Betogers keer personeel wéér vas in Eskom-hoofkantoor

Eskom se hoofkantoor. (Foto: Google Maps)

Personeellede van Eskom Megawatt Park in Sunninghill is Donderdag glo deur betogers in die gebou vasgekeer en moes deur die polisie uit die gebou begelei word. Dit is al die tweede keer vanjaar wat dié personeellede deur betogers “gevange gehou” is.

Volgens ʼn personeellid, wat anoniem wil bly, was die betogers vroegoggend reeds by die park se hekke. Die personeel kon nie die perseel verlaat nie, aangesien betogers die hekke versper het en is na bewering die middag met behulp van die polisie uitgelaat.

“Ek het omtrent 12 busse en groepe betogers by die hekke sien staan,” vertel die personeellid.

Die personeellid sê volgens die sekerheidswagte het die betogers deur die dag gewelddadig geraak. Hulle het na bewering polisiebeamptes aangerand en die polisie was genoop om hulle met traangas af te weer. Van die betogers is skynbaar in hegtenis geneem.

Sikonathi Mantshantsha, woordvoerder van Eskom, het aan Maroela Media gesê hy is nie bewus van personeellede wat in Megawatt Park se geboue vasgekeer was nie. Hy sê Eskom is wel in kennis gestel van 80 mense wat by die perseel betoog weens kragonderbrekings in Ivory Park.

Personeellede wat in Mei ook deur betogers in die gebou vasgekeer was, volg ná kragtoevoer glo na Sebokeng in die suide van Gauteng afgesny is, nadat ʼn transformator van Eskom uitgebrand het as gevolg van onwettige verbindings.

Die provinsiale polisiewoordvoerder het nie op Maroela Media se navrae reageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

annie ·

Jaaa, ek wil ok gratis krag hê… Stuur hulle na die minister van finansies se kantore toe. Dis die man met die beursie. Hulle wil De Ruyter verjaag, asof iemand anders kan toor.

casper ·

Aag ek is seker hulle wil mar net verniet elektrisiteit he soos die res van hulle bure !!

Di ·

Wil vir niks betaal nie, wil als VERNIET he. Dis deur hierdie skuim dat ons kort kort met load shedding sit weens al die onwettige konneksies. Hulle is die oorsaak die transforformators uitbrand nou wil hulle haantjie uitnek kom speel! Hierdie tipe gedrag is tipies van “our people” – net so verwaand soos die ANC regering.

KB ·

Dis mos die EFF se manier van doen om “rent-a-crowd”-betogers met busse aan te ry…wat is die kans dat dit weer die rooi mannetjies was? Jolly goed, sou ek raai…

Pieter ·

Julle anc kommuniste het mos in 94 vir julle broers als belowe verniet krag water huise grond. Die probleem is julle klomp anc kommuniste het nie gedink waar gaan als van daan kom nie. So gaan dit as jy nie op skool was nie.

Swerwer ·

Ai ai, te onnosel om te besef hul bereik niks deur hul optrede nie.

Kerneels ·

Hulle het ons ook laas jaar so verhoed om uit te kom daar. En dan staan die klomp aan die ander kant van die hekke en koggel jou terwyl die polisie net toekyk. Hulle kan BAIE dankbaar wees daar was nie n noodgeval by die huis of iets nie. Dan was ek vandag in die tronk. Was die laaste strooi vir my. Ek sit nou in die VAE saam met duisende ander wat besluit het om hulle kundigheid liewers erens anders te neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.