag word indien die voeding van hierdie produkte gestaak word.”

Die herroepte produkte is slegs blikkieskos vir honde – droë hondekos, snoephappies of katkos word nie hierdeur geraak nie.

Die kos wat geraak word, is as volg:

ProdukSKU-kodeLotnommer
Hill’s™ Science Plan™ Canine Youthful Vitality Stew 354g10763112020T11
Hill’s™ Prescription Diet™ Canine Metabolic + Mobility Stew 354g10086102020T05
Hill’s™ Prescription Diet™ Canine i/d Low Fat Stew 354g10423102020T17
Hill’s™ Prescription Diet™ Canine Derm Defense™ Stew 354g10509102020T05
Hill’s™ Science Plan™ Canine Adult Stew 354g10450102020T26
Hill’s™ Prescription Diet™ Canine Derm Defense™ Stew 354g10509112020T05

Troeteldiereienaars wat enige van die bogenoemde produkte gekoop het, moet die voer daarvan onmiddellik staak en die produk weggooi. Enige van die bogenoemde produkte wat nie oopgemaak is nie, kan teruggeneem word na die plek waar dit gekoop is vir ʼn terugbetaling.

“Ons gee baie om vir ons troeteldiere en is toegewyd daaraan om troeteldiereienaars van veilige en hoë gehalte produkte te voorsien. Hill’s het die fout geïdentifiseer en geïsoleer en om te verhoed dat so iets weer gebeur, het ons ons verskaffer verplig om bykomende kwaliteittoetse in plek te stel voor hul bestanddele beskikbaar gestel word.”

Hill’s sê hy sal in die vervolg ook ekstra toetse op sy produkte doen.

Vir meer inligting kontak Hill’s Pet Nutrition op die kliëntedienshulplyn by 0800 228 783 of stuur ʼn e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

KAKtus ·

Nou ja toe. Tyd om n ander produk te probeer. Ta-Ta Hills.

E ·

Ek wil net noem dat daar soms ook mense is wat daarop uit is om maatskappye leed aan te doen. As die honde wel gevrek het van Hills moet daar konkrete bewyse op skrif wees.
Vir al die besigheids eienaars daar buite wil ek net sê sterkte en kry maar als in plek om jou besiggeid te beskerm.

Waarborge ens gaan al hoe meer ń skaarste in ons samelewing word.

Blackie ·

Net verseëlde produkte mag teruggegee word. Ek stem nie daarmee saam nie. Die uitgawe is gemaak, die produk is lewensgevaarlik, so hoekom moet mense daarvoor boet? Enterprise produkte kon teruggeneem word so hoekom nie Hills nie?

AI AI AI ·

Die mensdom darm?? Is dit die eerste keer dat hondekos van die rakke gehaal word? NEE. En of dit nou Hills, Epol of No Name Brands was, dit het gebeur. Hoekom nou die Hills maak afkraak? My diere floreer daarop, ek sal nooit ander kos gee nie!

Oud Rhodie ·

Stem saam met Blackie. Weet nie of dit `n goeie plan is on moontlik gevaarlike produk net “weg te gooi” as dit reeds oopgemaak is nie. Behoort dit nie onder beheerde omstandighede vernietig te word nie ? Wat Skande se opmerking aanbetref – dit spyt my as jy `n slegte ervaring gehad het. Die meeste veeartse is passievol oor hulle viervoet pasiënte.

liefie ·

My woef floreer op oorskietkos en sak hondekos genaamd Pedigree. Ek het twee katte wie soortgelyk floreer op Whiskas. Hills is heeltemal te duur.

IK ·

Nie vir my nie want ek leef in donker Afrika. Ons gooi nog die dolos en die voorvaders praat nog met ons . . .

Hills is ‘n uitstekende produk ·

Hills is ‘n voortreflike produk. Hierdie is die uitsondering. Ons twee honde kry net Hills in die oggend en gekookte hoenderfilette en groente in die aand afgewissel met Woolworths hoenderlewers en groente. Hul snoeperye is ook net Hills produkte. Hulle is blakend gesond.

Uhm ·

Jy bederf dus jou honde met gifitige hondekos. My boerboel is blink en gesond en ek voer hom nie sulke duur (giftige) kos nie. Spaar jou geld en koop veilge goedkoper kos

LD ·

Gelukkige honde daai…. hoenderfillets en groente en dan nog Woolworths se goodies ook. Wens ek nou ek was een van hulle! Hulle maaltye is duur, gewone mens kan dit nie eers vir homself bekostig nie….

Andre ·

Ons honde kry net afval vleis , bene en pap met dikmelk uit die kombuis . Trek hulle neuse op vir hierdie “fancy” en duur kos van die winkelrak af. Regte plaas hone , nie vol fiemmies nie…. o ja…….. hulle is blakend gesond met blink velle en oe , met n stert wat wapper soos n stormvlag.

Nettie ·

@Andre – waarvan dink jy, het ons oumas en oupas se plaasbrakke geleef? Beslis nie “fênsie”, fabriekgemaakte droë pille en blikkieskos nie. Afvalvleis, bene en pap met sous uit die kombuis of oorskietkos, was hul daaglikse toelating. En hulle het gefloreer daarop. My honde wil hul bekkies nie aan Hills se droë hondekos sit nie – dit VROT van die volstruisvleis daarin. Gelukkig voer ek hulle nou Royal Canine en hulle LIEF hul droë kos. Die hoeveelste keer nou, is dit nie dat ons hoor van die een of ander soort dierekos wat onttrek moet word van die mark nie?

Die meeste hondekosse is in elk geval net mielies en rys wat met die een of ander soort “vleis” gegeur word – julle sal naar raak, as julle sien wat in die hondekosfabrieke aangaan en wat alles in daardie “fênsie” hondekos – geblik of droog – gegooi word (al die vleisafval, kliere, vleis wat ongeskik is vir menslike gebruik, soos breins, derms ens.).

Nika ·

Ons honde eet net Hills, kry niks van die tafel af nie en is baie gesond. Dit is een produk wat foutief is nie die res nie. Ek sal aanhou Hills koop vir my honde.

jemma ·

ek weet nie of mens net moet verander van kos nie, my pekingese floreer op hills, sy eet digestive i/d , sy het nou maar `n spysverterings probleem en vandat sy hills eet is sy omtrent een keer `n jaar by die veearts, pleks van elke ses weke soos voorheen

Katerina ·

Ja Hills is oor die algemeen n baie goeie hondekos reeks. Ek kan dit nie bekostig nie want ek het 4 honde waarvan 2 Deense honde is. So hulle kry P+P NoName brand of hondekos van Obaro,wat ever soort daar beskikbaar is wanneer my man soontoe gaan. Plus rys opgekook met oorskiet kos baie aande by hul droee kos. Maar ek kan van die inhoudsdetails aflei Hills is in die algemeen voortreflik. Hierdie tipe ding kan met enige soort dierekos gebeur,glo ek.

Liz ·

Die wat sê hills is sis en so – Hills se spesiale voorgeskrewe kos het ons hond se lewe gered. Hy kan geen ander kos eet nie dan raak hy dodelik siek. Hills moet bly hierdie is n uitsondering, mense besef nie wat hul aan die res van ons doen nie. As Hills nie meer daar is nie hoe maak ek dan met my babatjie? Hills julle is tops, nog altyd toegelaat dat ons oopgemaakte kos omruil as ons hond dit nie kon eet nie tot ons nou die regte kos gekry het. Dankie dat julle bestaan julle red my honde kind!

Helen ·

Hill’s Prescription Diet W/D gemeng met maer hoender hou my 13 en ‘n half jaar oue diabeet Bobby reeds 7 jaar lank “gesond”. Baie dankie, Hill’s!

Ons almal se dierekinders ·

Dit lyk of almal wat hier kommentaar lewer baie lief is vir hulle diere. Op verskillende maniere natuurlik want ons omstandighede en leefwyses verskil maar ons is almal lief vir hulle en nie een se liefde vir hulle is beter of slegter nie. Dit is pragtig. Ons gee ons tweetjies net die beste al moet ons op onsself inkort. Ek het al menigmaal my tjoppie se vleisies vir hulle afgesny terwyl ek met ‘n paar stukkies vleis aan die been agterbly!! Maar ek kan dit nie help nie. As sit reën in die aand of nag en hulle wil uitgaan staan hulle onder die sambreel terwyl ons in die reën staan!

En ons almal weet hoe moeilik dit is om te groet met die onvermydelike vir ewige vaarwel … maar dit is die lewe. Hartseer hoe dit ookal mag wees.

Helen ·

My trane loop nou sommer! Dankie vir jou mooi woorde, “Ons almal se dierekinders”. My diere is alles vir my, en as ‘n maatskappy soos Hill’s my kan help om my dodelike siek diere se lewens te verbeter en te verleng, loop my hart oor van dankbaarheid. Ek gee ook hulle Joint Care vir my border collie vir sy seer heupe en rug, en hy hardloop weer rond soos ‘n jong hond!

Ruby ·

Hills, as julle dan so toegewyd is, hoe kon dit gebeur?!

Julle maatreëls was nie in plek nie en basta met die res.

Al gehoor van voorkoming vs nakoming?

Wat nou?? ·

Wat van die pakke wat reeds oopgemaak is en nou nie vervang kan word nie. Die kos is vrek duur.

Wat nou - lees die berig ·

Lees die berig Wat Nou. Hoekom wil jy doe pakke kos teruggee? Dit word nie geraak nie?

Nettie ·

Gaan die vervaardigers van Hills Science Diet Pa staan vir enige veeartskoste wat verbruikers moet dra a.g.v. veeartsbesoeke van hul troeteldiere?

facebook.com/westrandpets/ ·

Dis nie die eerste keer en gaan ook nie die laaste keer wees nie , ek kry so baie mense wat myse ons koop nie “goed Koop” hondekos nie , ek het in jare nog geen probleem met bekostigbare honde kos gehaad nie ,

Jen ·

hoekom is Hills so duur? my honde (yorkies) love dit, maar is dit werklik so goed? honde nog altyd mooi en gesond, maak nie saak wat se kos ek hulle gee nie. Nee wat Hills, tata. en daai ander persoon wat se honde net Woolies hoenderlewer eet? dude…hahahaaha

Stephanie ·

Ek gee nie vir my troeterdiere Hills nie, maar ek voel dat mense dit so lelik stel as hulle sê hul diere het “gevrek!” Klink rerig gevoelloos. Glo nie ń mens sal sê jou kind of ma het gevrek nie of hoe??? Vir my is my diertjies soos my kinders, ek noem dit maar net….

cb ·

Stuiwer in die beurs, Hills Dermdefence het hoender in, maar ek mag nie hoender vleis vir j/r gee, rede hoekom, is dit oor allergie maar die kos bevat hoender, vra maar net

Janette ·

Ek wil net weet of daar regtig ‘n mediese bewijs is dat “brand” losse regering beter is vir ons diere as die “no name brands”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.