Beurtkrag: SA op ‘mespunt van anargie’

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Unsplash)

Vrystaat Landbou (VL) is bekommerd dat die voortslepende beurtkragkrisis voedselproduksie ondermyn. Boonop hang Eskom se versoek vir ʼn prysverhoging van 38% soos ʼn swaard oor die kop van verbruikers.

Die kragvoorsiener het die afgelope naweek aangekondig dat die land weer fase 6-beurtkrag moet verduur nadat verskeie eenhede onklaar geraak het. Fase 6 is Sondagoggend ingestel en intussen afgegradeer.

Francois Wilken, president van VL, sê die organisasie se lede is diep bekommerd oor die uitwerking van die kragkrisis op hul produksievermoëns.

“Die voorsiening van betroubare elektrisiteit is kritiek in elke faset van die landboubedryf. Fase 6-beurtkrag veroorsaak egter dat landboubedrywighede vir groot dele van die dag tot stilstand gebring moet word,” sê hy.

“Die uitwerking van die kragkrisis op die land se vermoë om genoeg en bekostigbare voedsel te produseer en die uitwerking op werkskepping, is twee kritieke faktore wat besig is om Suid-Afrika nader aan ʼn mespunt van anargie te plaas.”

Wilken voer aan dat private kragkapasiteit ingespan moet word om die las op die kragnetwerk te verminder.

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het vroeër gesê Eskom is reeds besig hiermee.

Indien die onderhandelings suksesvol is, kan sowat 1 000 MW binnekort tot die netwerk gevoeg word.

Intussen vra Eskom vir ʼn reuseprysverhoging vir die nuwe boekjaar.

VL sê hy sal Maandag ʼn voorlegging aan die nasionale energiereguleerder (Nersa) doen waarin hy die voorgestelde verhoging teenstaan. Die drukgroep Outa is ook van plan om vandag sy besware teen die beoogde verhoging by Nersa se openbare sittings te opper.

“Outa gaan ʼn beroep op Nersa doen om slegs die maksimum van ʼn verbruikersprysindeks- tariefverhoging toe te staan,” sê die organisasie.

“As die ekonomie van die Covid-19-pandemie wil herstel, moet elektrisiteit op ʼn bekostigbare vlak gehou word om die ekonomie te laat floreer. Eskom se sakebelange kan nie toegelaat word om ekonomiese herstel in gedrang te bring nie.

“Nersa se berekeninge wat bepaal dat Eskom verhogings van 38% toegestaan moet word, is nie aanvaarbaar nie.”

Die kragvoorsiener het vroeër gevra vir ʼn algehele toelaatbare inkomste van meer as R330 miljard vir 2023-’24. Dit sluit meer as R315 miljard in wat van standaardtariefkliënte verkry moet word.

Die prysverhoging word bereken uit die toelaatbare inkomste en die verwagte energieverkope. Volgens Nersa wys Eskom se aansoek, asook die drie bedrae wat sedert die oorspronklike aansoek ingedien is, daarop dat elektrisiteit tot 202,29 c per kilowattuur kan kos. Dit is ʼn verhoging van meer as 38% op die huidige prys.

“Die slotsom is dat Suid-Afrikaners nie so ʼn verhoging kan bekostig nie – hoe ook al Eskom dit probeer regverdig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

wendy ·

Omtrent elke 6 mde n verhoging kyk hoe duur is ons krag die arm mense kry ek bitter jammer
Julle wil net he he he maar ons moet in die donkerte sit Voetsek

Johan ·

Prysverhoging gaan nie die probleem oplos nie.Eskom het sy vingers verbrand met BEEE
Die mense wat die probleem sou kon oplos
SONDER VERHOGINGS werk nie meer vir Eskom nie

Nettie ·

Die yskaste in ons Woolies is vanoggend omtrent dolleeg. Van kant tot kant, bykans niks. Net ‘n paar bottels melk, joghurt en hier en daar ‘n item oor. Duidelik moes hulle ontslae raak van als. Ons het gister 2 beurtkrag sessies van 4 ure elk gehad en nog ‘n 2-ure sessie. Dis hartseer om te sien hoe besighede bitter swaar kry hieronder. Wat eerste val is werksgeleenthede!

Twallie ·

Die vermetelheid om vir prysverhogings te vra is lagwekkend.

Onnie ·

Die “afduim” persoon moet afklim van MM en eerder die son gaan lees.

John ·

Is dit net Ek of is daar elkekeer hewige beurtkrag as die publiek teen Eskom se verhogings baklei?

Herpiet ·

hulle is besig met salaris onderhandelinge en soek dubbel syfer verhoging

VaalDonkie ·

Nee dis ons almal. Ons LYK dalk stjoepit, maar ons IS NIE stjoepit nie.

Christo ·

Snaaks hoe die loadshedding gewoonlik net voor die verhogings kom…

Mariana ·

Ek weet nie van die res van SA nie,maar ons kan nie nog 38% meer betaal nie. Dit was al klaar moeilik voor die laaste verhoging. Die regering en Eskom moet nou ophou om ons te melk vir hul korrupsie en BEE. Bring daai mense in wat die land se elektrisiteit kan regruk. Ons is voosbetaal en moeg vir al die beurtkrag en probleme.

Johan ·

“Daai mense” is of afgetree of landuit. Daar is net een pad vir Eskom, en dit is nie uit die gemors nie.

Catherina ·

Prysverhoging? You must be joking. Get monies back from Guptas and all those that brought Eskom to their knees…plus…cut off all power to Soweto and remove ALL illegal connections in townships then Eskom can do what it needs to do…supply power to the hardworking tax payers. We really have had enough

Madeleine ·

Evil planne van mense!! SKAAM Jul. Jul Sal boet vd korrupsie. Nou of eendag.

Mieke ·

Raak ontslae van die oortollige werkers wat net sit en droogmaak vir ‘n vet salaris,!!

Snowball ·

Wie gaan hierdie 38% + betaal? Dié wat dalk nog kon betaal, het Eskom reeds geheel of gedeeltelik vaarwel geroep. Groot industrië doen dieselfde. ‘n Handjievol hoër middelklas gaan dalk uithou en die minder gegoede res gaan net gebruik wat hulle kan bekostig. Die non-payers en roofgebruikers is die meerderheid en hulle groei steeds in getalle. Die skaal gaan nie weer sommer vir Eskom balanseer nie… nie eers 100% verhogings gaan die non-payers uiteindelik kan dra nie. Baie soos belastingbetalers wat emigreer – dié wat kan beskostig om te gaan, is juis dié wie se belasting ‘n verskil kon maak…

Piet parys ·

So wie gaan die 1000 mw toevoeg . Cyril se swaer Patrick . Hyt mos Rainbow energy maatskappy . GOED UITGEWERK DAN KAN NOG BILJOENE TOT SY RYKDOM GEVOEG WORD MET DIE VERHOGING IN TARIEWE. terwyl die helfte van die land se mense skaars kos op die tafel het.

VaalDonkie ·

Ek betaal klaar gemiddeld omtrent R3.30 per eenheid (gemiddeld, nie tot en met nie). Hulle kan verdere verhogings in hulle se dingese opdinges.

Leon ·

Dit vat Andre de Ruyter 8 jaar (teen n salaris van R7.4 miljoen per jaar) om uit te vind dat gas voorsiening n moontlike oplossing is. Verder se hy net elke keer wat fout is by opwekkingspunte maar nooit wat hy daaromtrent doen nie. Lekker werk vir R616 per maand

Phillip ·

verstaan nie hoekom mm myne verwyder het nie die ou wat oor see is selaaris was R500,000 n maand

Deidré ·

Ahh genade tog, en om alles te kroon gaan hulle 10 teen 1 daai verhooging kry ook en net aanhou verhoog. Hulle moet nou maar my krag kom sny, geen normale mens kan dit meer bekostig nie. Wens ons salarisse kan so gereeld met daardie persentasies opgaan. Nee heiland hoe vreeslike agterstand moet iemand he om dit te regverdig en toe te staan keer op keer.

Ivana ·

Sny die reuse salarisse van Eskom werkers en sny die wat nie betaal nie se krag af dan is dit nie nodig om betalendes se krag af te sit nie, hulle gaan genoeg spaar met al die agterstallige en onwettige kragverbruik en laat die helfte van die werksmag gaan want baie van hulle wag net vir maandeinde sonder om te werk vir hul salarisse dan sal dit ook nie nodig wees vir sulke buitensporige kragtariewe en verhogings nie. Laat Eskom ook direk aan die verbruiker verkoop en sodoende sekerheid het dat hulle elke maand hul geld kry sonder om munisipaliteite te dreig vir betalings wat hulle in elk geval nie daaraan steur nie en ons wat betaal ly daaronder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.