Die kragvoorsiener Eskom het ʼn kort rukkie gelede gesê beurtkrag word nié Saterdag in werking gestel nie.
“Geen beurtkrag word vanoggend of deur die loop van die dag verwag nie.”
Die sukkelende onderneming het gesê die stelsel bly onder druk en daar is dus ʼn beperkte kans dat beurtkrag teen vanaand en Sondag ingestel kan word.
“Danksy die goeie werk wat ons spanne oornag gedoen het, was daar ʼn verbetering in die kragnetwerk.”
Eskom sê sy pompopgaarskemas is voldoende hervul en daar word steeds gewerk om die dieselvlakke by sy oopsiklus-gasturbines te verbeter.
Teen Saterdag om 06:30 was 13 027 MW nié beskikbaar in die stelsel nie.
“Ons sal Suid-Afrikaners gereeld op die hoogte hou van die vooruitsigte vir die res van die naweek en die komende werksweek.”
Eskom het aanvanklik laat Vrydag gesê fase 1-beurtkrag sal Saterdag van 09:00 af geld.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
Natuurlik sal daar nie beurtkrag wees. Dis die ANC se vieringe. ????
Geen beurtkrag nie maar ons krag was af van 9 tot 10
As die goeie werk wat julle spanne oornag gedoen het elke nag vir die afgelope 25 jaar gedoen is, sou dit nou nodig gewees het om spanne oornag te laat werk nie, sou dit?
Ennnnn…… wie moet ons bedank? Die ANC met hulle viering. Van môre af is als weer back to normal. En het ons weer beurtkrag.
Ons spaar sodat die honderd en soveel kersies op die verjaarsdagkoek kan bly brand. Môre wanneer die kerke hulp afsmeek vir die land, gaan die krag, soos verlede week, weer af. Dalk simbolies??