Beursies kry dalk blaaskans by brandstofpomp

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Jay Skyler/Unsplash)

Ten spyte van die swak rand is alle aanduidings in hierdie stadium dat die brandstofprys waarskynlik volgende maand gaan daal; en dit sal welkome verligting vir miljoene Suid-Afrikaners wees wat al hoe meer sukkel om kop bo water te hou.

Die Outomobiel-Assosiasie (AA) sê die laer internasionale produkprys is hoofsaaklik die rede waarom die brandstofprys na alle waarskynlikheid gaan daal. Die AA grond sy vooruitskatting op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds.

“Die swakker wisselkoers van die rand teen die dollar kalwe sommige van die verwagte dalings weg en dit sou meer betekenisvol gewees het as die rand sterker was.”

Soos dit nou staan gaan die prys van 95 oktaan-petrol en 93 oktaan-petrol na verwagting met R1 daal, terwyl die prys van diesel dalk met R1,30 kan daal.

“Waarvan kennis geneem moet word, is dat die prys van paraffien – wat hierdie tyd van die jaar veral belangrik is – na verwagting met sowat 80c gaan daal,” sê die AA.

Die AA sê die verwagte daling sal ʼn welkome verligting wees en diegene wat in die knyp is, dalk so ʼn klein bietjie rustiger laat slaap.

“Die verwagte daling in brandstofpryse is positief en sal druk op ons ekonomie en verbruikers verlig. Dit is natuurlik net een aanwyser en ons kan nie hoër rentekoerse en voedselpryse ignoreer nie, maar ʼn afname in brandstofkoste sal vir baie reeds ʼn groot verskil maak.”

Die AA is egter vol vertroue dat “aansienlike dalings in brandstofpryse” in Junie op pad is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rooi rissie ·

Alte oulik. Wanneer sien ons n daling in voedsel prysse en Eskom prysse en alles waarvoor ons so peperduur betaal in die land?.

BOKKIEBEK ·

Net om ‘n maand daarna weer met R2 op te gaan….ons ken julle speletjie…pateties.

Papsak ·

Ja ek wil ook weet wanneer sien ons daling in voedsel pryse bly plekke water en krag dit sal ook goed wees hier nue werk nie ook nie geld nie en baie het nie van bo genoemdes nie kyk bietjie daarna ook

Jaco ·

Die petrolprys gaan miskien nog in Junie daal, maar na die Russiese wapenskandaal, maak maar reg vir ‘n styging van tussen R3 en R5 per liter in Julie vanjaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.