Beurtkragfase verhoog

Argieffoto.

Eskom is Maandagmiddag genoodsaak om fase 3-beurtkrag in te stel weens die “hoë aantal eenhede wat onklaar geraak het” asook “noodopwekkingsreserwes wat uitgeput is”.

Fase 3 sal vandag (Maandag) van 16:00 tot môre (Dinsdag) om 05:00 geld, waarna daar na fase 2 afgeskaal word. Fase 3 sal wel weer Dinsdag van 16:00 tot Woensdag om 05:00 ingestel word.

“Sedert Sondagoggend is ʼn opwekkingseenheid elk by die Duvha-, Kriel- en Tutuka-kragstasie uit die stelsel gehaal vir herstelwerk. Daar was egter vertragings om ʼn eenheid elk by die Duvha- en Majuba-kragstasie weer aanlyn te bring,” lui die kragvoorsiener se verklaring.

“ʼn Opwekkingseenheid elk by die Grootvlei-, Hendrina-, Majuba-, Matla- en Medupi-kragstasie is wel weer in diens gestel.”

Altesaam 4 177 MW word tans afgestaan aan beplande instandhouding, terwyl nog 16 922 MW nie beskikbaar is nie weens eenhede wat onklaar geraak het.

Die kragvoorsiener sal na verwagting Dinsdagmiddag ʼn perskonferensie hou om verdere inligting oor die kragnetwerk deur te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Koen ·

Is dit nou die dans van happiness wat zuma elke nou en dan demo?

Gawie ·

Ek probeer onthou hoe dit was om heeldag en aldag krag te kon hê . . . . .

Kokerboom ·

Dit sal nooit ophou. In 2 dekades het Zuma en sy giftige kaders dit verwoes! Nou ontken hy alles. Jy kan NIE iets wat verby stukkend is probeer herstel!

vuurvliegie ·

Hoe bloeddruk is sleg vir jou gesondheid.
Weier om Eskom te gebruik dan sal jy beter voel

Casper ·

Daar gaan ons alweer.Vier eenhede is weer indiens gestel maar dit is nie genoeg om fase 2 te handhaaf nie en daar is net mooi niks wat ons daaraan kan doen nie.As jy krag het is dit nie jou beurt nie.Ek wens daar is een persoon van eskom wat die waarheid kan praat,maar nou moet ons seker juig dit is nie fase ses nie,altans nog nie.

Hendrik Marthinus ·

Ons het nou al vir maande elke dag Beurtkrag, om noodreserwes op te bou en herstelwerk te doen.
Maar niks verander nie, inteendeel jy hoor net negatiewe kommentaar van Eskom
Die stages van loadshedding raak nie minder nie, wat n ou verwag na al die herstelwerk, dit raak net meer.
Vir n hele week het n ou niks gelees van Eskom Hier op maroela media
Ek het begin wonder wanneer ek hoor, loadshedding is vir die naweek afgestel
Maar vandag Kom die slegte nuus van spitstyd fase 3
Gaan dit regtig nie ophou soos in verlede 5-7 Dae loadshedding Dan ten minste n maand of 2 niks

Di ·

Het gewag hiervoor!! Te goed om waar te wees om op level 2 te bly

Sarel ·

Hoekom bly Eenhede Breek..
Dit is wat ons wil weet…ek is jammer maar glo nie meer daardie storie nie.
Julle hou die publiek gevange

domheks ·

Ai tog – jammer om te hoor – ons solar werk 10000% Kort daar nog nulle???

JohanR ·

Gaan ons nou 23 uur in die donker wees in stede van 22 uur?

Piet 6 ·

Van wanneer af is jy vir 22 uur in die donker as gevolg van beurtkrag?

Goldy ·

Verwerp als wat BEE en ANC is. Maak los daarvan en moet hulle nie meer ernstig opneem nie.

Pablo ·

Dis hoe die pad na kommunisme werk. Alles moet inmekaarval voordat staatsbeheer oor alles ingestel kan word.

Jr ·

Mission accomplished : loadshedding becoming the norm now. Nie eers meer in ons geselskap. Kommuniste ons klaar gekondisioneer – padda in die pot sindroom.

Parmantige samaritaan ·

Eskom, altyd n ou verskoninkie of 2. Ek skaam my morsdood as ek vir dié plek moet werk!

SomeOne ·

waarvoor word eenhede uitgehaal vir herstelwerk indien die eenheid nog goed produseer en daar word geweet dat daar ‘n eenheid is wat ontklaar geraak het, probeer eers die ontklaar eenheid terug in die stelsel te kry en haal dan die een uit vir herstelwerk

Piet 6 ·

Waarom vat jy jou motor vir ń diens as hy nog loop? Dit is om te voorkom dat dit uitmekaar val en gaan staan.
Die rede waarom Eskom nou so baie probleme het is omdat Zuma en sy kaders geen onderhoud gedoen het nie.

Voorspoed met jou motor wat jy nooit diens nie.

Keelvol ·

Ek stem saam….. maar ek glo meer dis omdat die hele bestuur onbevoegd is.

Nie Verbaas ·

En Ramaphosa sê SEB is hier om te bly? Eskom se ondergang is direkte gevolge daarvan.

Koen ·

Ontspan mense. Ons ganse is mos in beheer. Geen probleem hier nie.

Koen ·

Ek sien Jan spog dat geen witmemse aangestel is in die laaste paar jaar. Kry Steve laat hy ‘n plakaat maak en gaan staan vir ‘n boikot pic. Dink net, as jy Escom boikot sall die beurtkrag jou glad nie pla nie.

Nico ·

Swak gehalte kole, hoë graad kole word uit gevoer na China. Eskom kry kole wat klip bevat, stop die uitvoer van kole na China.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.