Beurtkrag dié week nog met ons

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Christopher Bill/Unsplash)

Eskom sal in die komende week fase 3- en fase 4-beurtkrag afwisselend instel.

Die kragvoorsiener het Sondagmiddag aangekondig dat fase 3 daagliks tussen 00:00 en 16:00 van krag sal wees, waarna dit na fase 4 sal oorskakel.

“Fase 4-beurtkrag sal dus gedurende die spitstye in die aand, tussen 16:00 en 00:00, geld,” lui Eskom se jongste verklaring oor die stand van sake.

Dié beurtkragskedule sal tot Donderdag geld.

Eskom ervaar steeds uitdagings met diesel van sy verskaffer en dit beperk die beskikbaarheid van diesel in grootmaat vir die Ankerlig‑ en Gourikwa-oopsiklusgasturbines. Dié turbines het ʼn gesamentlike opwekkingskapasiteit van 2 000 MW wanneer dit in werking is.

“Hoewel ons ʼn aflewering van diesel Dinsdag verwag, is dit nie duidelik of die onstabiele verskaffing daarvan gaan voortduur nie,” sê Eskom.

“Dit is dus nodig om met beurtkrag voort te gaan om die gebruik van noodopwekkingsreserwes te beperk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

MakersMark ·

“Eskom ervaar uitdagings….” so lank as die ruiter in swart en die “hanger on’s” aan bewind is sal niks gebeur nie en ons sal voortploeter tussen fases 2 en 6 of erger.

Antie Sarie ·

Ek het vir jou slegte nuus. Hulle is net fronte. Hierdie is n wêreldwye “probleem”. En daar is n duistere agenda agter dit.

MakersMark ·

Antie ek weet nie my denke is die energie tekorte in Europa is agv die oorlog en die afhanklikheid van 40% van die Nordstream gas pyplyn vanaf Rusland na meeste Europese lande. Rusland het die toevoer afgesny. Hier in SA is die “eskom” probleem al aan die kom van 2007 af en lyk my dis agv korrupsie, kaderontplooing, swak/geen onderhoud, onbevoegdheid en bestuurs lamsakkigheid. Of iemand met ‘n duistere agenda buite SA dit beplan dink ek nie so nie. Dat dit wel duisternis tot gevolg het is 100% waar.

Snowball ·

Wat is die agenda, gedryf deur watter magte, met watter doel? Is hierdie plan vir Eskom se ineenstorting vanaf net na die sondeval of die sonvloed, of na ’94? Waar begin ons om sin te maak van die duistere agendas wat gelowige en ongelowige skynbaar sonder voorbehoud teister?

Snowball ·

Eskompie Kedompie sit op die wal. Eskompie Kedompie het afgeval…

Antie Sarie ·

Die impak op die ekonomie is erger as lockdown level 5. Nie per ongeluk nie

annie ·

Almal kla verskriklik so asof ons met geboorte ewigdurende geluk en gemak belowe is. Net 100 jaar gelede was elektrisiteit nog ‘n wonderlike ontdekking en het die meeste Afrikane nog in donker Afrika gedy nou is dit ‘n erge lyding sonder ‘n gelaaide foon en ‘n fliek op tv. Soveel rampe tref mense op ander plekke.

Antie Sarie ·

Jy dink werklik dit gaan oor gelaaide fone ens? Wow. Die hele ekonomie is afhanklik daarvan. Jy kan nie n toilte spoel sonder dit. Nie n kraan oopmaak en skoon badwater kry. Sonder dit kan jy nie petrol ingooi. Ten minste die helfte van wat ons beskawing handhaaf, is daarop gebaseerd.

annie ·

… bedoelende, deesdae afhanklik. Almal in SA het ná 1994 lekker gedroom terwyl die ANC alles verwaarloos het en te bly oor die gratis long-life gloeilampies sonder om te wonder of Eskom,-base hul werk doen. Nou word De Ruyter & kie die sondebokke vir die vorige ‘geslag’ se misdrywe?

Frederik C ·

Ek kry die gevoel dat beurtkrag permanent met ons gaan wees.

Nico ·

Eskom is besig om hierdie land SA in ‘n diep afgrond te stoot saam met al sy kaders. Eskom kom by en ryk die koffie, maak reg wat julle verbrou het.

Papsak ·

Nee kyk eskom le ons almal nou goed lam lyk nie vir my of hulle wil iets doen nie se vir regering om uit die pad te staan dan sal Eskom reg kom hulle speel soeletjies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.