Betredingswetsontwerp ‘sal grondeienaars benadeel’

(Argieffoto: Markus Winkler/Pixabay)

Die voorgestelde wetsontwerp op die onwettige betreding van persele sal dit nou selfs makliker vir betreders maak om grond te beset en onwettige strukture op te rig wat die regte van grondeienaars ernstig kan skend.

Jaco Mulder, VF Plus-LP, meen die wetsontwerp is in direkte botsing met onder meer die landelike beveiligingstrategie soos ontwikkel deur die polisie wat voorsiening maak vir die implementering van ʼn protokol om toegang tot plase te bestuur.

“Betreders word in werklikheid nou deur die voorgestelde wysigings beskerm deur die verweer dat so ʼn persoon kan aanvoer dat hy glo hy wel by magte was om ʼn eiendom te betree.

“Afsperrings, heinings en kennisgewing moet nou eksplisiet en sigbaar die terme en voorwaardes aandui waarop ʼn bepaalde eiendom betree mag word.”

Volgens Mulder bepaal die wetswysigings verder dat ʼn grondeienaar ʼn onwettige betreder moet nader en versoek om die perseel te verlaat. “Dit kan lei tot direkte konflik, veral met die hoë misdaadsyfer en huis- en plaasaanvalle waaraan Suid-Afrikaners blootgestel is.

“Die polisie beskik ook nie oor die vermoë en hulpmiddels om betyds te kan reageer in geval van onwettige betreding nie.

Die VF Plus het ʼn beroep op die publiek gedoen om betyds, voor 16 September, die wetswysigings te bestudeer op die departement van justisie se webwerf en daarop kommentaar te lewer. Die VF Plus het gesê hy sal die implementering van die wetsontwerp in die parlement teenstaan.

Die departement van justisie het vroeër gesê die wetsontwerp sal die Betredingswet van 1959 vervang wat ʼn “verouderde stuk koloniale wetgewing is” en wat betreding beperk het tot slegs gevalle op grond en geboue.

“Die nuwe voorgestelde wetsontwerp brei die remedies uit om betreding te bekamp deur ʼn veel wyer definisie van ‘perseel’ te verskaf en sluit onder meer ʼn skip of vaartuig, trein, spoorwegwa, voertuig of vliegtuig, ʼn sleepwa, woonwa, motorhuis of ʼn draagbare struktuur wat as ʼn woning ontwerp of gebruik word in. Die voorgestelde wetsontwerp gee dus die eienaar of wettige okkupeerder meer beskerming as wat hulle voorheen gehad het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Kokerboom ·

Hoe moet ‘n volk veg teen ‘n regering wat konstant teen volk werk om sy vryhede weg te vat en dit met vergoeding wat hul van einste volk ontvang?!!!

Oshol ·

Dit is deel van die onteiening sodat hulle net ksn oorneem .

annie ·

Die grootste vraag is hoekom hierdie wysiging? Wat het dit ten doel? Ons het deesdae menige veiligheidsisteme oraloor maar dit mag nou omseil word deur betreders. Nou moet borde elke 2 treë opgerig word met ‘n lang relaas hoekom die betreder nie daar mag wees nie. En as die wese sou aanvoer dit kan nie lees of verstaan nie… En ek wou net die inwoner ‘n drukkie gee uit pure liefde… en toe is hulle so lelik met my, u edelagbare…

Johan ·

Ja, hoekom? Net soos met die vuurwapen wet wil ek weet wat is die doel van die wet, en hoekom word dit ingestel.

Plotman ·

Dit is op ongrondwetlike beginsels gebasseer, Gaan maak beswaar aanlyn op Dear South Africa en enige ander.

Swerwer ·

Kommunisme op sy beste! Niks mag aan niemand behoort nie, slegs die Kommunis is geregtig op alles wat God gemaak en aan God behoort op te eis want hul verstandelike vermoë strek nie sover om te weet dat die aarde en alles daarop God se eiendom is nie.

Johannes_64 ·

Is net half “teleurstellend” dat die groot geeste aan beheer van politiek nog sit op “sal grondeienaars benadeel” en nie al lank reeds werk aan die intensie en beplande uitkoms van die ANC nie. Dit is 120 jaar reeds duidelik dat daar geen mate van regeer beplan was nie, net “bekom”. Hulle het die land bekom, die ekonomie “bekom” en vernietig. Wat nog oor is kan vandag aandag kry, Afrikaanse skole, eiendom, pensioen, soveel kan VANDAG gedoen word om darem ‘n beter uitkoms te gee wanneer die ANC alles “bekom” wat hulle uiteengesit het in hulle manifeste al die jare al om duskant die gebruik van buskruit darem ‘n beter toekoms te gee. So half slap en “meelooperig” as mens daaraan dink.

Herman L ·

Die militante vleuel van die ANC sal in hulle noppies wees met hierdie wet. Nog ‘n manier om dit makliker te maak om te vat wat nie aan jou behoort nie.

Gaitsigubib ·

….”Verle die ou grenslyne nie, en kom nie op landerye van die wese nie, want hulle Verlosser is sterk, Hy sal hulle saak teen jou verdedig” Spreuke 23:10-11

Piet ·

Dit sou interessant wees om te weet waarteen geobjekteer gaan word.

Jakes ·

Hierdie belaglike wetsontwerp kan die diefstal en onwettige betreding van grond baie vergemaklik.

Keelvol ·

Wat het geword van reg tot eiendom? Reg tot privaatheid? Om n ander persoon se eiendom te betreë is skending van daardie regte. Nou hoekom word daardie grondwetlike regte nie beskerm nie?

Mariana ·

Met ander woorde kriminele het nou vrypas om te maak soos hulle wil. Boer moet terugstaan en vermoor word op sy eie grond. Regtig die regering is besig met nonsens. Hy gee telkens toestemming aan kriminele om hul dade in vrede te pleeg. Maar eintlik moet ons nie verbaas wees nie, dit is hoe hulle regeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.