Beurtkrag oor naweek effens minder

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrikaners kan oor die naweek ʼn effense verligting ten opsigte van beurtkrag verwag danksy ʼn kleiner vraag na krag.

Eskom het Vrydag aangedui dat fase 6-beurtkrag Saterdag tussen 05:00 en 16:00 na fase 5 verlaag sal word.

Fase 6 sal weer Saterdag om 16:00 inskop en tot Sondag om 05:00 geld. Dié fase sal dan Sondag om 16:00 na fase 4 verlaag word.

Fase 6 sal daarna egter weer tot Maandag om 05:00 geld.

Eskom sê 17 093 MW se kapasiteit is tans weens onklaarrakings onbeskikbaar, terwyl ʼn verdere 6 392 MW aan beplande instandhouding afgestaan word.

Oor die afgelope 24 uur is twee opwekkingseenhede by die Kendal- en Lethabo-kragstasie weer in werking gestel. Terselfdertyd is twee opwekkingseenhede by die Camden-kragstasie vir herstelwerk van lyn gehaal.

Vertragings in die herstel van nog eenhede by die Kendal- (1), Tutuka- (1) en Medupi-(2)-kragstasie dra tot verdere kapasiteitsprobleme by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek wens daardie naam kan verander dit is nie beurtkrag dit is geen krag.

Samuel ·

Regtig? Eskom base glo hulle liegstories al net soos CR syne glo. Die kamtige verlaging in beurtkragfase maak geen verskil aan my situasie nie. Daar behoort géén beurtkrag te wees nie!

Mariana ·

Seker ook net in sekere gebiede. Ons kry nog steeds more en Sondag 4ure beurtkrag en sommer 2x op dag.

Theunis ·

Om deurlopend konstant (consistantcy) te wees is ‘n teken van totale beheer en skep vetroue by die publiek, die aaneenlopende verandering van beurtfases deur Eskom dra ‘n teenoorgestelde beeld uit na die publiek, daarom die bekommernis en wanvetroue, hoekom sien ons regerende party dit nie dieselfde nie of gee hulle net nie om nie of weet hulle nou maar net nie hoe om die probleem aan te spreek nie?

Jaco ·

Miskien sal minder kragstasies probleme gee as dié met Afrikaanse name se name verander word. Dit sal sommer ook “transformasie” aanhelp.

Papsak ·

Ek is Moses glo julle niks meer nie julle lieg te veel skiet my af waarheid

Casper ·

Ag asseblief watse verligting is dit.Ons gaan nog steeds tot 13 ure sonder krag sit veral met die munisipaliteit se beurtkrag.Ek is ‘n aap maar ‘n ou een,my ketting raas nie meer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.