Beskou opmerking oor ANC se ‘leuens’ in konteks – Mbalula

Fikile Mbalula tydens Sondag se geleentheid in Mpumalanga. (Foto: X)

Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, sê nou sy sogenaamde erkenning dat die regerende party tydens oudpres. Jacob Zuma se termyn in die parlement oor die Nkandla-debakel gejok het, “behoort in konteks beskou te word”.

Die sekretaris-generaal hou vol dat die ANC destyds bloot sy president se grondwetlike reg op ʼn behoorlike regsproses beskerm het en dat die party nooit ʼn woord ter verdediging van Zuma gerep het nadat dit in die hof duidelik geword het dat staatshulpbronne wel misbruik is nie.

Hy sê sy onlangse uitlatings tydens ʼn geleentheid in Mpumalanga behoort ook as politieke saamtrekretoriek en polemiek verstaan ​​te word.

Mbalula se verduideliking volg nadat hy Sondag tydens dié geleentheid verklap het: “Ter verdediging van ons president het ons na die parlement gegaan en ʼn ad hoc-komitee op die been gebring en gesê ʼn swembad is ʼn vuurpoel …”

Hy het verwys na die swembad wat destyds by Zuma se private woning in Nkandla in KwaZulu-Natal gebou is. Die swembad moes destyds kwansuis as waterreservoir dien, sou daar ʼn brand uitbreek. Dit het die belastingbetalers R3,9 miljoen gekos.

Mbalula sê egter nou die ANC was destyds, “soos hy [Sondag] welsprekend aangevoer het”, verplig om die parlementêre strukture te betrek sodat die bewerings van korrupsie teen Zuma ondersoek kon word.

“Eerstens moet ons saamstem dat dit die plig van die organisasie was om die feite waarop die opposisiepartye hul aanklagte van korrupsie gegrond het, ten volle te verstaan ​​voordat hy kon optree,” verduidelik Mbalula in ’n verklaring op sy sosiale media.

“Wat belangrik is om hier te benadruk is dat die ANC sy president beskerm het deur die president ʼn behoorlike regsproses te gun wat ook sy reg ingevolge ons Grondwet was.

Argieffoto van ANC-ondersteuners. (Foto: GCIS)

“So ʼn stap was juis om te verhoed dat die ANC-president onbillik deur ʼn vyandige opposisie oorrompel word.”

Mbalula sê hy het dit reeds Sondag duidelik gestel dat die saak in die howe bereg is “soos dit veronderstel was” om te gebeur en dat die Konstitusionele Hof eindelik die laaste sê gehad het.

Die hoogste hof het destyds bevind dat staatshulpbronne wanbestee is om sogenaamde sekerheidsopknappings by Nkandla aan te bring.

“Nadat die Konstitusionele Hof sy bevindings en beslissing gemaak het, het daar nie ʼn piep uit die ANC gekom ter verdediging van sy president nie,” verseker Mbalula Suid-Afrikaners nou.

Hy stel dan ook duidelik dat die ANC nié sy hulpbronne gebruik het om op enige manier by die hofuitspraak teen die oudpresident betrokke te raak nie.

Mbalula sê enigiemand wat sy opmerkings in Mpumalanga verstaan ​​of geïnterpreteer het as ʼn erkenning dat die ANC die oudpresident bygestaan, aangemoedig, gehelp of probeer het om hom te help om die staat te bedrieg, behoort hul “kop te laat lees”.

Hy sê ook dat die ANC in die geval van pres. Cyril Ramaphosa wéér sy president teen vyande en ongegronde bewerings sal beskerm totdat die bewerings in ʼn hof gestaaf kan word.

“Sou die howe pres. Cyril Ramaphosa skuldig bevind aan enige wangedrag wat verband hou met Phala-Phala, staan ​​die ANC gereed om vreesloos op te tree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Rocco ·

Gelukkig het die anc, ‘n ou soos Fikile Mbalula wat net die feit verder onderstreep, hoe agterbaks en skelm die anc is. Doet so voort, Fikile.

Hendrik ·

Regtig, mens is al so siek en sat, psigies so oorversadig van hul leuens, gebrek aan intgriteit dat jy nie eens kommetaar wil lewer nie. Alle weerstand loop soos water van n eend se rug af.

Gert ·

I huis wat verdeeld is sal nie bly staan nie. So verbrokkel die babylon regering stadig maar seker.

Roek ·

hulle behoort hul almal aan te kla vir myneed, wie het betaal om na die plaasdam te gaan kyk met die demonstrasie ? wat ‘n grap !!!

Nie Verbaas ·

Mbalula, ek wonder of jy dink dat die hele land onnosel is. Onthou dat respek verdien word en dit is iets waarmee die ANC die skip totaal en al gemis het. Respek sal julle nooit kry nie.

Euodia ·

Almal van hulle lieg. Van die leier tot sy trawante. Wat ‘n skande!!

Bolandse Nooi ·

Jý, ou Fiekie en die hele ANC moet hulle koppe laat lees. Ons weet meer as wat julle dink ons weet: as enige ANC kader sy mond oopmaak, vlieg die leuens letterlik soos lopende stoelgang daaruit. Ek kan net vertrou dat diegene wat wel gaan stem vanjaar, hul oë sal oopmaak (miskien húl koppe vooraf laat lees?) en vir ENIGE IETS of IEMAND ANDERS sal stem as die ANC.

Aan die anderkant – wat weet ons, wat voorlê, sou die ANC (moontlik) nie die meerderheidstem kry nie. Kan ons dit bekostig – ek reken SA se Arabiese Lente is oppad en die Julie 2021 “opstande” sal soos ‘n vulletjie lyk teen wat dán gaan gebeur.

mynie ·

Kan Zandile Mafe nie die teorie van die Firepool op die proef stel nie?

Sê maar net ·

Aaaag tog. Bla-bla-bla. So moeg vir die ANC spulletjie se speletjies!

Jacobus ·

Die anc moet by die strafhof aangekla word vir misdaad teen die mensdom. Hulle het nou n klag gele teen Israel, hulle die anc moet nou net weet dat hulle hulself in die wereld se oë gesit het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.