Beskuldigdes in moord op Oekraïense toeris laat vaar borgtogaansoek

‘n Gedenkdiens vir die vermoorde Ivan Ivanov is vroeër gehou. (Foto: David Ritchie/ANA)

Drie mans wat beskuldig word van die moord op die Oekraïense toeris, Ivan Ivanov, het hulle aansoeke om borgtog Woensdag in die Wynberg-landdroshof laat vaar.

Die 44-jarige is verlede maand vermoor toe hy in die Tafelberg Nasionale Park in Houtbaai gaan stap het. Hy is naby die Oos-Fort aangeval.

Ivanov, wat in Genève in Switserland saam met sy gesin gewoon het, is met ʼn skerp voorwerp doodgesteek voordat die verdagtes met sy rugsak met sy persoonlike besittings daarin op die vlug geslaan het.

Hy was op ʼn sakebesoek aan Suid-Afrika en het die land al vantevore besoek.

Lede van die buurtwag het die eerste verdagte, Sinaye Mposewa (23), dieselfde dag as die moord in hegtenis geneem. Items wat aan Ivanov behoort, is glo in sy besit gevind.

Net minder as ʼn week later het die polisie ʼn tweede verdagte, ʼn 24-jarige man, in die vroeë oggendure by die Houtbaai-hawe aangekeer. ʼn Derde verdagte is later dieselfde dag in hegtenis geneem.

Die drie word aangekla van moord, asook roof met verswarende omstandighede.

Die saak is uitgestel tot 25 Oktober.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tweetie ·

Dit is so lekker en veilig in die tronk en daar is baie geleenthede om gratis verder te studeer so, hoekom aansoek doen vir borgtog. Die wereld daar buite is darm meer gevaarlik.

Essie ·

Ek soos mede landsburgers vra vir die regering om weer die doodstraf terug te bring

Harry ·

Toy, die wereld weet maar al te goed wat hier aangaan, maar hul voel vere, want hul glo die leuns van swart onderdrukking en reken dat regverdigheid nou plaasvind wanneer slegte blankes verdien wat hul kry.
Die “Dink Hardop” persoon moet mooi dink en sien hoe onnosel en selfsugtig sy denke is, want toeriste MOET hierheen kom en self sien wat aangaan, nl. dat dinge ver oordryf word en moorde nie op toeriste toegespits word nie – meeste toeriste voel veilig na hul besoek en verklaar hierdie inligting in hul e-pos terugvoer (dis een van die standaard vrae wat bv. Booking.com in hul “reviews” vra). Meeste toeriste wil ook weer terugkom, want ons bied goeie waarde vir hul geld!
Ons het toerisme ten alle koste nodig in ons krimpende ekonomie, maar grootbekke wat nie meer hier bly nie moet ophou twak praat deur ons toerismebedryf skade aan te doen. Ons moet soos Thailand word en toeriste goed behandel, want dis hul grootste bron van inkomste. Dis ook die enigste bedryf wat Zimbabwe nog aan die gang hou. Kriminele wat toeriste teiken, moet buitensporig swaar gestraf word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.