Besope polisieman ontslaan

‘n Skermgreep uit die video.

ʼn Polisiekonstabel van Noordwes is ontslaan nadat ʼn video versprei is wat wys hoe hy in ʼn besope toestand uit sy diensvoertuig klim nadat hy in ʼn heining vasgery het.

Tsekiso Jonas Tshabalala (39), voorheen van Wolmaransstad, is Dinsdag ontslaan. Dissiplinêre stappe is in November teen hom ingestel nadat ʼn video gewys het hoe hy, in volle uniform, sukkel om staande te bly om die skade aan sy diensmotor te bekyk, nadat hy agteruit in ʼn heining vasgery het. Dié video het vinnig op sosiale media versprei, het Maroela Media destyds berig.

“Die voormalige konstabel is destyds in hegtenis geneem en op borgtog van R500 vrygelaat. Hy word steeds aangekla van dronkbestuur,” lui ʼn verklaring wat die Noordwes-polisie Sondag uitgereik het. Hy het glo ook die voertuig waarmee hy gery het, gebruik sonder die eienaar se toestemming. Hy sal na verwagting op 19 Maart in die hof verskyn.

Die provinsiale kommissaris het die voormalige konstabel se optrede as “onprofessioneel” en “onbetaamlik” beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Casper ·

Skokkend en teleurstellend.Hoe kan hy in so toestand beskerm en dien.

Aikie ·

Weereens vier die dubbele standaarde in Suid Afrika hoogty. Die klein vissies word summier ontslaan, maar die groot visse word lateraal verplaas wanneer hulle uitgevang word, sodat hulle weer op ‘n nuwe plek hulle gruwels kan voortsit.

Persheks Adri ·

Cele jou mense man! Skande vir die wat met trots werk. Om te dink hulle moet ons beskerm gggmmmfff

john ·

Cele is te besig om mense op die strand te vang om na sy manne te kyk

Ou bees ·

Nou is hy reg vir groter dinge jy moet mos n kriminele rekord hê om in die regering te werk.

SjN ·

Dit gebeur gereeld by die stasie, ongelukkig is hy uitgewys, Gaan kyk gerus op n Maandag oggend.

twaalfboor ·

Magtag maar julle is moeilik om tevrede te stel. Almal skree ontslaan hom….. Noudat hy ontslaan is nou skree almal hy ń klein vissie. Tipies suid afrikaners…… Nooit tevrede nie…. Maar kla kan julle kla.

Piet ·

Korrek, tipies. Hulle wou seker he hy moes sy werk behou want dan kan hulle mos nog meer murmureer.

koos10 ·

Twaalfboor. Die saak teen die besope regter kom eerste in my kop op. Die saak sloer vir 10 jaar. Wat maak die regter beter as die konstabel? Sy ontslag is reg, maar die strawwe is word nie gelyk aan almal uit gedeel nie.

Francois Le Cochon ·

Hy het seker mense in hegtenis geneem wat nugter in die openbaar was.

Regverdigheid ·

R500 vir dronk bestuur .. dubbele standaarde wat is regte boete vir dronk bestuur en hy is veronderstel om voorbeeld te wees was in uniform ……Vra maar net

Francois ·

Vandag ontslaan om more in n meer senior BEE pos aangestel te word. Dis mos hoe die ANC sy kades herontplooi

Sêmanet ·

Die drank is dan nog onder “lockdown”. Waar op aarde sou hy dit kry, wonder ek…..

4ntj13 ·

Mens moet asseblief net seker maak iemand het wel te veel drank ingeneem, want beserings tydens ongelukke laat slagoffers ook dikwels soos dronk mense optree. Ek is bewus van talle gevalle waar polisiebeamptes sulke mense vir dronkbestuur in hegtenis geneem het, en te laat besef het dis ʼn uiters dringende mediese noodgeval.
Sover dit hier egter blyk dat dit wel alkoholverwant is, wonder ek verder waar die skelm sy drank gekoop het terwyl dit tans onwettig is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.